na aanleiding van Sondagkopies van Tina
Desember 8, 2013 in Uncategorized
@tina10 hierdie is my twakkies hoekie.
die lap het my peetkind geweef toe sy nog dogtertjie was.
die skaal en lamp agter kom uit my ma se huishouding.
die atomizer was doring se tante sin terwyl die groot gifpomp se houthandvatseltjie ongelukkig ontbreek en van skoonpa af kom.
die koper blaker wat net net links uitsteek was uit Doring se ouma se huishouding

nog [email protected] in my huis
perdebytjie het gesê op Desember 8, 2013
Ek klink nou dom,maar wat is ‘n atomizer?Ek hou van die [email protected]!
rosiemetdorings het gesê op Desember 8, 2013
@perdebytjie
Spelfout!
atomiser – ek weet sowaar nie wat is Afrikaanse woord daarvoor nie. sal probeer uitvind en terugkom
om die koper mooi en blink te hou is nie altyd lekker nie
tina10 het gesê op Desember 9, 2013
Pragtig Kosbare hoekie die!
rosiemetdorings het gesê op Desember 9, 2013
@tina10 baie sentiment daarin. Bokant is ‘n rakkie met nog hope trashies
charly hardy het gesê op Desember 9, 2013
mooi koper. Om koper skoon te maak, meng skottelgoedwassseep en
creme of tartertartaric acid in warm water om mee te was.perdebytjie het gesê op Desember 9, 2013
@charly Dankie vir die wenk.Brasso is deesdae onbekostigbaar duur en mens kom nie ver met ‘n piepklein botteltjie nie.
charly hardy het gesê op Desember 9, 2013
@perdebytjie Ek is jammer ek dink my brein is nognie wakker nie dis moet lees tartaric acid. !!!!
perdebytjie het gesê op Desember 9, 2013
@charly Dankie ek neem kennis van die regstelling.Waar koop mens tartaric acid?
charly hardy het gesê op Desember 10, 2013
@perdebytjie by enige supermark daar waar jy bv koeksoda sal koop, baie goedkoop produk.
rosiemetdorings het gesê op Desember 9, 2013
@charly
😀
cream of tartar en tartaric acid is 2 verskillende goed en ek wonder hoeveel mense weet werklik wat die verskil is
Dit is nogal ‘n pyn dat mens nie jou eie kommentaar kan wysig nie
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 9, 2013
Ek sien jy koester ook die ou goed soos ek. Mooi items, Rosie!
rosiemetdorings het gesê op Desember 10, 2013
@losbek
Versamelvoël is my 2e naam 😀
Henry @kompethenry het gesê op Desember 10, 2013
Lekker!
rosiemetdorings het gesê op Desember 10, 2013
@kompethenry
Wat het nou skielik van NICE geword? 😀
Henry @kompethenry het gesê op Desember 10, 2013
Lekker is nicer as nice…