weeklikse tema: TROETELDIERE 3
November 29, 2013 in Uncategorized
Met Kersfees om die draai dink almal opnuut weer aan geskenke. Troeteldiertjies is tog al te oulik en cuddly, maak dus oulike geskenke.
Ek het sommer net ‘n paar foto’s wat ek gaan deel van troeteldiere wat nie meer welkom was nie en dan na een of ander sorgoord gestuur word ( as die dier gelukkig is). Ek het so rukkie gelede foto’s geplaas wat ek by Butterflyworld tussen die Kaap en Paarl geneem het. Daar het hulle ook fasiliteite vir sulke onwelkome troeteldiere.
Mense besef nie hoe kan voëls wat in ‘n kou aangehou word, mors nie. Ook word alle voëls nie so mak sodat hulle met gemak hanteer kan word nie. Sommige bly byt al is hulle van kleintyd af hanteer – en dis BAIE seer.
En dan natuurlik die liewe marmosetapies. Baie oulik maar flippen stout as hulle die kans kry.
Marmotte is ook nie altyd die oulikste troeteldiertjies nie. Hulle word nie altyd regtig mak nie en kan ook nogal venynig byt as hulle nie lus is vir hanteer nie
Helaas sal daar seker weer ‘n hele paar lewende Kersgeskenke wees wat die nuwe eienaar nie altyd weet wat om mee aan te vang nie
@tina10, daar is ook slange spinnekoppe en skerpioene maar ek neem nie foto’s van sulke goete nie. Van hulle is gekonfiskeer met die onwettige inbring daarvan in die land in
tina10 het gesê op November 29, 2013
hehehe hoe lekker lag ek vir jou – jy moet erg banggat wees as jy nie eers foto’s neem nie.
Ja ek wens mense wil eers huiswerk doen voor hulle die diere aanskaf
rosiemetdorings het gesê op November 29, 2013
@tina10 Nee gits daar is baie oulike goed waaraan ek eerder my tyd spaneer 😛
Henry @kompethenry het gesê op November 29, 2013
Nice foties!
rosiemetdorings het gesê op November 29, 2013
@kompethenry mens stap in die hokke rond en hulle is baie mak dus is daar nie probleem van drade of voëls wat wegvlieg nie
Henry @kompethenry het gesê op Desember 4, 2013
Klink ‘n lekker plek!
maryna het gesê op November 29, 2013
Pragtige fotos, veral die marmosetapie is vir my mooi. Ja, dit is baie hartseer, die hele siklus van dierehandel en ongewenste troeteldiere soos jy hier beskryf.
rosiemetdorings het gesê op November 29, 2013
@marynam
hy skroom nie om op mens te klim nie. Meisie wat saam met ons was het lekkergoed in haar handsak gehad en hy’t probeer om daar in te kom
perdebytjie het gesê op November 29, 2013
Eintlik behoort die soort troeteldiere wat aangehou mag word,gelys te word.Dit sal miskien help dat eksotiese diere soos drakies,marmosette,slange,verskeie torspesies,insekte,reptiele ens.nie mee handel gedryf mag word nie.Dis ‘n skande wat daar buite aangaan in terme van dierehandel!
rosiemetdorings het gesê op November 29, 2013
@perdebytjie
met die nodige permit mag sommige van die goed aangehou word, maar meeste mense besef nie altyd vooraf wat die aard is van die diertjie wat hulle aanskaf nie.
ons het lank terug aanbod gehad van ou wat vir ons African Grey wou saambring uit midde Afrika. dit was net nie opsie nie – Doring wou die man glad nie in sy bedryf aanmoedig nie
Elly het gesê op November 29, 2013
Marmosetapie – ek het een gehad, Dit was permanent ‘n gebakleiery in my huis. Sy het altyd net op MY selfoon gaan piepie. En hulle stink ongelooflik baie. Mense vertel jou nie sulke dinge wanneer jy hul aanskaf nie. Daar is ‘n rede, altyd, hoekom honde en katte die beste troeteldiere is …
rosiemetdorings het gesê op November 29, 2013
@elly, hulle het die dierbaarste ou gesiggies, maar as ek reg verstaan pieps hulle ook in hulle hande en vat dan so aan alles
Carol R @ Losbek het gesê op November 29, 2013
Ek wens so mense wil ophou om diere te neem en dan te “dump” Dit maak my oneindig hartseer.
rosiemetdorings het gesê op November 29, 2013
@losbek
ek weet hulle is nie mense nie, en soms maak omstandighede dit moeilik om ‘n dier langer aan te hou, maar dan sorg jy dat hy by goeie huis uitkom waar hy welkom is
charly hardy het gesê op November 29, 2013
Dit maak my sommer hartseer
rosiemetdorings het gesê op November 29, 2013
@charly
die conure op 2e foto het so aan my seun se hempskraag kom knibbel, so half die gevoel gekry hy mis ‘n mens se aandag