Jy blaai in die argief vir 2013 Oktober.

Uitdaging week 8 Hout 2

Oktober 30, 2013 in Uncategorized

Dieselfde tema net ander dorp se kerk se preekstoel

turnhout kerk

sint Pieters kerk te Turnhout

Regs op die foto is die preekstoel wat ook ‘n meesterstuk is as dit kom by vakmanskap. Hier was nogal heelwat standbeelde uit hout gesny in hierdie kerk waarvan baie kewerskade gehad het.

turnhout preekstoe

van naderby bekyk – die wonderlike visvangs

Regs agter op die laaste foto is van die ander standbeelde sigbaar

Uitdaging week 8 Hout 1

Oktober 28, 2013 in Uncategorized

Ek weet ek het al hierdie foto’s geplaas, maar dit bly van my grootste gunstelinge.

vol foto

preekstoel in St Peters katedraal Leuven

petrus&haan

Petrus en die haan van naderby

katedraal houtsnee detail

so klein bietjie detail

2 goed wat ek wil weet

Oktober 21, 2013 in algemeen

eerstens.

Vanoggend weer ‘n kommentaar gekry wat ek moet modereer

Dit verstaan ek, voordat enige persoon vir die eerste maal op blog kommentaar kan lewer, moet hy eers toegelaat word.  Ek het die afgelope ruk nou al ‘n paar keer kommentaar op blogs wat ek 2JAAR gelede al geskryf het, gekry.  Gebeur sulke dinge bly enige ander bloggers ook??  dis ook nie vanaf mense wat ek elders sien blog of lees nie

tweedens

Wie of wat is Evie White?  Dit lyk vir my baie spammerig daar

en dan nou een ding wat ek wil vertel.  Daar word beweer dat hoe sterker die sedoos in die Kaap waai, hoe meer reën kry die binneland.  Dan wil ek julle waarsku om gereed te maak vir baie water.

polities korrekte katjies

Oktober 17, 2013 in Uncategorized

Hierdie is oorgeplak en dit is blykbaar die oorspronklikheid van iemand met die naam van  Lothar Heinrich. So, dankie Lothar, ek het hierdie ene regtig baie geniet.

Dogtertjie met klein pasgebore katjies sit op die sypaadjie. Jacob Zuma kom verby en vra watse katjies is dit. Sy sê dat dit  ANC katjies is.

Volgende dag is hy terug, baie opgewonde, met ‘n hele TV span en vra haar weer watse katjies dit is. Sy sê dit is DA katjies. Hy sê maar gister was dit dan ANC katjies!

Sy antwoord toe: Ja, maar vandag het hulle ogies oopgegaan..

Emosies

Oktober 16, 2013 in Uncategorized

Is uitgelatenheid ‘n Emosie?    Verseker

Vega, jy het my hierdie insident weer laat onthou

Sal dit kort probeer hou.

In die tyd wat ons in België was, het ek vir  ‘n ruk Suid-Afrika toe gekom.  Aangesien ek iemand gehad het wat in die huis gebly het, het ek voor ons weggaan die hoofslaapkamer heeltemal ontruim sodat hulle daarin kon bly.  Gevolglik het ek die spaarkamer betrek terwyl ek tydelik hier was.

Net voordat ons end van laas jaar finaal sou terugkeer, val die reëlings vir verblyf vir die persoon wat toe in die huis gebly het plat.  Ek het voor Doring omgedraai en was net vir ‘n dag of wat hier, voordat ek weer na troue van vriende se kind gegaan het.  Gevolglik het ek haar gerusgestel en gesê dat dit vir my geen probleem was om weer tydelik in die spaarkamer te slaap nie. Net na Kersfees is sy uit en ek het nie dadelik oorgetrek nie omdat ek eers die kamer goed wou spring clean. Die matte is gewas en vir dag het die kamer leeggestaan.  Die volgende middag laat het ek die bed opgemaak en my besittings so stelselmatig begin oortrek.

Toe besef worshond ek trek weer in ons kamer in. Hy moes weet wat dit beteken en het soos ‘n mal ding op en af in die gang gehardloop en esse gegooi deur die huis. Sommer 10X meer uitgelate as wat hy was die dag toe ek by die huis gekom het.

weeklikse uitdaging: emosie (voorlopige ene)

Oktober 15, 2013 in Uncategorized

Anders as gewoonlik wou ek vandag vertel en nie wys nie

Ek wou skryf van ‘n emosie wat ek gisteraand ervaar het, maar het besef dat ek dan ‘n aap uit ‘n mou gaan laat wat dalkies nie eers saak maak nie. Weet mos egter nooit wie “toevallig” hier kom lees nie – as ek dan vir die wêreld  uitbasuin wat nog hierdie naweek gaan gebeur, sal  die gort sekerlik gaar wees.  Dus sal hy moet wag vir Sondag.

Dan wys ek maar voorlopig emosie  vir julle.

lentedag2013

knus en tevrede al was dit al 1 September

Hy is mal daaroor om toegemaak te wees

Ek weet ek het die volgende foto al in die verlede geplaas, maar hopelik so lank terug dat min van julle dit kan onthou

friendship

Salig – onse Pennetjie

Sy is al in die honde hemel maar dit was elke middag na werk se dinge hierdie.

orgaanskenking

Oktober 13, 2013 in Uncategorized

Ek glo daar is meer mense wat nie orgaan-, bloed- of beenmurg skenkers is nie as wat wel hulle self verbind het to so iets.

Op ‘n stadium was al vier die manne van hierdie huishouding bloedskenkers.  Pa het ophou skenk toe bloed nie meer so veilig begin word het, met die gedagte dat hy liewer homself sal spaar vir ingeval iemand in die gesin of familie bloed benodig.  Oudste het ophou skenk toe hy oorsee is, middelste werk in omgewing waar hy peste en plae kan opdoen wat dalk oorgedra kan word en jongste het infeksie opgedoen waar hulle die naald ingesit het om bloed te trek. En ek?  Ek moes al op ‘n kol self bloedoortapping kry, het dus nie eers genoeg vir myself gehad nie, wat staan nog vir uitdeel.

Ander organe?  Ek glo en weet ontvangers is dankbaar oor nog ‘n kans wat hulle kry. Steeds voel ek nie daarna om reste van my uit te deel nie.

Maar hierdie perd, Cameron Lyle, is ‘n voorbeeld vir ieder en elk van ons mense

http://www.dailymail.co.uk/news/article-2313319/Cameron-Lyle-Heroic-college-athlete-21-gives-shot-career-donate-bone-marrow-leukemia-sufferer.html

 

 

 

 

 

klip

Oktober 12, 2013 in Uncategorized

Ek wou foto’s gaan soek van klipperige omgewing waar ons so paar jaar terug was toe kom ek op foto’s af wat Doring met my vorige kamera nog bo-op Tafelberg geneem het.

op Tberg 1

bo-op Tafelberg

ek kry toe ook hierdie ene van iets se gebeente wat iewers op ‘n plaas in Prins Albert omgewing geneem is

fossiel

Fossiel

so paar jaar gelede was ons in Knysna . Hierdie klipwerk was sigbaar vanaf die boot waarmee ons op die meer gevaar het

klipwerk

pad opgebou met klippe

En dan natuurlik die ongelooflike riwwe van die Swartberge. Hierdie was in Meiringspoort

 

in Meiringspoort

Meiringspoort

 

rooi oktober

Oktober 11, 2013 in Uncategorized

Berig oor Prof Wybenga

ek het ‘n hele paar versoeke gekry om rooi ballon op my profiel aan te bring.

Aangesien ek my eie politieke oortuigings het wat nie met verlinkses of verregses strook nie, lees en luister ek maar so na alles en doen en dink my eie ding. Terwyl ek nou hier tik kom die gedagte by my op dat ek my eie geloofslewe ook min of meer so kan beskryf

Helaas was die allereerste boodskap wat ek vanoggend oopmaak hierdie meegaande artikel oor prof Wybenga se moord. Ek weet net nie of ‘n rooi ballon ons land gaan red nie

weeklikse tema Idiome 2

Oktober 3, 2013 in Uncategorized

 

12

hierdie ene is baie beslis nie in sy dop gekruip nie

11

Hierdie 2 is voëls van eenderse vere

fluit fluit my storie is uit