My siening

Desember 11, 2013 in Uncategorized

Mandela…….

Almal skryf nou aktief en intensief oor Mandela.  Daarom sal ek ook maar my eiertjie lê.  Ek het hom nie gehaat nie, maar hy was baie beslis ook nie my held nie.  Was ook maar net nog ‘n mens en het verseker ook nie altyd net die regte ding op die regte tyd gedoen nie.  Wat ek weldeeglik besef het is dat hy ‘n baie intelligente mens was.  Die vele besluite in staatsbelang wat hy in sy lewe geneem het, het hy seker maar met sy kop en nie met sy hart gedoen nie, want dit blyk die van ‘n verstandige man te wees.  Hoe weet ons egter wat werklik in sy gedagtes omgegaan het?  Hoewel hy dit altyd ontken het, het ek altyd die sterk vermoede gehad dat, indien hy nie ‘n lid van die SAKP was nie, hy hulle steeds baie simpatiekgesind was.  Hier het Maryna toe nou die dag alreeds daaroor geblog, die tipiese ope gehiem.  Maar ek gun hom sy rus.  95-27(in die tronk*) gee steeds 68 jaar waarvan hy die laaste 23 die held van die massas was.  Steeds meer as wat baie ander mense gegun word.

* Hy was wel baie lank op Robbeneiland maar verseker nie die hele tyd nie.  Was ruk in Pollsmoor en is toe verskuif na Victor Verster.  The prison years ended in a cottage he had to himself in the garden of a jail near Cape Town then known as Victor Verster – with TV, radio, newspapers, a swimming pool and any visitors he wanted.

So terloops:  iemand het die opmerking gemaak dat daar weke vooraf reelings getref word vir veilighied tydens ringkoppe se staatsbesoeke.  Hier is die wêreld se elitie binne ‘n week op een stadion – sekuriteit?

.…en Malema

hierdie was vir my skreeusnaaks. hoe waar dit is weet ek glad nie

Have you seen or heard about (true story) Julius Malema’s tweet asking why the people of SA do not afford him the same treatment as Nelson Mandela – to which he received an instant reply from Evita Bezuidenhout: “Great idea! I suggest we start with 27 years in jail!”

 

20 antwoorde op My siening

  1. Mandela het in effek hierdie land vanuit die tronk regeer vanaf die eerste dag toe hy op Robben eiland in aanhouding was . . .

    • @exionperfexi
      O verseker, met die hele wêreld wat hom gesteun het. Ons was die hond van die heelal.
      Ek dink net as hy gesê het: “Sa ! vat hulle”, was ons almal m*^rt*^. En omdat hy dit nie gedoen het nie, weet ek hy het sy besluite met sy kop geneem.Dink jy hy het nooit ooit die mense wat hom in die tronk gestop het, verkwalik nie? Hoe hy hulle mag omver gaan werp, moes die kern van sy gedagtes gewees het, terwyl hy sy tronkstraf uitgedien het. weereens kon hy dit baie maklik met geweld laat gebeur het, en hy het nie.

    • Twaksak het gesê op Desember 12, 2013

      Sjoe. Is dit ‘n conspiracy gewees, Exi?

      • @twaksak : hoekom dink JY het hy en sy makkers dan , na afloop van die Rivonia-verhoor, nie die doodstraf gekry nie ?

        De geskiedenis word deur mense ontleed met meetinstumente wat hemelsbreed van mekaar verskil ~ een se vryheidsvegter is ‘n ander se terroris , een se samesweringsteorie is ‘n ander se geloofsoortuiging .

        Jy het skynbaar nooit na die ANC se Radio Freedom oor Kortgolf geluister in die tagtigerjare van die vorige eeue nie, Twaksak ?

      • @twaksak
        Baie goed verloop heel anders as wat daar van die algemene massa verwag word om aanvaar te word as die volle waarheid.
        Na 50 jaar gis die mense steeds oor Kennedy se dood en wat darmee gepaard gaan. Daar is so baie toegesmeer en versin dat ek nie dink iemand sal ooit die volle waarheid ontrafel nie

  2. Ek sal bly wees as die Mandelahisterie nou tot ruste kom.

  3. vega het gesê op Desember 11, 2013

    Die hele storie rondom Mandela is meer kompleks as wat net in sy persoon opgesluit le. Waar dink jy het sy miljoene vandaan gekom? Die terroris Mandela en die man wat 27 jaar later uit die tronk gekom het was nie dieselfde mens nie. En toe hy nie radikaal genoeg is vlgs die mense agter die skerms nie, toe vervang hulle hom. Hy was nie ‘n president nie, hy was net ‘n ikoon. Daar is niks nuuts deur hom ingestel nie, geen vernuwende denke of policies ingestel nie. Sy enigste legacy/nalatenskap is sy vergewensgesindheid en sy charisma.

  4. Hy was nogal ‘n merkwaardige man! As daar enige wrokke in hom was het hy dit nie laat deurskemer nie. Ek is bly hy is nou verlos van sy aardse lyding

  5. maryna het gesê op Desember 12, 2013

    ‘n Mooi, ewewigtige siening, en dankie vir die vermelding. Evita se kommentaar is priceless! @rosiemetdorings

  6. Twaksak het gesê op Desember 12, 2013

    Vrydagoggend het Gwede Mantashe gesê dat mnr. Mandela ook op die UK van die SAKP gedien het.

  7. tina10 het gesê op Desember 12, 2013

    Ek stem met jou saam… daar was meer aan die vryheidsgroep as wat mens met die oog sien … dis soos die Broederbond.
    Ons sal maar ander kanale moet kyk die naweek want sowaar so erg het ek dit nog nie beleef nie. Aan die ander kant kon hulle in September toe hy regtig dood is dit uitgerek het tot hierdie naweek – daar is altyd iets om voor dankbaar te wees.

  8. Interessante siening. Wat my betref sien ek mense net op twee maniere. Die wat die lig dra en die wat die donker dra. Baie maklik om te sien, jy kyk net na hulle oë. Mandela het sonder aarseling die lig gedra eers flou aan die begin en al sterker en ons sou nie nou hier sit en tik het as dit nie vir hom was nie. I

    • @monicahaddad
      ek wou dit nog meld dat ons hierwees grotendeels te danke is aan hom. Maar dink jy nie mense is ook vol kontradiksies nie? hoekom het hy altyd ontken dat hy lid van die SAKP was?
      op die ou einde is politiek op sy beste ‘n vuilspel waaroor ek nie eintlik altyd te veel oor kan debateer nie

  9. Moeilike vraag om te beantwoord want ek was nou nie in sy skoene nie, maar wat ek wel weet, die goed wat ek dertig jaar gelede gedink het en nou dink is ligjare van mekaar. Omstandighede verander maar mens se denke soos wat die lewe jou vat.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.