Vandag………….

Desember 16, 2013 in Uncategorized

……..het ons die regte toeriste ding gedoen en saam met vriende by die Waterfront gekuier.  Hoewel daar ‘n ligte briesie gestoot het, was dit ‘n lieflike dag.  Ek wil nou al so lank graag op die waterkanaal gevaar het en het toe vandag eindelik daarby uitgekom.  Hulle is van Bloemfontein af hier en ons het hulle by die hotel ontmoet en vandaar op die lekker boot gehop en afgery tot by die hub van hierdie toeriste aantreklikheid.  Daar was vir my net veel minder mense was wat ek vir hierdie tyd van die jaar verwag het.

08

02

04

05

03

26 antwoorde op Vandag………….

  1. Ag lekker! En die min mense was ‘n bonus.

  2. Sjoe,dit lyk so pragtig!

  3. tina10 het gesê op Desember 17, 2013

    Ek is skoon jaloers. Mooi foto’s

  4. vega het gesê op Desember 17, 2013

    Dis absoluut pragtig. Kaapstad is darem ‘n wereldklas toeriste stad. Ons het ervaar dat daar baie minder vakansiegangers is as vorige jare. Ek dink die ekonomie druk omdat alles se pryse so opgegaan het bv brandstof , kos en behuising. Mense gaan nou vir korter tyd weg en party skaal af goedkoper vakansies.

    • @avega
      ek was nuuskierig om te sien wat die hoteltariewe is waar ons vriende bly en probeer toe so tentatiewe bespreking maak. groot was my verbasing om te sien hoeveel hotelle nog beskikbare akkomodasie het.

  5. Is hierdie in ons land geneem?

  6. Minder toeriste, geen verassing nie want mense het minder geld om te spandeer om sulke dinge.

  7. maryna het gesê op Desember 17, 2013

    Pragtige fotos @rosiemetdorings. Ek was tot my skaamte nog net een keer daar, maar dit was so gepak en ek onthou die kitskos en sweetreuke, die rumoer en geraas… jou fotos skep nuwe (en mooier!) indrukke

    • @marynam Soos wat jy dit beskryf is presies soos wat ek dit ook in die verlede ervaar het. Gister was dit totaal anders. Ook nie die herrie wat soms daar opgekop word deurr swak musikante, was teenwoordig nie

  8. Nice! _ sommer lekker dag!

  9. Elly het gesê op Desember 17, 2013

    En more is ek ook daar! Voel lekker opgewonde.

  10. Was bevoorreg om by ‘n kongres in een van die hotelle te help – daar was ‘n lokaaltjie met ‘n direkte uitsig op die water, die mooiste uitsig denkbaar.

  11. Ag lekker! Jou foto’s se kleure ‘pop’ sommer so van my selfoonskerm af. Pragtig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.