Hier by ons gaan dit redelik bedrywig

Januarie 10, 2014 in Uncategorized

Dis  egter nie dat ek SO besig is dat ek nie by die blogs uitkom nie. Nee, dis omdat ek applikasie moet maak indien ek die slag self my eie rekenaar wil gebruik.

Gister het ons so bietjie rondgery en by een van my gunstelingplekke ietsie geëet

ons huisie

Geskiedkundige ou geboutjie

Ons Huisie is feitlik op die strand en dis altyd net ‘n fees om daar te sit en uitkyk oor die see.  Van hier kan mens Robbeneiland sien.

Daarna het ons by Melkbosstrand verbygery tot net voor Koeberg se spergebied.

tafelberg vanaf melkbos II

Tafelberg is toegetrek

 

 

19 antwoorde op Hier by ons gaan dit redelik bedrywig

  1. Lewies het gesê op Januarie 10, 2014

    Die Tafelberg foto lyk eerie.

  2. vega het gesê op Januarie 10, 2014

    Ek ken Ons Huisie. Maar ons eet lekkerder net verder aan by Eden on the Bay. Ek dink Ons Huisie het grootkop gekry 🙂

    • @avega
      Hulle Aunt Baby;s pickled fish is glo die lekkerste denkbaar – nie my smaak nie, sal dus nie kan saampraat nie. Gaan Eden on the Bay onthou vir ‘n volgende keer

      • vega het gesê op Januarie 10, 2014

        Dis ‘n sentrum wat ook oor die see uitkyk en het nie dieselfde atmosfeer as Die Huisie nie, maar ‘n paar restaurante om van te kies, soos Moyo en Karoo (as jy nou nie net altyd vis wil eet nie 🙂

  3. vega het gesê op Januarie 10, 2014

    Daardie foto is outrageously mooi. Die lug en die lig is net so uniek gewees op daardie oomblik. Baie besonders.

  4. tina10 het gesê op Januarie 10, 2014

    Ag jy moet maar al die moontlike tydjies omkuier.

  5. Jitte maar dis mooi daar! Ek is skoon jannetjie!

  6. Jislaaik maar dis mooi foto’s !!!!!

  7. Pragtige foto’s!

  8. Baie mooi foto’s Rosie, sal lieflike skilderye maak!

Los ’n antwoord vir perdebytjie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.