Weeklikse tema: Gesig
Desember 25, 2013 in Uncategorized
Ek is seker dis nie die tipe van gesig waarna gesoek word nie. die ander soort gesigte wat ek tot dusver sien opduik het, is nie my forte nie. Daarom hou ek maar by die gesigggies wat vir my vreugde verskaf. Hulle groei in ‘n beddinkie in my tuin en ek het nou nie plat op my maag gaan lê om hulle van reg van voor af te neem nie
ene wat in blombak was, wat effe makliker gegaan het.
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 25, 2013
Dis een van my gunsteling soort blomme!
rosiemetdorings het gesê op Desember 26, 2013
@losbek
hulle is altyd vrolik en kleurvol
Rina Willemse het gesê op Desember 26, 2013
Lekker vrolike gevreetjies.
rosiemetdorings het gesê op Desember 26, 2013
@sirpsa
om mense af te neem is nie my sterk punt nie
tina10 het gesê op Desember 26, 2013
Ooooo dis so mooi… Jy’s lekker slim
rosiemetdorings het gesê op Desember 26, 2013
@tina10
my ma het so geborduurde ding van gesiggies gehad waaraan ek my van kleintyd af kon verkyk
blikskottel het gesê op Desember 26, 2013
Ek hou ook van die tipe gesiggies.
rosiemetdorings het gesê op Desember 26, 2013
@blikskottel
hulle gee altyd ‘n goeie spatsel kleur
Henry @kompethenry het gesê op Desember 26, 2013
Ag sommer nice foties!
rosiemetdorings het gesê op Desember 26, 2013
@kompethenry
Ag dankie Hennery.
Perdebytjie het gesê op Desember 26, 2013
Pragtige foto’s!Dis presies die regte naam vir hierdie blommetjies.
rosiemetdorings het gesê op Desember 26, 2013
@perdebytjie
Ja baie gepas. die Engelse woord pansy is so niksseggend
charly hardy het gesê op Desember 26, 2013
Daardie ornaje gesiggies is net te pragtig. Die son het geskuif en myne het verlep.
exionperfexi het gesê op Desember 26, 2013
pragtig . hoekom die ingelse hulle pansies noem bly maar ‘n vreemde gedagte . die geel een in die sneeu is verruklik .
Louise Davis het gesê op Desember 26, 2013
Dis ook net jy wat so kreatief aan ‘n kompetisie sal deelneem.
Geluk, hoor!
Intussen is baby 3 dae oud en sooooo mooi en perfek.