Vandag………….
Desember 16, 2013 in Uncategorized
……..het ons die regte toeriste ding gedoen en saam met vriende by die Waterfront gekuier. Hoewel daar ‘n ligte briesie gestoot het, was dit ‘n lieflike dag. Ek wil nou al so lank graag op die waterkanaal gevaar het en het toe vandag eindelik daarby uitgekom. Hulle is van Bloemfontein af hier en ons het hulle by die hotel ontmoet en vandaar op die lekker boot gehop en afgery tot by die hub van hierdie toeriste aantreklikheid. Daar was vir my net veel minder mense was wat ek vir hierdie tyd van die jaar verwag het.
Rina Willemse het gesê op Desember 16, 2013
Ag lekker! En die min mense was ‘n bonus.
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@sirpsa
dit was heerlik om nie in ‘n gedrang te wees nie. selfs by die standbeeld wat veronderstel is om soos Nelson Mandela te lyk was nie eers juis mense nie
maryna het gesê op Desember 17, 2013
Hahaha, “wat veronderstel is om soos Nelson Mandela te lyk” 😆
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@marynam
ek is ernstig. 😛
Daar is beelde van die 4 SA nobelpryswenners, Tutu kan mens erken aan sy neus en FW aan sy haarlyn. die ander 2 kon enige iemand anders wees
perdebytjie het gesê op Desember 16, 2013
Sjoe,dit lyk so pragtig!
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@perdebytjie
ek was net so aangenaam verras. hierdie uitsig het mens net vanaf die kanaal of as jy in ‘n hotel bly
tina10 het gesê op Desember 17, 2013
Ek is skoon jaloers. Mooi foto’s
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@tina10
my uitnodiging staan steeds 😛 . jy moet jouself net hier kry
vega het gesê op Desember 17, 2013
Dis absoluut pragtig. Kaapstad is darem ‘n wereldklas toeriste stad. Ons het ervaar dat daar baie minder vakansiegangers is as vorige jare. Ek dink die ekonomie druk omdat alles se pryse so opgegaan het bv brandstof , kos en behuising. Mense gaan nou vir korter tyd weg en party skaal af goedkoper vakansies.
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@avega
ek was nuuskierig om te sien wat die hoteltariewe is waar ons vriende bly en probeer toe so tentatiewe bespreking maak. groot was my verbasing om te sien hoeveel hotelle nog beskikbare akkomodasie het.
monicahaddad het gesê op Desember 17, 2013
Is hierdie in ons land geneem?
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@monicahaddad
binne ‘n uur of wat se motorrit van jou af by die waterfront op die kanale
monicahaddad het gesê op Desember 17, 2013
Ek is stil verstom, ek sal moet gaan vaar daar om die bootjie….
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@monicahaddad
Laat my weet as jy kom. ek sal weer en weer en weer daar gaan vaar. Kaartjie wat mens koop is geldig vir hele dag, en was ek op my eie het ek tot sononder net daarop gesit en en gesit en die lewe geniet
blikskottel het gesê op Desember 17, 2013
Minder toeriste, geen verassing nie want mense het minder geld om te spandeer om sulke dinge.
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@blikskottel
en ons hier plaaslik sou nie daarheen gaan as dit nie was om hierdie mense te ontmoet en mee te kuier nie, want ons verwag ‘n gedrang. hier na volgende week sal dit seker besiger raak
maryna het gesê op Desember 17, 2013
Pragtige fotos @rosiemetdorings. Ek was tot my skaamte nog net een keer daar, maar dit was so gepak en ek onthou die kitskos en sweetreuke, die rumoer en geraas… jou fotos skep nuwe (en mooier!) indrukke
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@marynam Soos wat jy dit beskryf is presies soos wat ek dit ook in die verlede ervaar het. Gister was dit totaal anders. Ook nie die herrie wat soms daar opgekop word deurr swak musikante, was teenwoordig nie
Henry @kompethenry het gesê op Desember 17, 2013
Nice! _ sommer lekker dag!
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@kompethenry
Dit was sommer regtig ‘n lekkerder as nice dag
Henry @kompethenry het gesê op Desember 18, 2013
🙂
Elly het gesê op Desember 17, 2013
En more is ek ook daar! Voel lekker opgewonde.
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2013
@elly
Jy moet dit geniet.
Tannie Frannie het gesê op Desember 17, 2013
Was bevoorreg om by ‘n kongres in een van die hotelle te help – daar was ‘n lokaaltjie met ‘n direkte uitsig op die water, die mooiste uitsig denkbaar.
klarisabet het gesê op Desember 19, 2013
Ag lekker! Jou foto’s se kleure ‘pop’ sommer so van my selfoonskerm af. Pragtig.
rosiemetdorings het gesê op Desember 19, 2013
@klarisabet
dit was ‘n lieflike dag en ek het self ‘n heel nuwe prentjie van die Kaapse Waterfront gesien