Jy blaai in die argief vir 2013 Desember.

2014

Desember 31, 2013 in Uncategorized

Aan almal wat ek hier leer ken het, voorspoed vir die nuwe jaar wat om die draai vir ons wag. Ek weet ek het hierdie foto al in die verlede geplaas maar doen dit weer want dis die uitsig waarmee ek hierdie jaar groet.

gekrimp

Weeklikse tema: Gesig

Desember 25, 2013 in Uncategorized

 

snip gesig.fotoJPGEk is seker dis nie die tipe van gesig waarna gesoek word nie.   die ander soort gesigte  wat ek tot dusver sien opduik het, is nie my forte nie.  Daarom hou ek maar by die gesigggies wat vir my vreugde verskaf.  Hulle groei in ‘n beddinkie in my tuin en ek het nou nie plat op my maag gaan lê om hulle van reg van voor af te neem nie

gesiggies 1

gesiggies 2ene wat in blombak was, wat effe makliker gegaan het.

gesiggies 4Baie geharde blommetjies

gesiggie in die sneeu

 

 

Vir Maryna

Desember 23, 2013 in Uncategorized

Die Vatikaan se sfeer in ‘n sfeer waarvan Maryna geblog het.  Ons het ‘n vreeslike oulike gids gehad.  Ek het egter van die groep afgedwaal en nie gehoor wat sy hier te vertelle gehad het nie.  Daarvoor het die historiese ou goed my aandag te veel in beslag geneem.

world in the world vatikaan

R staan vir Rand(ela)

Desember 19, 2013 in Uncategorized

Wanneer het ons van ‘n afbeelding van mens na diere oorgegaan?  Ek kan nie eers onthou nie, moes seker nie te lank na ’94 gewees het nie.  Wat ek wel weet is dat die noot wat ek hier wys, nog iets kon koop wat die moeite werd was.

01

R10.00

met hom kon ek nog die volgende op gelyke ruil gekry het.

02

£5

as ek vandag die uitruiling wil doen het ek veel meer nodig

03

R80

en helaas kort hier nog ampertjies R5 voordat ek die £5 se monetêre gelyke in my hand het.

snip randela se waarde

vandag se wisselkoers

16.95X5=84.75

Vandag………….

Desember 16, 2013 in Uncategorized

……..het ons die regte toeriste ding gedoen en saam met vriende by die Waterfront gekuier.  Hoewel daar ‘n ligte briesie gestoot het, was dit ‘n lieflike dag.  Ek wil nou al so lank graag op die waterkanaal gevaar het en het toe vandag eindelik daarby uitgekom.  Hulle is van Bloemfontein af hier en ons het hulle by die hotel ontmoet en vandaar op die lekker boot gehop en afgery tot by die hub van hierdie toeriste aantreklikheid.  Daar was vir my net veel minder mense was wat ek vir hierdie tyd van die jaar verwag het.

08

02

04

05

03

Jammer mense ……..

Desember 13, 2013 in Uncategorized

…..ek hou van sy musiek.  😛

 

Vertel my ASB hoe maak ek dit kleiner!!!!!!!

My siening

Desember 11, 2013 in Uncategorized

Mandela…….

Almal skryf nou aktief en intensief oor Mandela.  Daarom sal ek ook maar my eiertjie lê.  Ek het hom nie gehaat nie, maar hy was baie beslis ook nie my held nie.  Was ook maar net nog ‘n mens en het verseker ook nie altyd net die regte ding op die regte tyd gedoen nie.  Wat ek weldeeglik besef het is dat hy ‘n baie intelligente mens was.  Die vele besluite in staatsbelang wat hy in sy lewe geneem het, het hy seker maar met sy kop en nie met sy hart gedoen nie, want dit blyk die van ‘n verstandige man te wees.  Hoe weet ons egter wat werklik in sy gedagtes omgegaan het?  Hoewel hy dit altyd ontken het, het ek altyd die sterk vermoede gehad dat, indien hy nie ‘n lid van die SAKP was nie, hy hulle steeds baie simpatiekgesind was.  Hier het Maryna toe nou die dag alreeds daaroor geblog, die tipiese ope gehiem.  Maar ek gun hom sy rus.  95-27(in die tronk*) gee steeds 68 jaar waarvan hy die laaste 23 die held van die massas was.  Steeds meer as wat baie ander mense gegun word.

* Hy was wel baie lank op Robbeneiland maar verseker nie die hele tyd nie.  Was ruk in Pollsmoor en is toe verskuif na Victor Verster.  The prison years ended in a cottage he had to himself in the garden of a jail near Cape Town then known as Victor Verster – with TV, radio, newspapers, a swimming pool and any visitors he wanted.

So terloops:  iemand het die opmerking gemaak dat daar weke vooraf reelings getref word vir veilighied tydens ringkoppe se staatsbesoeke.  Hier is die wêreld se elitie binne ‘n week op een stadion – sekuriteit?

.…en Malema

hierdie was vir my skreeusnaaks. hoe waar dit is weet ek glad nie

Have you seen or heard about (true story) Julius Malema’s tweet asking why the people of SA do not afford him the same treatment as Nelson Mandela – to which he received an instant reply from Evita Bezuidenhout: “Great idea! I suggest we start with 27 years in jail!”

 

weeklikse tema: WOLKE

Desember 9, 2013 in Uncategorized

As ek dalk foto’s herhaal, moet julle maar verskoon. Ek kan nie meer onthou wat ek al hier gedeel het nie.

gister was ‘n warm sonskyndag. Toe ek opkyk was hierdie vlieswolkies bokant my kop

somersdag Bellville

08.12.2013

die mooiste is natuurlik altyd die wolke wat met sonsondergang getint word

t4

09.07.2012

Uit vliegtuig

 

oor Alpe

wolke oor die Alpe

wolke

wolke oor Afrika

laatmiddag

laatmiddag speel die donderweer tussen die wolke – iewers oor Angola

@tina10.  Sterkte met die groot trek.

na aanleiding van Sondagkopies van Tina

Desember 8, 2013 in Uncategorized

@tina10  hierdie is my twakkies hoekie.

die lap het my peetkind geweef toe sy nog dogtertjie was.

die skaal en lamp agter kom uit my ma se huishouding.

die atomizer was doring se tante sin terwyl die groot gifpomp se houthandvatseltjie ongelukkig ontbreek en van skoonpa af kom.

die koper blaker wat net net links uitsteek was uit Doring se ouma se huishouding

pompie ens

nog [email protected] in my huis

weeklikste tema: GLAS

Desember 6, 2013 in Uncategorized

Hierdie ene kom nou nadat ek Dirkie se blog gelees het en van my poedingbakkie onthou het.

My ouers sou nou laasmaand 65jaar getroud gewees het.  Hierdie poedingbakkie was een van ‘n stel wat hulle as trougeskenk ontvang het.  Almal het so mettertyd uitgebreek tot net die enetjie oorgebly het en toe amptelik my poedingbakkie geword het.  Was ek verbaas toe my ma 3 jaar gelede oorlede is en ek hierdie bakkie nog in haar kas aantref.

kaggelkakkie 05

bakkie van bo af……..

kaggelkakkie 04

……en van die kant gesien

@duplessis . hierdie bakkie en jou bord moet min of meer karperde wees.

Met die bewus raak van die weeklikse tema kyk ek telkens met tema oë en luister met nuwe ore om my heen.  Is nogal verbaas om telkens die artikels en gebeure om my heen met ander insigte te betrag

Vanoggend toe ek die nuus hoor van Nelson Mandela se afsterwe, het ek dadelik gedink dat nog ‘n uurglas leeggeloop het.  Viola! GLAS