weeklikse tema: Weerkaatsing

Januarie 3, 2014 in Uncategorized

My nuwejaar het op ‘n baie hoë noot begin.  Ons het vir ‘n paar dae by my broer-hulle gaan kuier.  Met die intrapslag terug by die huis, stap oudste wat veronderstel was om vanaf sy blyplek in Londen op pad te gewees het na Tailand, ons tegemoet.  Niemand het ons vertel hy gaan via SA daarheen nie!!!!  Dus glimlag ek werklik baie breed maar helaas sal ek die blogs die volgende paar dae effens afskeep.

Hier is my bydrae vir die tema wat  @tina10 aangekondig het.  Die eerste foto plaas ek  net omdat die een wat ons so aangenaam verras het, ook daarop is.

weerkaats

weerkaatsing in kanaal by Keukenhof

Die weerkaatsing van die brûe se boë was vir my telkens besonder mooi

besige stad

grag in Amsterdam

15 antwoorde op weeklikse tema: Weerkaatsing

  1. Twaksak het gesê op Januarie 4, 2014

    Wat ‘n lekker verrassing! 🙂

  2. Baie mooi fotos.
    Geniet sy besoek!

    • @charly
      Die grap is dat ek helfte van die tyd nou sonder vervoer is, want al sy pelle moet ook opgesoek word.
      Hy en sy broers is ook vanmiddag ‘n koers in. Ons een motor die gerieflikste! 😀

  3. Sjoe,die tweede foto kan op ‘n kalender gebruik word!

  4. Ek’s bly vir jou part. Mooi fotos ook.

  5. Poskaart mooi! Geniet die kuiertjie!

  6. Ag lekker – geniet die tydjie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.