Jy blaai in die argief vir 2013 November.

weeklikse tema: TROETELDIERE 3

November 29, 2013 in Uncategorized

Met Kersfees om die draai dink almal opnuut weer aan geskenke. Troeteldiertjies is tog al te oulik en cuddly, maak dus oulike geskenke.

Ek het sommer net ‘n paar foto’s wat ek gaan deel van troeteldiere wat nie meer welkom was nie en dan na een of ander sorgoord gestuur word ( as die dier gelukkig is).  Ek het so rukkie gelede foto’s geplaas wat ek by Butterflyworld tussen die Kaap en Paarl geneem het.  Daar het hulle ook fasiliteite vir sulke onwelkome troeteldiere.

Mense besef nie hoe kan voëls wat in ‘n kou aangehou word, mors nie.  Ook word alle voëls nie so mak sodat hulle met gemak hanteer kan word nie.  Sommige bly byt al is hulle van kleintyd af hanteer – en dis BAIE seer.

01

02

En dan natuurlik die liewe marmosetapies.  Baie oulik maar flippen stout as hulle die kans kry.04

Marmotte is ook nie altyd die oulikste troeteldiertjies nie.  Hulle word nie altyd regtig mak nie en kan ook nogal venynig byt as hulle nie lus is vir hanteer nie

03

Helaas sal daar seker weer ‘n hele paar lewende Kersgeskenke wees wat die nuwe eienaar nie altyd weet wat om mee aan te vang nie

@tina10, daar is ook slange spinnekoppe en skerpioene maar ek neem nie foto’s van sulke goete nie.  Van hulle is gekonfiskeer met die onwettige inbring daarvan in die land in

 

 

 

Weeklikste tema : TROETELDIERE 2

November 28, 2013 in Uncategorized

Vega vertel van haar kleinseuntjie wat die wedervarings van speelgoed dinos op die rekenaar volg.

Dis nie presies dieselfde nie maar dit het my laat onthou van ‘n ander tipe van troeteldier uit my kinders se kleintyddae wat die wêreld met ‘n storm getref het. Wie van julle onthou dit nog? Die digitale troeteldiertjies genaamd tamagotchi. Die onderwysers het hulle naderhand by die skool verbied omdat die goed die kinders se aandag so afgetrek het.

Ek het die foto op die internet gaan uitsnuffel

 

tamagotchi

https://www.google.co.za/search?q=tamagotchi&client=firefox-a&hs=9Qe&rls=org.mozilla:en-GB:official&tbm=isch&tbo=u&source=univ&sa=X&ei=4waXUv3ZJobsswbs8YHYCA&ved=0CDkQsAQ&biw=1366&bih=638

@tina10

Weeklikse tema uitdaging: TROETELDIERE

November 26, 2013 in Uncategorized

Van ons huidige troeteldier, tans net 1 in ons lewens, het ek alreeds ‘n handvol foto’s hier gewys, dus gaan ek oor iets anders skryf.

Daarom nou ‘n foto van die vorige hond wat ons gehad het.  ‘n  Opreggeteelde mongrel, met die mooste geaardheid en maniere waaraan jy kon dink. Hier op ongeveer 11 jarige ouderdom het sy ruggie ingegee en moes ons hom laat uitsit.

ou flappers

Flappie

die volgene foto is nie iemand se troeteldier in die besonder nie, maar so bietjie spog.  Dis ‘n foto van ‘n skildery wat een van my kinders op ‘n stadium geverf het – A3 grootte

hond

skildery van hond

 

@tina10  – loop met nog iets in my kop, moet dit egter nog formuleer

 

Turkse ete

November 23, 2013 in Uncategorized

word ek toe genooi  vir ‘n Turkse ontbyt vir gisteroggend.  Ek is baie lief vir die ingevoerde gedroogde Trukse appelkose, en het dus uitgesien daarna. en was dit nou lekker.  Buiten dat vriendin se tafel soos ‘n feesmaal gelyk het, kon ons klomp lekker weggelê aan alles wat te ete was:  dadels, olywe, neute, rosyne en dan ook die gedroogde appelkose. Vir kleur het sy aarbeie en waatlemoen bygesit. Vir hoofgereg het ons pietabroodjies  gevul met gekookte eiers en so brinjalkonkoksie, en ‘n gerookte varksosatie gekry. Daarna is die ete afgerond met heerlike geurige turkse koffie – sterk!

nog kleinerdie drankie in die glasie was rooibostee met appelsap.  onder in die glasie was so klein geel appel wat dit baie interessant laat lyk het.  Daar was egter kassia ook bygevoeg – proe soos kaneel wat nie my persoonllike smaak is nie.

 

 

 

 

Weeklikse Tema: Musiek

November 22, 2013 in Uncategorized

STRAATMUSIKANTE

kompie jare gelede was ek getrakteer op ‘n Saterdagoggend mark  – as ek reg onthou in Notting hill.   Hierdie gypsievrou het op haar ghitaar getokkel en gesing.  Sy het  die hele omgewing opgekikker daardeur.  Sy was nogal goed en mense het stilgestaan en geluister en kinders het op maat van haar musiek rondgetrippel.  Let ook op dat die mense agter haar se gesigsuitdrukkings spreek van waardering. Die munte het ook vinnig in haar sakkie geval.

street rythm

die singende gypsie

Die Hoofdoel van ‘n straat musikant is maar om te bedel.  Die ou hier onder het ‘n weird instrument – so kruising tussen ‘n viool en trompet.  Hy was meer as bereid om vir die foto te poseer want dit geskied altyd teen ‘n betaling

viopet

‘n viopet

  Hiedie ene is wel nie die tipiese bedelaar nie, maar ‘n jong kind wat nogal baie talent geopenbaar het.  Natuurlik ook om ‘n geldjie daarmee te verdien, maar sekerlik net op ‘n tydelike basis.

straatmusikant jonk

talentvolle trompetspelertjie

Dan gooi ek sommer ook die ouding vir @ladygodiva hierby in.  Dit was Doring se ouma se klavier waarop sy musiekles gegee het.  Hoe oud hy is weet ek nie, wat ek wel gehoor het is dat die fabriek waar hy vervaardig is tydens WW I afgebrand het

klavier

ons eie wit olifant

@tina10.  ek loop al die hele week en beplan hieraan  😯

 

 

Weeklikse uitdaging : NUUT

November 16, 2013 in Uncategorized

Hierdie is voorwaar ‘n nuwe vir my want ek gaan niks wys nie.  😛

@twaksak moet eintlik hier kom regtrek waar ek die spoor byster raak want ek gaan skryf oor iets wat ek baie bitter min van weet.  Etimologie is die woord wat hy daarvoor gebruik het en ek het in die jare 19voertsek laas daarmee op skool te make gehad.

De etymologie is het deelgebied van de taalkunde dat de herkomst van woorden bestudeert. De etymologie van een woord is de historische verklaring voor de manier waarop de vorm van het woord tot stand is gekomen; daarom wordt het ook wel de woordherkomst (Duits: Wortherkunft) genoemd.

Ek wonder toe eintlik meer oor die woord nuus en sy Engelse eweknie news.  Wat, as ek so daarna kyk moes afgelei word van nuut & new.  Dan dink ek oor die nuus wat vir ons opgedis word en wonder wat is nuut daaraan.  Altyd maar dieselfde mense wat droogmaak en bollie aanjaag en dan die nuus haal.

@tina10  liewer laat as nooit  😀

 

 

kinders!

November 11, 2013 in Uncategorized

Vrydagmiddag laterig doen ek iets wat ek lankal afgeleer het om te doen en dit is om op my kinders se Facebook blad te gaan loer wat in hulle lewens aangaan.

Ek het eenmaal kommentaar gelewer op oudste se blad en het ‘n goeie skrobbering ontvang omdat dit nie cool is as ma haar eiertjie daar lê nie.   Toe “defriend ” ek hom.  So paar maande later vra hy my wat ek dink van foto wat hy op FB gesit het.  Toe ek hom inlig dat ek dit nie kan sien nie, was hy baie verbaas want die foto is nie privaat gemerk nie.  Deel hom toe maar ewe droog mee dat ek nie meer met hom FB vriende is nie na daardie episode.  Dit het hom nogal effe verleë gehad en die status quo is toe weer herstel.  Van toe af bly ek weg van hulle FB blaaie.

Ok terug by Vrydagmiddag – ek loer in by  jongste se FB blad.  Groot is my ontsteltenis om daar te lees dat iemand hom sterkte toewens met die verdediging van sy M graad! en hy het ons nie eers laat weet nie.  Natuurlik bel ek hom toe dadelik waarop hy my meedeel dat hy nie issue daarvan wou maak nie.  Al wat ek kon doen was om hom geluk te wens.  Buiten vir klompie veranderings wat hy moet aanbring, is hy nou finaal klaar met studeer.

gradeplegtighied

3 jongmense saam vanaf laerskooldae, ontvang saam hulle graad – 2009

Is dit nodig om by te voeg dat ek baie trots is op hom

 

Die weeklikse bloguitdaging : TEKSTUUR

November 8, 2013 in Uncategorized

Nadat ek baie lank na julle almal se teks getuur het, het ek nou heel ander persepsie van tekstuur.

Ons is dit almal eens dat elke oomblik ‘n emosie vn een of ander aard is en so ook dat elke item ‘n tekstuur van een of ander aard het.

Hier op deie blog het ek nou ewe tereg ook gelees dat selfs emosie  tekstuur kan hê.  Ek gaan egter hou by fisiese teksure om my

Gaan begin met ‘n loper wat ek donkiejare het en wat ek al ‘n slag gekleur het omdat hy so verbleik was.  Die verskillende weefpatrone en woltipes wat gebruik is om tekstuur  te verleen,  het dit vir my besonders gemaak

03

loper

 ‘n Skilderytjie wat vriendin een maal vir my geverf het, is redelik glad  buiten vir die stert waaraan sy meer teksuur verleen het, wat dit vir my heel besonders maak

01

my kieterkatte

02

die stert van naderby

Ons TV kamer het growwe binnemure en soms wil ek dit met met alle geweld toepleister.  Dan gaan daar weer maande om wat dit my nie kan skeel nie,  dink net dat ‘n kind se nerwe sal waai as hy teen so muur moet skuur.

05

regtig baie grof vir binnemuur

04

boonop gruwelike stoftraps

Dan so nagedagte:

My middelkind het permanent so met sy een handjie agter sy ruggie geloop .  Daar het hy die syerige tekstuur van die labeltjie van sy broek bevoel en bevryf .  Hy was ook baie lief vir sy een kombersie wat ‘n satyn afwerking gehad het.  Saans het hy so ewe dierbaar geroep:  Kom bersie.   Dan het hy met bersie in die hand die pad gevat kamer toe.

op hierdie noot, heerlike naweek vir julle almal

@tina10.  Agterosse kom in die kraal en dan nog die ou koei ook agterna.

Uitdaging week 8 Hout 2 (vervolg)

November 1, 2013 in Uncategorized

Ek gaan julle dalk verveel met hierdie ene – hou dus maar verby as jy so voel ( as ek Tina mag na-aap)

my vorige blog se foto’s kom van hierdie kerk af

bordjie

oud ne

Ek het teruggegaan om weer na die foto’s te kyk wat ek die dag daar geneem het want ek onthou toe dat die binnekant nie net mildelik met hout versier is nie, maar dat vele van die loodglasvensters ook bruin glas ingehad het.  Ek sien toe dat ek nie juis daarvan foto’s het nie, maar tog wel ene wat wat kykie gee oor hoe die syegange aan weerskante lyk – met al die houtstandbeelde

nog hout

syegange met baie houtwerk

dis nou nie hout nie, maar net om die idee te gee van die bruin hout effek wat verder deurgevoer is in sommige van die glaswerk

turnhout baie bruin

Baie bruin glas in venster