R staan vir Rand(ela)
Desember 19, 2013 in Uncategorized
Wanneer het ons van ‘n afbeelding van mens na diere oorgegaan? Ek kan nie eers onthou nie, moes seker nie te lank na ’94 gewees het nie. Wat ek wel weet is dat die noot wat ek hier wys, nog iets kon koop wat die moeite werd was.
met hom kon ek nog die volgende op gelyke ruil gekry het.
as ek vandag die uitruiling wil doen het ek veel meer nodig
en helaas kort hier nog ampertjies R5 voordat ek die £5 se monetêre gelyke in my hand het.
16.95X5=84.75
tina10 het gesê op Desember 19, 2013
My kop is sommer seer as ek dink hoe min ons randjies werd is. Dankie dis ‘n slim R inskrywing
rosiemetdorings het gesê op Desember 19, 2013
@tina10 ek was skoon bekaf toe ek begin somme maak
perdebytjie het gesê op Desember 19, 2013
Gelukkig werk ons nog nie met miljoenrandnote nie!
rosiemetdorings het gesê op Desember 19, 2013
@perdebytjie
ai ja! dit kon baie erger wees. dis nie net ons wat teen die $, € en £ baklei nie
blikskottel het gesê op Desember 19, 2013
Mandela en sy idioot brigade is presies die oorsaak dat daai papier geld nog minder as bokkeroll werd raak. papier is nie geld nie, dis paier, maar goud is geld.
rosiemetdorings het gesê op Desember 19, 2013
@blikskottel
ek dink nie hulle besef werklik waar dit vandaan kom nie, en daarom is dit maklik om dit so argeloos te hanteer.
Godiva het gesê op Desember 19, 2013
Ek praat onder korreksie maar ek dink in die vroeg 80’s was die GBP en die Rand presies dieselfde waarde.
Soos Blikskottel tereg noem, goud is geld en natuurlik altyd ‘n goeie belegging.
rosiemetdorings het gesê op Desember 19, 2013
@ladygodiva
toe ons nog met ponde sjiellings en pennies gewerk het, was daar20sjiellings in £1. Toe ons met Daan Desimaal van pond na rand beweeg, het die bruin 10sielling noot ‘n Rand geword. dus was elke £1 gelystaande aan R2 wat vir jare die wisselkoers was. Maar met ons besoek in 2004 in Engeland was die R ook hier by die R16 vir £1. Dus hoop ons na die verkiesing (ha ha ha) dit weer sal kop optel
maryna het gesê op Desember 19, 2013
Moneydela voel en lyk vir my soos vervalste geld. @rosiemetdorings
rosiemetdorings het gesê op Desember 19, 2013
@marynam
is dit vir jou ok so? Die kleure wat hulle gebruik laat dit ook goedkoop lyk
exionperfexi het gesê op Desember 19, 2013
Die Diba’s lyk en voel vir my nogal mooi.
As dit van nou af vir 4 honderd jaar in gebruik sal kan bly, vertraag dit dalk die nag van die lang messe met 4 eeue 🙂
Die wilde diere se afbeeldings op die keersye is baie Afrika en tog in pas met die pragkontinent waarop ons bly.
Ek kon nooit verstaan hoekom Jan van Riebeeck se gesig op die desimale note aangebring is in 1961 , dieselfde jaar as wat die Republiek ingestel is nie. Sou meer van pas gewees het as H F Verwoerd se profiel destyds daarop kon pryk .
rosiemetdorings het gesê op Desember 19, 2013
@exionperfexi
Die geld het verander terwyl ons in die buiteland was, en was al goed ingefasseer toe ons hier aankom. Dit was vir my vreeslik vreemd om skielik heel ander geld te hanteer.
Maar so verskil smaak, as dit jou geval.
Onthou oom Jan was nie so lank op onse geld nie. Voorheen dink ek het die land wat in bewind was, se geldeenhede gegeld. En dan toe die wegtrekkers wat hul eie geld in Tvl begin het. (soos my broer lief is om te meld, die dwarstrekkers en hardegatte)
maar praat van oom Jan wat dalk nie regtig oom Jan is nie, 6 April is steeds vir my ook belangrike dag
Henry @kompethenry het gesê op Desember 20, 2013
Stem!
Die bleddie goed is niks werd nie – ek onthou nog toe mens met twee rand drie US dollar gekoop het – en nou?
Maak mens sommer krapperig!
rosiemetdorings het gesê op Desember 20, 2013
@konpethenry
helaas moet ons dit maar so aanvaar, met ons huidige senario gaan dit nie te gou beter gaan nie.
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 20, 2013
Sugggggg! Is so! 🙁
rosiemetdorings het gesê op Desember 20, 2013
@losbek
goed soos stowe yskaste wasmasjiene ens. se pryse gaan ook seker weer daardeur geraak word
charly hardy het gesê op Desember 20, 2013
Probeer bitcoins
🙂
rosiemetdorings het gesê op Desember 20, 2013
@charly
Die geld van die toekoms.
Sal ek daarmee vliegtuigkaartjie ook kan koop? 😆
charly hardy het gesê op Desember 21, 2013
As die lugredery bitcoins aanvaar ja
🙂
charly hardy het gesê op Desember 21, 2013
As die lugredery bitcoins aanvaar ja
🙂