Weeklikste tema : TROETELDIERE 2
November 28, 2013 in Uncategorized
Vega vertel van haar kleinseuntjie wat die wedervarings van speelgoed dinos op die rekenaar volg.
Dis nie presies dieselfde nie maar dit het my laat onthou van ‘n ander tipe van troeteldier uit my kinders se kleintyddae wat die wêreld met ‘n storm getref het. Wie van julle onthou dit nog? Die digitale troeteldiertjies genaamd tamagotchi. Die onderwysers het hulle naderhand by die skool verbied omdat die goed die kinders se aandag so afgetrek het.
Ek het die foto op die internet gaan uitsnuffel
https://www.google.co.za/search?q=tamagotchi&client=firefox-a&hs=9Qe&rls=org.mozilla:en-GB:official&tbm=isch&tbo=u&source=univ&sa=X&ei=4waXUv3ZJobsswbs8YHYCA&ved=0CDkQsAQ&biw=1366&bih=638
tina10 het gesê op November 28, 2013
Jjjjjjaaaa hulle was al te oulik. Vandag se kinders mis uit. Onthou jy die slammers in die tjips pakkies!
rosiemetdorings het gesê op November 28, 2013
@tina10
Iewers in my huis sal jy nog op ‘n sak vol slammers afkom!
exionperfexi het gesê op November 28, 2013
🙂 Ek het op ‘n kol, baie lank gelede, ‘n “pet rock” gehad waarvoor ek baie lief was . Hy het ingebed gele^ in ‘n hopie sagte strooi in ‘n klein dennehoutkissie en het ‘n blou strikkie om gehad en het net soos ‘n gladde Oranjerivierspoelklippie gelyk. Ek kan regtig nie onthou wanneer en waar en onder watter omstandighede ek hom toe langs die pad verloor het nie …
rosiemetdorings het gesê op November 28, 2013
@exionperfexi
Oulike troeteldier wat nie hoog is op enige uitgawes nie 😀
monicahaddad het gesê op November 28, 2013
Dis vir my nuut rerig nog nooit daarvan gehoor nie.
rosiemetdorings het gesê op November 28, 2013
@monicahaddad
jou kinders is so katspoegie ouer as myne, dink hulle was al effe groot hiervoor 😀
Carol R @ Losbek het gesê op November 28, 2013
Ek onthou. Baie ouers moes die goedjies in skooltyd “babysit”
rosiemetdorings het gesê op November 28, 2013
@losbek
Ek moes ook bybysitting doen! maar mannetjies was gelukkig nie te veel gepla nie
vega het gesê op November 28, 2013
Ek onthou hulle. My kleinseun volg nie die dinosourusse op die rekenaar nie. Die hele idee is om weg te kom van die rekenaar. Sy ma en pa pak elke aand die speelgoed dinosourusse op ‘n nuwe manier uit. Wanner hy opstaan sien hy die hele toneel in die kombuis of badkamer, op die stoep of in sy eie kamer.
rosiemetdorings het gesê op November 28, 2013
@avega
O dit klink nou baie ouliker as wat ek dit oorspronklik verstaan het. Ek het gedink daar is elke dag nuwe foto op daardie website wat jy gegee het waarna hulle dan gekyk en bespreek het
Net Ek @ cbl1979 het gesê op November 28, 2013
Ek onthou die goed!
Ek wonder net hoekom ek nooit een gehad het nie?
rosiemetdorings het gesê op November 28, 2013
@cbl1979
sal ek ook nou nie weet nie 😛
perdebytjie het gesê op November 28, 2013
Ja,die goedjies moes mos gevoer word,droog gemaak eord nes babas.As hulle nie versog is nie,het hulle doodgegaan.’n Baie plastiek manier om kinders verantwoordelikheid te leer..nogal oulik gewees.
rosiemetdorings het gesê op November 28, 2013
@perdebytjie
Sommige kinders het dit nogal ernstig opgeneem, myne sin dink ek het ‘n paar maal in die stof gebyt.
Daar is groot verskil tussen spelfoute en vingerfoute en die boodskap is verstaanbaar :D.
perdebytjie het gesê op November 29, 2013
@rosiemetdorings Ek sien in vandag se koerant,die tamagotchi is terug!
perdebytjie het gesê op November 28, 2013
Joe,verskoon al die spelfoute..’n tamagotchi het my beetgehad!
charly hardy het gesê op November 29, 2013
Nuut vir my.
Henry @kompethenry het gesê op November 29, 2013
Onthou hulle – My kinders was bietjie groot, as ek reg onthou,