Hier by ons gaan dit redelik bedrywig
Januarie 10, 2014 in Uncategorized
Dis egter nie dat ek SO besig is dat ek nie by die blogs uitkom nie. Nee, dis omdat ek applikasie moet maak indien ek die slag self my eie rekenaar wil gebruik.
Gister het ons so bietjie rondgery en by een van my gunstelingplekke ietsie geëet
Ons Huisie is feitlik op die strand en dis altyd net ‘n fees om daar te sit en uitkyk oor die see. Van hier kan mens Robbeneiland sien.
Daarna het ons by Melkbosstrand verbygery tot net voor Koeberg se spergebied.
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 10, 2014
Ag lekker!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 10, 2014
@kompethenry
dit is nogal lekker. Seuna vanmiddag saam met vriend weg om iewers te gaan braai en slaap daar oor. Die rustighied is net so lekker, want ek weet hy is more weer hier 😀
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 11, 2014
🙂
Lewies het gesê op Januarie 10, 2014
Die Tafelberg foto lyk eerie.
vega het gesê op Januarie 10, 2014
Ek ken Ons Huisie. Maar ons eet lekkerder net verder aan by Eden on the Bay. Ek dink Ons Huisie het grootkop gekry 🙂
rosiemetdorings het gesê op Januarie 10, 2014
@avega
Hulle Aunt Baby;s pickled fish is glo die lekkerste denkbaar – nie my smaak nie, sal dus nie kan saampraat nie. Gaan Eden on the Bay onthou vir ‘n volgende keer
vega het gesê op Januarie 10, 2014
Dis ‘n sentrum wat ook oor die see uitkyk en het nie dieselfde atmosfeer as Die Huisie nie, maar ‘n paar restaurante om van te kies, soos Moyo en Karoo (as jy nou nie net altyd vis wil eet nie 🙂
vega het gesê op Januarie 10, 2014
Daardie foto is outrageously mooi. Die lug en die lig is net so uniek gewees op daardie oomblik. Baie besonders.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 10, 2014
@avega
As jy nou na die berg kyk kan jy dink hoe het die wind gewaai en die sand my teen die bene gepiets. Dit was egter werklik baie mooi.
tina10 het gesê op Januarie 10, 2014
Ag jy moet maar al die moontlike tydjies omkuier.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 10, 2014
@tina 10
Dankie Tina ons doen so
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 10, 2014
Jitte maar dis mooi daar! Ek is skoon jannetjie!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 10, 2014
@losbek
as die dekselse wind net nie aljimmers so langs die see gewaai het nie – veral daar
monicahaddad het gesê op Januarie 10, 2014
Jislaaik maar dis mooi foto’s !!!!!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 10, 2014
@monicahaddad
Dankie, dit was winderig maar ongelooflik mooi middag
perdebytjie het gesê op Januarie 10, 2014
Pragtige foto’s!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 10, 2014
@perdebytjie
ek het gister weer ‘n waenhuis vol foto’s geneem.
charly hardy het gesê op Januarie 11, 2014
Baie mooi foto’s Rosie, sal lieflike skilderye maak!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 11, 2014
@charly
As ek maar kon skilder… 😀