My opinie van Tina se klip
Januarie 2, 2014 in Uncategorized
Tina vra ons opinie oor die slaan van kinders, soos om te dissiplineer. Ek was en is steeds ten gunste daarvan. As mens 3 seuns moet grootmaak, raak dit maar moeilik om nie soms die slae uit te deel nie. So rukkie gelede het ons daaroor gepraat, want sekerlik was daar kere wat hulle met moord weggekom het en dan weer ander kere wat die oortreding nie so erg was nie, maar Ma het toe net mooi genoeg gehad. Hulle reken ook vandag dat hulle ons nie verkwalik daarvoor nie, en dat dit hulle tog geleer het om te dink (soms!!!) voordat hulle doen.
Insident van die afgelope paar dae. Kennis se kleinkind word nie geslaan nie. Een van sy geliefde speletjies is om met stoof se knoppe te speel. Uit radeloosheid het sy ma begin om stoof teen die muur af te skakel. Hierdie vakansie kuier hulle by ouma en oupa, en ampertjies het hy so ‘n groot brand veroorsaak.
My opinie is, as hy in die verlede ‘n rapsie op die hand gekry het as hy dit doen, sou hy al geleer het om daar weg te bly. Okay, stenig my nie nou maar. Ek glo en hoop egter ons gaan nie kleinkinders hê nie, dus praat ek nou maklik.
Nog ‘n vriendin het nou die dag haar kleindogter wat ook nie geslaan mag word nie, ‘n raps gegee toe sy by haar gebly het. Kind het dadelik gekap dat sy haar ma daarvan gaan vertel. Toe sê die ouma, dan vertel ek jou ma wat jy gedoen het. Die dogtertjie het blykbaar twee of driemaal vir Ouma verseker dat sy niks gaan sê nie.
Twaksak het gesê op Januarie 2, 2014
Ek weet van mense wat nie geslaan is nie – maar wat in stede daarvan emosioneel afgeknou is. Het dit in Amerika ook gesien, sulke sarkasme. Dan liewer geslaan deur iemand wat jy weet vir jou lief bly, dink ek.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 2, 2014
@twaksak
daardie kwetsende woorde bly ‘n kind vir altyd by
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 2, 2014
Ek dink die sleutel is reverdigheid en konsekwensie!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 2, 2014
@losbek
stem volkome saam met jou
tina10 het gesê op Januarie 2, 2014
Ja dit bly maar ‘n kopseer … ek het nou die dag ‘n vrou ‘n kleuter sien slaan net omdat hy na die mooi blink papier wou gaan kyk – dit was vir my vreeslik
rosiemetdorings het gesê op Januarie 2, 2014
@tina10
‘n ouer behoort nie sy ongeduld op ‘n kind uit te haal nie
Was sy dalk haastig en wou die kind nie alleen laat nie?
frik van eeden het gesê op Januarie 2, 2014
@rosiemerdorings; @tina10
Ek het matriek te danke aan Mnr Pretorius se rottang! Hoera vir die brandende alie!!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 2, 2014
@frixos
Ja retrospek sien mens heel dikwels die voordeel van iets in
charly hardy het gesê op Januarie 2, 2014
Toe ons kinders was en toe ons kinders kinders was was pakslaes nie ‘n kwessie van bespreking nie, almal het pak gekry. Miskien was ons baie beskermend grootgemaak , ek weet my kinders is, maar niemand is mishandel nie. Niemand is pimpel en pers geslaan nie. Slae was ‘n afskrikmiddel by die huis en by die skool. en ons het ons meestal gedra. En niemand het met ‘n geweer in die klaskamer ingestap nie, of met ‘n mes ‘n ander kind gesteek nie. Nou is dit skielik ‘n verskriklike issue en kinders kom letterlik weg met moord. I rest my case. ‘n Pak op sy tyd het sy plek
rosiemetdorings het gesê op Januarie 2, 2014
@charly
Ek weet voor my siel dat ek so slag of wat verdien het om deurgedraf te word. 😀 sou dit net nooit vir my ma vertel et nie!
perdebytjie het gesê op Januarie 2, 2014
Ek dink Henry het daar op Tina se blog dit baie sinvol raakgevat.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 2, 2014
@perdebytjie
Ek het teruggegaan en gaan lees – sommer jou opmerking ook. Dit het seker maar in meeste van ons se lewe gebeur dat ons dalk te oorhaastig was. Al drie ramme was weer vanaand hier om te kom saamkuier en eet – dus is hulle nie verwilder en weggedryf deur die pak wat hulle wel gekry het nie.
Elly het gesê op Januarie 2, 2014
Dalk hang dit ook af van kind tot kind. Elkeen het ‘n unieke ervaring van wat met hulle gebeur.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 2, 2014
@elly
o verseker speel dit ‘n rol
Zeppie - @zephur het gesê op Januarie 3, 2014
Vir my het pakslae sy plek…dis partymal nodig
Voorspoedige 2014 vir jou Rosie
rosiemetdorings het gesê op Januarie 3, 2014
@zephur
Helaas is dit tog nodig om te tug
Dankie voorspoed ook vir jou
diefotoman het gesê op Januarie 3, 2014
Mense ek glo n kind se ore het n trip switch en die sit op hul boude, @losbek is reg met ” Ek dink die sleutel is reverdigheid en konsekwensie! ” n ouer moet ook nooit sy hand lig as hy self sy humeur verloor het nie, aan die anderkant al wil hy lag moet die tug ook plaasvind as die huis reels oortree is.