weeklikse tema – Lig
Januarie 11, 2014 in Uncategorized
@tina10 , ek het gedink ek sal gaan en spesiale foto’s vir hierdie tema neem. Nou nog nie daarby uitgekom nie, en dink ook nie ek gaan sommer tyd kry nie. Daarom begin ek met die herplaas van ‘n ou foto wat vir my besondere sentiment inhou
Die volgende ene het ek geneem kort voordat ek destyds weer permanent terug Suid-Aafrika gekom het. Dit was laatmiddag (so tussen 4 en 5 nm) en ons was reeds oppad stasie toe om die trein terug na ons blyplek te haal, toe ons net vinnig hier aangegaan het. Binne was die mense besig om ‘n Kerstablo aan te bied. Dit was vir my prentjie mooi
Die laaste ene is iemand anders se foto maar ek het haar naam vergeet so ek kan nie eers hier vir haar die nodige erkenning gee nie.
perdebytjie het gesê op Januarie 11, 2014
Besonderse foto’s veral die kerkie!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 12, 2014
@perdebytjie
mens neem honderde foto’s , ‘n paar bly egter die persoonlike gunstelinge. Hierdie val in daardie kategorie vir my
tina10 het gesê op Januarie 11, 2014
Mooi! Dis regtig mooi foto’s
rosiemetdorings het gesê op Januarie 12, 2014
@tina10
Bly jy hou daarvan
vega het gesê op Januarie 11, 2014
Die laaste twee lyk soos Thomas Kinkade skilderye.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 12, 2014
@avega
Ek sal gladnie omgee vir nog ‘n Europese winter vakansie nie. Dink telkens aan jou as ek na my foto’s wat in die sneeu geneem is, kyk 😀
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 11, 2014
Nice foties!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 12, 2014
@kompethenry
Ag ek is bly hulle is jou “nice” werd. 😛
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 13, 2014
LMGA!
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 13, 2014
Sprokiesmooi! Ek hou veral van die laaste een!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2014
@losbek
is vir my net so mooi foto.
charly hardy het gesê op Januarie 13, 2014
Kerskaartjie mooi!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2014
@charly
Jip, het my as kind altyd verwonder aan hierdie wintertoneel kerskaarte