afskeid geneem
Januarie 15, 2014 in Uncategorized
My liefste dierbaarste oudste kind is nogal baie suksesvol om ‘n situasie so te manipuleer dat dit hom die beste pas sonder dat ander dit noodwendig agter kan kom.So het dit gebeur dat ons WEER by ‘n plek gaan eet het waar ons voorheen al nie so tevrede met die kos was nie. Dit was Maandagaand en die laaste aand wat hy hier by ons was voordat hy gister op sy volgende been van lekker vakansie hou vertrek het.
Iedergeval, ons google die plek en sien die evaluering lê maar vrek laag, dog ons maak tog bespreking. Knaap beloof my baie lekker sitplek want daar was volgens hom nog nie ander besprekings. Kom die aand daar – GEEN BESPREKING vir ons en die tafel wat ons kry is nie SO watwonders nie, maar goedgenoeg. Die kos? Nee wat na Surf Side restaurant in die Strand gaan jy net as jy die ongelooflike uitsig wat hulle bied wil geniet en waardeer. Die gebou staan op pilare in die water en die hele valsbaai kan gesien word vanuit die lokaal. Net jammer ons kon nie aan die sykant sit waar die son mens nie te kwaai blaker nie – gaan eers laat onder.
Dit was egter ouboet se keuse en op die ou einde maklik bereikbaar vir die ander twee wat na werk by ons moes aansluit.
Eers agterna wat ek die ander mense se opinies en kommentare kom lees het wat ongal geweldig wissel
ek-myself het gesê op Januarie 15, 2014
Die view is pragtig!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2014
@ek-myself hulle het so lieflike ligging wat nie werklik ten volle benut word nie
tina10 het gesê op Januarie 15, 2014
Ai ek is jammer die kuiertjie is verby!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2014
@tina10
Ek het vae planne om later die jaar by hulle te gaan kuier – sal nog sien. Hy was volle 2 weke hier, baie lekker
charly hardy het gesê op Januarie 15, 2014
En dis die lewe – jy maak hulle groot en dan moet jy koebaai sê, of liewer au revoir!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2014
@charly
ons het lekker gekuier, maar die stilte en vrede wat weer oor die huishouding gedaal het, is nie onwelkom nie
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 15, 2014
Ag wat – solank julle lekker gesels het!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2014
@kompethenry
ons het nogal ja!
Tannie Frannie het gesê op Januarie 16, 2014
Dis ‘n wonderlike voorreg om mens se volwasse kinders so te bekyk en te besef: “Ek hou van jou”…
rosiemetdorings het gesê op Januarie 16, 2014
@frandr
Ja nogal lekker gevoel wat mens kry en inderdaad ‘n groot seën en voorreg
Rina Willemse het gesê op Januarie 16, 2014
Ek maak ‘n mental note van Surf Side restaurant.
Ag wie flous ek nou eintlik. Teen die tyd dat ons weer by die Strand kom het ek al laaaankal vergeet.