Wat doen ek!
Januarie 26, 2014 in Uncategorized
Tina het in vanoggend se blog gewonder of ons ander bloggers belang verloor en of hulle te besig is om te kom blog. Mens word nooit te oud om te leer nie, dit het ek net hierdie afgelope week weereens besef.
My broer se seun het nou die dag die wysste woorde wat ek nog gehoor het, kwytgeraak en ek het besluit om sy raad te volg.
Time is precious, waste it wisely.
dis net mooi wat ek doen.
ons het ‘n struik hier langs die huis wat die tyd van die jaar absoluut oordadig blom en wat die suikerbekkies lok. Hulle wip in die bos rond en mens kan hulle nie sien nie, net die takke wat so beweeg. Daarom maak die boer ‘n plan en maak ‘n bottel met suikerwater onder in die boompie vas. Dit bied werklik groot vermaak en ek sit ure en verkyk my aan hulle.
Maar vreedsaam en rustig is dit ook nie altyd hier nie
En dit Tina is hoekom ek deesdae so “besig” is. dis nogal tydrowend om foto’s te kry wat die moeite werd is.
Ek moes foto’s vooraf krimp en my “library” gaan leegmaak vir ‘n vale. Reken dus dat ek by die limiet van my beskikbare ruimte is en wonder nou oor die pad voorentoe.
Wel dis nou ure later en ek sien my blog is toe nooit gepublisser nie. Dit wys vir my dat hy deurgegaan het maar het nie op die blogblad verskyn nie. Het nou die inhoud gesave, blog trash toe gestuur en weer oorgedoen, en wonder nou wat gaan gebeur!
Godiva het gesê op Januarie 26, 2014
Ek dink die plant is van die nicotiana familie, egter nie seker nie.
Het oor die jare opgelet dat mense minder in januarie blog, en ook minder in die somer as in die winter daar by julle.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@ladygodiva
ek het die nicotiana gegoogle – nie dieselfde groeiwyse nie. Hierdie is ‘n groterige struik. Het stiggies aan die groei wat ek in pot gaan hou want ek is bang ons trek dalk eendag en ek sal gewis die plant elders weer wil plant
Godiva het gesê op Januarie 27, 2014
Vra vir Monica, sy behoort te weet. Die blommetjies het my aan die nicotiana laat dink.
Ek het ook potte gevul met onvervangbare of nie maklik vervangbare plante wat ek eendag sou wou saamneem 🙂
Godiva het gesê op Januarie 27, 2014
P.s
Jy sal jou doodlag as jy weet waarna is ek opsoek. Doodgewone ou Gem Squash sade. Sodat ek pampoentjies kan plant. Dit is glad nie hier of in die hele europa te kry nie.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@ladygodiva
Weet nie of jy sjoe-sjoe’s ken nie. Ook pampoenagtige gewas wat sulke bleek vlesige vrugte dra.
Het daarvan in Belgie gesien groei.
Godiva het gesê op Januarie 27, 2014
Nog nooit daarvan gehoor nie, sal dit bietjie opsoek.
ek was nog altyd baie lief vir butternut en gem squash pampoentjies. Gelukkig is butternut volop beskikbaar hier ten minste.verder is egter geen van die sa pampoen varieteite hier beskikbaar nie.
diefotoman het gesê op Januarie 26, 2014
Ek het so min tyd vir myself deesdae so ek probeer juis om dit wys te spandeer die dat Tina se uitdaagings dinge vir my maklik maak. Ek dink jy is gelukkig om suikerbekkies in jou tuin te he, ek het juis vandag gedink ek sou graag weer bietjie voëls afneem so gaan n draai maak by Ntake Eiland in die volgende week of twee.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@diefotoman – ek is nie so ernstige fotograaf nie en het net ‘n basiese kamera. Ons voer die wilde voëls vrugte, brood & kaas en dis merkbaar hoeveel hulle toegeneem het in getalle.
perdebytjie het gesê op Januarie 26, 2014
Ek het toevallig op jou blog afgekom,want dis nie op die blogshoofblad nie.Een of ander vertraagde siel se advertensies is die hele blogshoofblad vol!Ek weet nie wat aangaan nie.Nietemin,jou foto’s is pragtig en dis so lekker om vir suikerbekkies te kyk as hulle daardie lang bekkies so wegdruk in die blomme.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@perdebytjie
Dit was ‘n yslike gesukkel om geblog te kry. Met al die gesukkel het is dit op die ou einde deur sonder ‘n opskrif!
Daardie dekselse spammer dink ek het die hele stelsel gekonfoes
Bruggie het gesê op Januarie 26, 2014
Ek offer my fotospasie as wordpress dit toelaat. Mooi fotos. Rantsoeneer die bekkies, anders bly jou plant onbestuif.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@benvanbruggen
Ek wens dit kon so werk dat ons ander jou spasie kon benut 😛
Buiten die bestuiwing,wat nie te veel sal saakmaak nie want dis ‘n gevestigde struikie, weet jy hoeveel suiker gebruik ons!!!
charly hardy het gesê op Januarie 26, 2014
Stunning fotos.
STUNNING!
Ek moewt more bietjie die hadedas se rooi lap wat hulle aan ‘n tak gehang het afneem
😀
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@charly
die goedjies is so bedrywig dat ek sukkel om mooi foto’s te kry. Dankie tog vir digitale kameras!
tina10 het gesê op Januarie 27, 2014
Wow die tyd het jy wel deeglik goed bestee… pragtige foto’s Jy moet asb. vir my wys hoe die bottel aanmekaargesit is?
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@tina10
dis sommer koper elmbogieby hardewarewinkel vir R4 gekoop en toe in bottel vasgesit met silikoon. Met drade is die takkie vir sitplek vasgedraai en ‘n tou vir die ophangslag.
As jy kom kuier kan jy sommer ene kry. Ons het nou al die kuns om hulle te maak redelik onder die knie
monicahaddad het gesê op Januarie 27, 2014
O ek hou van die spreekwoord, sommer baie, en ek hou van hoe jy die tyd verwyl sommer nog baie meer!!!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@monicahaddad
Jy klink deesdae baie bedrywig dat ek eintlik skaam kry , geniet dit egter
ek-myself het gesê op Januarie 27, 2014
Dit kan nogal goeie terapie wees om hulle so dop te hou, ‘n mens kan altyd ‘n lessie of twee ook leer deur na hulle te sit en kyk. Die foto’s is pragtig. Dankie vir die deel!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@ek-myself
op ‘n stadium het 2 wyfies rustig gesit en water drink totdat die mannetjie opgedaag het. Toe ek dit noem antwoord Doring : nou wat wil jy vir my daarmee vertel?
Ek sien egter verskillende tipes suikerbekkies hier aankom en dink dit was mannetjie van die opposisie.
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 27, 2014
Lyk vir my na ‘n ding wat ek ken as ‘n cestrum…
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@kompethenry
Nee ek ken cestrum, is egter net so struikagtig soos cestrum, egter heel ander tipe blare.
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 28, 2014
Dan het ek nie ‘n clue nie – die blome het my daaraan laat dink!
🙂
Lewies Mymer het gesê op Januarie 27, 2014
Van fotografie na voëlkyk, so stimuleer die een die ander. Die voëls hier in onse tuin verseg om uit die bottel te drink, rooi gekleur, effe versoet met heuning, not a dem.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 27, 2014
@pasella
ek was verstom hoe vinnig die veervolkie hier begin drink het – gedink hulle sal eers moet gewoond raak aan die vreemde kontrepsie
maryna het gesê op Januarie 27, 2014
Sjoe dis mooi fotos. Ek voer ook suikerbekkies en het al die mooiste spesies gelok, ook sonvoëltjies soos op van jou fotos. In die winter kom drink die geelvinkies maar nou het ek net swerms Kaapse suikerbekkies, en gebruik een koppie suiker op vier koppies water, sonder die voedselskleursel want ek het iewers gehoor die rooi stof is giftig vir hulle, en is nou te bang vir voedselkleursel. Dis pragtige fotos, en daardie plant is die oranje Kaapse honeysuckle. @rosiemetdorings