weeklikste tema: GLAS
Desember 6, 2013 in Uncategorized
Hierdie ene kom nou nadat ek Dirkie se blog gelees het en van my poedingbakkie onthou het.
My ouers sou nou laasmaand 65jaar getroud gewees het. Hierdie poedingbakkie was een van ‘n stel wat hulle as trougeskenk ontvang het. Almal het so mettertyd uitgebreek tot net die enetjie oorgebly het en toe amptelik my poedingbakkie geword het. Was ek verbaas toe my ma 3 jaar gelede oorlede is en ek hierdie bakkie nog in haar kas aantref.
@duplessis . hierdie bakkie en jou bord moet min of meer karperde wees.
Met die bewus raak van die weeklikse tema kyk ek telkens met tema oë en luister met nuwe ore om my heen. Is nogal verbaas om telkens die artikels en gebeure om my heen met ander insigte te betrag
Vanoggend toe ek die nuus hoor van Nelson Mandela se afsterwe, het ek dadelik gedink dat nog ‘n uurglas leeggeloop het. Viola! GLAS
perdebytjie het gesê op Desember 6, 2013
Dis ‘n pragtige bakkie!Ja die uurglas loop vir ons almal leeg…
tina10 het gesê op Desember 6, 2013
Ja dis vir my al te lekker om verslillende mense se siening te sien en mens sien goed raak van die temas wat verby is … as ons lank genoeg aanhou kom hulle dalk weer aan die beurt
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 6, 2013
Dis ‘n vreeslike mooi bakkie !
Elly het gesê op Desember 6, 2013
Ek het net so een gehad wat my oupa s’n was! Verlede week gebreek toe ek skottelgoed gewas het. Ek het amper gehuil!
Twaksak het gesê op Desember 7, 2013
Dis ‘n poedingbakkie. Dan kry jy ook poeringbakke.
frik van eeden het gesê op Desember 7, 2013
@rosiemetdorings
Sowaar ‘n mooi glasbak.
Dis waar dat Tina se temas mens meer oplettend maak – ek geniet dit baie. Selfs as ek deur my groot verskeidenheid tydskrifte lees, dan let ek die tema-goedjies dadelik op.
charly hardy het gesê op Desember 7, 2013
Baie besonders.