weeklikse tema G
Januarie 22, 2014 in Uncategorized
Het ek dit nou moeilik gevind om te dink waaroor om te blog
Die eerste G wat by my opgekom het was Gent, waaroor ek al lank terug geblog het. Gent
toe ‘n blink gedagte my beetvat en ek hier inlog, sien ek ladygodiva het daaroor geblog. Nou wonder ek of dit ‘n blogkwaal is om so deur die grafte te dwaal – ek het nie eers voorgeslagte wat ek daar sal kan vind nie. 😀
GRAFTE EN GRAFSTENE
Die eerste foto wys drie name met hulle geboorte en sterfdatums. Daar is egter meer in te lese. Net ter verduideliking – die Belgiese vroue behou hulle eie van nadat hulle in die huwelik tree. die kinders kry egter die pa se van. hierdie is dus die grafsteen van die pa, Firmin die ma Gertrude en die seun Leo.
(kliek asb om volle foto te sien)
Die volgende 2 grafstene was vir my vreemdsnaaks omdat ons dit verseker nie hier in suid-Afrika so sal bewoord nie, of sal ons? Ons so met titel en al begrawe te word.
Die ou katedrale se vloere het grafstene oral ingemessel. Seuna het nie sommer daaroor geloop nadat hy besef het wat daar op die stene gegraveer is nie,
Ek het vir hele jaar Latyn as skoolval geneem waarvan ek bloedweinig kan onthou. Kan egter die staaltjie van R I P baie goed onthou
die ou omie wat vir ons klas gegee het, het vertel dat die meeste mense dink dit staan vir Rest In Peace maar die oorsprong is latyns en staan vir Requiescat in pace. Vertel hy toe destyds vir ons van die outjie wat in die eksamen nie geweet het waarvoor RIP staan nie en toe maar sy antwoord gemaak het: Rise If Possible
tina10 het gesê op Januarie 22, 2014
Dis baie interessant en die foto”s pragtig! Dankie
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2014
@tina10 toe ek eers tema kry, was dit lekker blog om te skryf. 😛
perdebytjie het gesê op Januarie 22, 2014
Baie interessant!Mooi foto’s.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2014
@perdebytjie
Bly jy het lekker gelees
ek-myself het gesê op Januarie 23, 2014
Rise If Possible Hie hie – lekker lag ek nou!!!!!!
Ja Akademiese mense kan nogal ERG wees oor hul titels, vra my, ek werk in so omgewing.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2014
@ek-myself
Ek weet vir vele is daardie titel BAIE belangrik maar ek weet nie of ons hier in Suid-Afrika die persoon se titiel op sy graf sou aanbring nie.
monicahaddad het gesê op Januarie 23, 2014
Lekker lag ek ou vir RIP grafte en grafstene is ook besig om uit te sterf, Wie sou dit nou kon dink.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2014
@monicahaddad
Noudat jy dit noem, erg ironies dat grafte sal uitsterf!
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 23, 2014
Nice foties – lmga virrie RIP!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2014
@kompethenry
Na baie jare onthou ek steeds die ou storietjie 😀
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 23, 2014
🙂
charly hardy het gesê op Januarie 23, 2014
Nice foto’s met stories by!
Lol vir RIP
Ek verkies om veras te word.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2014
@charly
verseker sal ek ook veras moet word – my kinders weet dit ook. selfs my ma is al veras met haar goedkeuring
Godiva het gesê op Januarie 23, 2014
Dit is n blogkwaal waaraan ek met graagte ly.
onthou om jou seun te vra om jou na rye te neem in april.
lekker inskrywing 🙂
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2014
@ladygodiva
Hy het nuwejaarsdag uiters onverwags hier by ons uitgeslaan en ek het hom dadelik gevra of hy weet van Rye en dat ek daarheen wil gaan met my volgende besoek!! April gaan dalk nie realiseer nie. 🙁
Godiva het gesê op Januarie 23, 2014
Wel kom ons hou duim vas, en as dit nie realiseer nie, hou Rye op die bucket list vir ‘n volgende besoek 🙂
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 24, 2014
Die grafte is mooi versorg, nie soos hier by ons nie. Die kopbeengraf is afgryslik! Eish!
diefotoman het gesê op Januarie 26, 2014
Rosie, as RIP vir rise if possible staan is skoonma stene seker extra dik gewees, net vir ingeval. Ek het jou geantwoord daar by my, indien jy dalk meer wil weet vra net.