Jy blaai in die argief vir 2014 Februarie.

weeklikse tema: WATER

Februarie 24, 2014 in Uncategorized

Ek het dermiljuisende foto’s van water.  sal gaan loer en kyk waarmee kan ek julle verveel.  Hier is solank ‘n klein voorsmakie

Ehmmmmmmm………………… sowat 15 frustrerende minute later……

snip die error

DIT laai maar die foto’s? notndem   Nogal so ewe mooi in Afrikaans

 

 

 

 

 

 

 

Die weeklikse uitdaging : BEKERS

Februarie 20, 2014 in Uncategorized

Ek lei af ons almal het ‘n bonte versameling bekers in ons kaste.  Hulle is vir die huismense.  Sekeres is gunstelinge as dit by die koffiedrink kom.  Ek gebruik enige beker wat beskikbaar is.

bekers 01

so roesemoes van goed

Dan wil dit vir my voorkom of ons ook almal “bêre” bekers het wat vir ons gaste gereserveer is.  Van beide die bekers hier onder het ek 12 gehad waarvan daar nou net 5 van die blou/groenes en 7 van die rooi Delft*  oor is.  van albei kan ek nie meer kry nie en sal seker maar nuwes moet kry en hoerdie na gebruikskas oorskuif

bekers 02

bekers vir gaste

my weird gewoonte is dat ek selfs ook vrugtesap in ‘n beker verkies!

*Ek  het redelik lank terug eenmaal genoem dat ek van die pink Delftse porselein hou maar het ondertussen uitgevind dat dit eintlik veronderstel is om rooi te wees.  Ek het ook ondertussen uitgevind dat die fabriek nog net die bloues maak en dat daar, buiten die rooi,  ook groen en swart kleurstof op ‘n stadium gebruik was.

O ja, ek onthou nou!  Het hom so rukkie terug hier gewys maar ek het Doring se oupa se bekertjie van 1928 wat seker die ereplek van bekers in hierdie huis verdien. HY word nie gebuik nie.

kaggelkakkie 03

Murano glasbekertjie vanaf 1928

 

en dit @tina10 is my bekerstorie.  😀

 

 

Litnet marakkas!

Februarie 12, 2014 in Uncategorized

Lyk my daar is nog so hier en daar van julle wat gelukkig genoeg is om op die blog te kan inkom en sien wat ander mense geblog het!

Ek het   Godiva se raad en die alternatiewe links wat sy gegee het gevolg.   Enigste ene wat dalk kan werk is die van Vuurklip, maar dan moet ek elke leser wat ek wil sien se link persoonlik oplaai.  Nuwe bloggers of iemand waaraan ek nie gedink het nie, se blog sal  nie by my uitkom nie.

Hierdie is dan my voorlopige swanesang totdat die ratte  van die blog weer geolie is  (indien dit ooit gaan gebeur)

 

swaan 1

PS:   net vir interessantheid, ek aanvaar iemand het al vir Admin ‘n boodskap deurgestuur!

 

weeklikse uitdaging: Woorde

Februarie 3, 2014 in Uncategorized

 

….and once sent out, a word takes wing beyond recall

from the Epistles of Horace

Horace 65-8 BC