Jy blaai in die argief vir 2014 Januarie.

dis nou die logika van ‘n moeilike Ma

Januarie 30, 2014 in Uncategorized

hierdie stukkie in my e-pos mandjie gevind.   Moet my nie vra hoekom dit ‘n Joodse ma is nie, ek weet ook nie

Daughter: “Hi Mom. Can I leave the kids with you tonight?”
Jewish Mother: “You’re going out?”
Daughter: “Yes.”
Jewish Mother: “With whom?”
Daughter: “With a friend.”
Jewish Mother: “I don’t know why you left your husband. He is such a good man.”
Daughter: “I didn’t leave him. He left me! ”
Jewish Mother: “You let him leave you, and now you go out with anybodies and nobodies.”
Daughter: “I do not go out with anybody. Can I bring over the kids? ”
Jewish Mother: “I never left you to go out with anybody except your father.”
Daughter: “There are lots of things that you did, and I don’t.”
Jewish Mother: “What are you hinting at? ”
Daughter: “Nothing, I just want to know if I can bring the kids over tonight.”
Jewish Mother: “You’re going to stay the night with him? What will your
husband say if he finds out?”
Daughter: “My EX husband. I don’t think he would be bothered.
From the day he left me, he probably never slept alone!”
Jewish Mother: “So you’re going to sleep over at this loser’s place?”
Daughter: “He’s not a loser.”
Jewish Mother: “A man who goes out with a divorced woman with children is a loser and a parasite.”
Daughter: “I don’t want to argue. Should I bring over the kids or not? ”
Jewish Mother: “Poor children with such a mother.”
Daughter: “Such a what?”
Jewish Mother: “With no stability. No wonder your husband left you.”
Daughter: “ENOUGH!!! ”
Jewish Mother “Don’t scream at me. You probably scream at this loser too! ”
Daughter: “Now you’re worried about the loser? ”
Jewish Mother: “Ah, so you see he’s a loser. I spotted him immediately.”
Daughter: “Goodbye, mother.”
Jewish Mother: “Wait! Don’t hang up! When are you bringing them over?
Daughter: “I’m not bringing them over! I’m not going out!”
Jewish Mother: “If you never go out, how do you expect to meet anyone?”

vanoggend in die nuus gelees

Januarie 29, 2014 in Uncategorized

so vinnige ogie oor die nuus laat gaan.

Daar het al heelwat dinge gebeur waarvoor daar na jare nog nooit ‘n antwoord gevind is nie.  Ek dink vinnig aan die klompie meisies wat jare gelede so verdwyn het  wat heelwaarskynlik almal deur Gert Van Rooyen se toedoen was

Meer onlangs het die verhaal van Maddie  McCann die wêreld geruk. nou sien ek vanoggend se koerant reken daar kan binnekort arrestasies te wagte wees.  Dan wonder ek so by myself, wat hulle gaan vind – ‘n jong dogtertjie of haar oorskot?

Maddie McCann

wat de hel gaan aan.

Januarie 27, 2014 in Uncategorized

2e probeerslag.

Bliksim

Sien die smous was alweer hier en net mooi niks wil werk nie!

die ergste is dat mens hom nou nie weer kan rapporteer nie!!

 

 

Wat doen ek!

Januarie 26, 2014 in Uncategorized

Tina het in vanoggend se blog gewonder of ons ander bloggers belang verloor en of hulle te besig is om te kom blog.  Mens word nooit te oud om te leer nie, dit het ek net hierdie afgelope week weereens besef.

My broer se seun het nou die dag die wysste woorde wat ek nog gehoor het, kwytgeraak en ek het besluit om sy raad te volg.

Time is precious, waste it wisely.

dis net mooi wat ek doen.

ons het ‘n struik hier langs die huis wat die tyd van die jaar absoluut oordadig blom en wat die suikerbekkies lok.  Hulle wip in die bos rond en mens kan hulle nie sien nie, net die takke wat so beweeg.  Daarom maak die boer ‘n plan en maak ‘n bottel met suikerwater onder in die boompie vas.  Dit bied werklik groot vermaak en ek sit ure en verkyk my aan hulle.

01

Wens iemand kan vir my die plant identifiseer

02

Kraalogies wat ook die hostelry besoek

04

Dis eintik die outjies vir wie ek wag

en die enetjie

en hierdie enetjie

 

 

Maar vreedsaam en rustig is dit ook nie altyd hier nie

06

sien net ‘n gefladder van vlerke

En dit Tina is hoekom ek deesdae so “besig” is.  dis nogal tydrowend om foto’s te kry wat die moeite werd is.

Ek moes foto’s vooraf krimp en my “library” gaan leegmaak vir ‘n vale.  Reken dus dat ek by die limiet van my beskikbare ruimte is en wonder nou oor die pad voorentoe.

Wel dis  nou ure later en ek sien my blog is toe nooit gepublisser nie.  Dit wys vir my dat hy deurgegaan het maar het nie op die blogblad verskyn nie.  Het nou die inhoud gesave, blog trash toe gestuur en weer oorgedoen, en wonder nou wat gaan gebeur!

 

 

weeklikse tema G

Januarie 22, 2014 in Uncategorized

Het ek dit nou moeilik gevind om te dink waaroor om te blog

Die eerste G wat by my opgekom het was Gent, waaroor ek al lank terug geblog het.  Gent

toe ‘n blink gedagte my beetvat en ek hier inlog, sien ek ladygodiva het daaroor geblog.  Nou wonder ek of dit ‘n blogkwaal is om so deur die grafte te dwaal – ek het nie eers voorgeslagte wat ek daar sal kan vind nie.  😀

GRAFTE EN GRAFSTENE

Die eerste foto wys drie name met hulle geboorte en sterfdatums.  Daar is egter meer in te lese.  Net ter verduideliking – die Belgiese vroue behou hulle eie van nadat hulle in die huwelik tree.  die kinders kry egter die pa se van.  hierdie is dus die grafsteen van die pa, Firmin die ma Gertrude  en die seun Leo.

(kliek asb om volle foto te sien)

01

Wat het my opgeval? die ma is 6 dae na die seun se geboorte, oorlede

Die volgende 2 grafstene was vir my vreemdsnaaks omdat ons dit verseker nie hier in suid-Afrika so sal bewoord nie, of sal ons?  Ons so met titel en al begrawe te word.

02

Professor

03

die afgetrede proffie

Die ou katedrale se vloere het grafstene oral ingemessel.  Seuna het nie sommer daaroor geloop nadat hy besef het wat daar op die stene gegraveer is nie,

05

grafstene in die vloer van katedraal

 Ek het vir hele jaar Latyn as skoolval geneem waarvan ek bloedweinig kan onthou.  Kan egter die staaltjie van R I P baie goed onthou

04

R I P

06

het op meer plekke die gebeendere gesien

die ou omie wat vir ons klas gegee het, het vertel dat die meeste mense dink dit staan vir Rest In Peace maar die oorsprong is latyns en staan vir  Requiescat in pace.  Vertel hy toe destyds vir ons van die outjie wat in die eksamen nie geweet het waarvoor RIP staan nie en toe maar sy antwoord gemaak het:  Rise If  Possible

@tina10

 

 

my PUBLIKASIE

Januarie 18, 2014 in Uncategorized

Ek het my bes probeer om my opinie hier  te gee.

snip blogonkundige opvolg

EERSTE PROBEERSLAG

snip blogonkundige opvolgIIJPG

TWEEDE PROBEERSLAG

met my eie tikfout en al!  Helaas sien ek dat my kommentare nie wil deurgaan by daardie blog nie.

NOU WONDER EK HOEKOM HET HY ‘N VRYE Sê WAT HY MY NIE WIL GUN NIE?    😀

afskeid geneem

Januarie 15, 2014 in Uncategorized

My liefste dierbaarste oudste kind is nogal baie suksesvol om ‘n situasie so te manipuleer dat dit hom die beste pas sonder dat ander dit noodwendig agter kan kom.So het dit gebeur dat ons WEER by ‘n plek gaan eet het waar ons voorheen al nie so tevrede met die kos was nie.  Dit was Maandagaand en die laaste aand wat hy hier by ons was voordat hy gister op sy volgende been van lekker vakansie hou vertrek het.

Iedergeval, ons google die plek en sien die evaluering lê maar vrek laag, dog ons maak tog bespreking.  Knaap beloof my baie lekker sitplek want daar was volgens hom  nog nie ander besprekings.  Kom die aand daar  – GEEN BESPREKING vir ons en die tafel wat ons kry is nie SO watwonders nie, maar goedgenoeg.  Die kos?  Nee wat  na Surf Side restaurant in die Strand gaan jy net as jy die ongelooflike uitsig wat hulle bied wil geniet en waardeer.  Die gebou staan op pilare in die water en die hele valsbaai kan gesien word vanuit die lokaal.  Net jammer ons kon nie aan die sykant sit waar die son mens nie te kwaai blaker nie – gaan eers laat onder.

oor valsbaai

Gordonsbaai se kant toe

Dit was egter ouboet se keuse en op die ou einde maklik bereikbaar vir die ander twee wat na werk by ons moes aansluit.

Eers agterna wat ek die ander mense se opinies en kommentare kom lees het wat ongal geweldig wissel

 

 

weeklikse tema – Lig

Januarie 11, 2014 in Uncategorized

@tina10 , ek het gedink ek sal gaan en spesiale foto’s vir hierdie tema neem.  Nou nog nie daarby uitgekom nie, en dink ook nie ek gaan sommer tyd kry nie.  Daarom begin ek met die herplaas van  ‘n ou foto wat vir my besondere sentiment inhou

interlaken

Februarie 2012  Interlaken Switaerland

son oor see

Februarie 2013 Atlantic Drive Suid-Afrika

Die volgende ene het ek geneem kort voordat ek destyds weer permanent terug Suid-Aafrika gekom het.  Dit was laatmiddag (so tussen 4 en 5 nm)  en ons was reeds oppad stasie toe om die trein terug na ons blyplek te haal, toe ons net vinnig hier aangegaan het.  Binne was die mense besig om ‘n Kerstablo aan te bied. Dit was vir my prentjie mooi

st T kerk

Sint-Truiden Desember 2012

Die laaste ene is iemand anders se foto maar ek het haar naam vergeet so ek kan nie eers hier vir haar die nodige erkenning gee nie.

geleende foto

oude markplein Leuven

 

 

Hier by ons gaan dit redelik bedrywig

Januarie 10, 2014 in Uncategorized

Dis  egter nie dat ek SO besig is dat ek nie by die blogs uitkom nie. Nee, dis omdat ek applikasie moet maak indien ek die slag self my eie rekenaar wil gebruik.

Gister het ons so bietjie rondgery en by een van my gunstelingplekke ietsie geëet

ons huisie

Geskiedkundige ou geboutjie

Ons Huisie is feitlik op die strand en dis altyd net ‘n fees om daar te sit en uitkyk oor die see.  Van hier kan mens Robbeneiland sien.

Daarna het ons by Melkbosstrand verbygery tot net voor Koeberg se spergebied.

tafelberg vanaf melkbos II

Tafelberg is toegetrek

 

 

weeklikse tema: Weerkaatsing

Januarie 3, 2014 in Uncategorized

My nuwejaar het op ‘n baie hoë noot begin.  Ons het vir ‘n paar dae by my broer-hulle gaan kuier.  Met die intrapslag terug by die huis, stap oudste wat veronderstel was om vanaf sy blyplek in Londen op pad te gewees het na Tailand, ons tegemoet.  Niemand het ons vertel hy gaan via SA daarheen nie!!!!  Dus glimlag ek werklik baie breed maar helaas sal ek die blogs die volgende paar dae effens afskeep.

Hier is my bydrae vir die tema wat  @tina10 aangekondig het.  Die eerste foto plaas ek  net omdat die een wat ons so aangenaam verras het, ook daarop is.

weerkaats

weerkaatsing in kanaal by Keukenhof

Die weerkaatsing van die brûe se boë was vir my telkens besonder mooi

besige stad

grag in Amsterdam