weeklikse uitdaging: GLAS

Desember 3, 2013 in Uncategorized

my glasige bydraes is almal kaggelkakkies wat ek in my eie lewe sekerlik nie maklik sal prysgee nie.

die twee glasvasies van Venesiese glas het ek jare gelede vir next to nothing vir my ma by ‘n rommelverkoping gekoop.  na haar dood het hulle na my toe gekom.

kaggelkakkie 02

Venesiese glas

Murano is al by vorige glasblog genoem.  Ook ‘n venesiese eiland bekend vir sy glas.  Die murano glasbekertjie is een van ‘n paar.  Doring se oupa het die rooie met sy naam en net so bloue met sy vrou se naam op laat verf.  Die bloue is tans by ‘n niggie van Doring.  Sy wil nie hare opgee nie en ons seun wat na hierdie oupa vernoem is, sal verseker ook nie syne vir haar gee nie

kaggelkakkie 03

Henri se glasbekertjie

Die laaste ene kom met ‘n lang storie.  Waterford kristalglas papiergewiggie.  Die kerkie is ‘n replika van ‘n kerk in Lismore.  Kristalglas het lood in.  Lood skerm X-strale totaal af.  Ek het hierdie kerkie teen ‘n gewigtige prys gekoop en was baie bang hy beskadig.  Daarom het ek hom toegedraai in my klere en as handbagasie met my geneem .  GROOT FOUT.  Toe ek so deur die lughawe se sekuritiet gaan sien ek net my klere waai.  Die X-trale gaan glad nie daardeur nie!  Hulle het nie eers gevra nie, net uitgegooi.  Ek storm nader en hulle wys my dadelik die vreemde swart ding op die skerm en wil weet wat dit is  –  glad nie baie vriendelik nie!   Ek verduidelik, maar moes uithaal en wys voordat hulle my geglo het.  Daarna het ek vir die res van die toer die ding uit my bagasie gehaal, gewys en verduidelik wat dit was.   In Duitsland net telkens gesê:  “Es ist mit Blei”  deur die genade kon ek onthou wat ‘n potlood in Duits was

 

kaggelkakkie 01

Lisemore kerk

 

18 antwoorde op weeklikse uitdaging: GLAS

  1. Baie mooi. Ons het ook daardie Venesiese glasstelletjie, my skoonma het ook gehad maar dit is nou by een van my kinders.

  2. Baie mooi. Ons het ook daardie Venesiese glasstelletjie, my skoonma het ook gehad maar dit is nou by een van my kinders.

  3. baie mooi. . .

  4. tina10 het gesê op Desember 3, 2013

    Ek het lekker hier by jou geshop … daar is nie een wat ek ook graag sal wil hê nie.

    • @tina10
      Jong ek is ‘n sucker vir sulke gemorsies. moet dit nou al begin weggee want my kinders stel tog nie belang nie.

      Die bekertjie met oudste se naam op wonder ek sterk oor – sy vriendin hou niks van sulke goedjies nie en hy het alty gevrek oor die bekertjie

  5. Besonderse papiergewiggie daai.

  6. Daai kerkie o daai kerkie!

  7. Jou goed is ‘n paar rand werd!

Los ’n antwoord vir exionperfexi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.