weeklikse uitdaging: GLAS
Desember 3, 2013 in Uncategorized
my glasige bydraes is almal kaggelkakkies wat ek in my eie lewe sekerlik nie maklik sal prysgee nie.
die twee glasvasies van Venesiese glas het ek jare gelede vir next to nothing vir my ma by ‘n rommelverkoping gekoop. na haar dood het hulle na my toe gekom.
Murano is al by vorige glasblog genoem. Ook ‘n venesiese eiland bekend vir sy glas. Die murano glasbekertjie is een van ‘n paar. Doring se oupa het die rooie met sy naam en net so bloue met sy vrou se naam op laat verf. Die bloue is tans by ‘n niggie van Doring. Sy wil nie hare opgee nie en ons seun wat na hierdie oupa vernoem is, sal verseker ook nie syne vir haar gee nie
Die laaste ene kom met ‘n lang storie. Waterford kristalglas papiergewiggie. Die kerkie is ‘n replika van ‘n kerk in Lismore. Kristalglas het lood in. Lood skerm X-strale totaal af. Ek het hierdie kerkie teen ‘n gewigtige prys gekoop en was baie bang hy beskadig. Daarom het ek hom toegedraai in my klere en as handbagasie met my geneem . GROOT FOUT. Toe ek so deur die lughawe se sekuritiet gaan sien ek net my klere waai. Die X-trale gaan glad nie daardeur nie! Hulle het nie eers gevra nie, net uitgegooi. Ek storm nader en hulle wys my dadelik die vreemde swart ding op die skerm en wil weet wat dit is – glad nie baie vriendelik nie! Ek verduidelik, maar moes uithaal en wys voordat hulle my geglo het. Daarna het ek vir die res van die toer die ding uit my bagasie gehaal, gewys en verduidelik wat dit was. In Duitsland net telkens gesê: “Es ist mit Blei” deur die genade kon ek onthou wat ‘n potlood in Duits was
charly hardy het gesê op Desember 3, 2013
Baie mooi. Ons het ook daardie Venesiese glasstelletjie, my skoonma het ook gehad maar dit is nou by een van my kinders.
rosiemetdorings het gesê op Desember 3, 2013
@charly
ek het net 3 seuns wat nie een vreeslik belangstel in al hulle ma se gemorsies nie.
charly hardy het gesê op Desember 3, 2013
Wie weet miskien hou een van die vrouens dalk eendag daarvan? Ek het goed van my skoonma op my kaggel, brass olifantjies waaroor ek baie mal is.
Dogter is nie altyd noodwendig lief vir die goed wat rondstaan nie.En smaak verskil
charly hardy het gesê op Desember 3, 2013
Baie mooi. Ons het ook daardie Venesiese glasstelletjie, my skoonma het ook gehad maar dit is nou by een van my kinders.
exionperfexi het gesê op Desember 3, 2013
baie mooi. . .
rosiemetdorings het gesê op Desember 3, 2013
@exionperfexi
Dankie
ek-myself het gesê op Desember 3, 2013
Oulik.
rosiemetdorings het gesê op Desember 3, 2013
@ek-myself
😛
tina10 het gesê op Desember 3, 2013
Ek het lekker hier by jou geshop … daar is nie een wat ek ook graag sal wil hê nie.
rosiemetdorings het gesê op Desember 3, 2013
@tina10
Jong ek is ‘n sucker vir sulke gemorsies. moet dit nou al begin weggee want my kinders stel tog nie belang nie.
Die bekertjie met oudste se naam op wonder ek sterk oor – sy vriendin hou niks van sulke goedjies nie en hy het alty gevrek oor die bekertjie
Rina Willemse het gesê op Desember 3, 2013
Besonderse papiergewiggie daai.
rosiemetdorings het gesê op Desember 3, 2013
@sirpsa
moenie dink hy was al vir ‘n oomblik ingespan om sy funksie te verrig nie, staan net en stof vergaar saam met my ander gemorsies
vega het gesê op Desember 3, 2013
Mooi.
rosiemetdorings het gesê op Desember 4, 2013
@avega
😛
monicahaddad het gesê op Desember 4, 2013
Daai kerkie o daai kerkie!
rosiemetdorings het gesê op Desember 4, 2013
@monicahaddad
dit was baie wik en weeg of ek so baie geld moet betaal, bly vir my baie besonders
Carol R @ Losbek het gesê op Desember 4, 2013
Jou goed is ‘n paar rand werd!
rosiemetdorings het gesê op Desember 4, 2013
@losbek
ek weet nie of daar vandag nog regtig mark is vir hierdie goed nie