Vir Maryna
Desember 23, 2013 in Uncategorized
Die Vatikaan se sfeer in ‘n sfeer waarvan Maryna geblog het. Ons het ‘n vreeslike oulike gids gehad. Ek het egter van die groep afgedwaal en nie gehoor wat sy hier te vertelle gehad het nie. Daarvoor het die historiese ou goed my aandag te veel in beslag geneem.
perdebytjie het gesê op Desember 23, 2013
Nou kan mens dit duidelik sien. Dis ‘n besondere skepping!
rosiemetdorings het gesê op Desember 24, 2013
@perdebytjie
Ek dra geen kennis van hierdie sfere nie, weet dus nie of hulle almal presies eenders lyk nie
Twaksak het gesê op Desember 24, 2013
Trek ek weg met, “Tussen spore, tussen trei-ne…”
rosiemetdorings het gesê op Desember 24, 2013
@twaksak
Dis vir my ‘n weird ding en daai goete kan nogal vergelyk word met treinspore
maryna het gesê op Desember 24, 2013
Baie dankie vir die pragtige foto van die sfeer by die Vatikaan @rosiemetdorings. Ek waardeer weereens die trackback link. Ek het oor die sfeer by die VN hoofkantoor se ingang in New York geblog, en ook ‘Let us beat our swords into ploughshares’ wat daar staan. Van die blogs af bring ek dit ook in vergelyking met die globus cruciger, en die sfeer en swaard van onder andere Karl die Grote (Charlemagne), asook die Imperialistiese sfeer en septer. Daar was ook een van Fritz Koenig van Beiere, Die sfeer, wat tussen die world trade center towers gestaan het voor die 11 Sept. aanval, wat vir my baie simbolies is.
http://en.wikipedia.org/wiki/File:FEMA_-_4042_-_Photograph_by_Michael_Rieger_taken_on_09-21-2001_in_New_York.jpg
maryna het gesê op Desember 24, 2013
Ek dink die skakel wat ek probeer byvoeg blokkeer my kommentaar aan jou. Ek probeer weer, sonder die skakel.
Baie dankie vir die pragtige foto van die sfeer by die Vatikaan @rosiemetdorings. Ek waardeer weereens die trackback link. Ek het oor die sfeer by die VN hoofkantoor se ingang in New York geblog, en ook ‘Let us beat our swords into ploughshares’ wat daar staan. Van die blogs af bring ek dit ook in vergelyking met die globus cruciger, en die sfeer en swaard van onder andere Karl die Grote (Charlemagne), asook die Imperialistiese sfeer en septer. Daar was ook een van Fritz Koenig van Beiere, Die sfeer, wat tussen die world trade center towers gestaan het voor die 11 Sept. aanval, wat vir my baie simbolies is.
rosiemetdorings het gesê op Desember 24, 2013
@marynaM
Ja ek weet jy het oor die ander sfeer geblog, my toe net weer hieraan herinner omdat jy ook daarna verwys het
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 24, 2013
Wow, dis ‘n mooi foto, Rosie! Hoe groot is dit omtrent?
rosiemetdorings het gesê op Desember 24, 2013
@losbek
Jy vra my vas maar as ek reg onthou so ongeveer 3m. Omdat die moderne ding tussen al daardie antieke geboue en beelde was, het ek nie veel aandag daaraan geskenk nie
blikskottel het gesê op Desember 24, 2013
Ek sou ook eerder die ou geboue en ander goed loop kyk het as die bal.
rosiemetdorings het gesê op Desember 24, 2013
@blikskottel
ek het in my lewe nooit gewens of beplan om Rome en veral na die Vatikaan te gaannie. Toe die kans hom egter voordoen en ek nou eers daar was, het ek heel ander opinie .
tina10 het gesê op Desember 24, 2013
Ek hou daarvan Kyk net die mooi weerkaatsing
rosiemetdorings het gesê op Desember 24, 2013
@tina10
ek het sommer vinnig net foto daarvan geneem en agterna eers gesien dat mens lieflike weerkaatsing daarin kry. Kon dit dalk beter benut het
Henry @kompethenry het gesê op Desember 24, 2013
Nice fotie!
rosiemetdorings het gesê op Desember 24, 2013
@kompethenry
Thx hoor 😛
charly hardy het gesê op Desember 25, 2013
Dis ‘n baie mooi foto.
Dis bekend dat die interpretasie vrye teuls kan gee en ek dink dis nogals baie mooi, Pas by alles = die ou werelde die nuwe wereld en ons plek in die heelal
🙂
Ek dink dis wat Pomodoro bedoel het,
rosiemetdorings het gesê op Desember 25, 2013
@charly, ek moet bieg dat ek absoluut niks hiervan af weet buiten dat hy daar in ‘n binnehof van die Vatikaan pryk. Sal seker bietjie daaroor moet oplees. Was my absloluut 1e besoek aan Vatikaan met te veel indrukke en ‘n gids wie se tyd ook beperk is