Jy blaai in die argief vir 2013 September.

weeklikse uitdagings: Spreekwoorde 1

September 30, 2013 in Uncategorized

Ek is baie bly Carol het die voortou geneem om Engelse idiome voor te stel, want dis wat in my kop ronddraai vandat ek Tina se aankondiging gesien het.  Voorlopig is dit die 1e ene, dalk kom daar nog – ek bedink dit nog effens

So hier gaat ek

LET ME TELL YOU ABOUT THE

09aand the

by by krokusand the

kersiebloeisels2and the

groen plafonNou weet ek nie eers of hierdie ene kwalifiseer nie, nogtans was dit lekker om dit so saam te gooi

Eindelik! & how to pick up chicks (dis nou vir die manne wat nog hier rondsluip)

September 30, 2013 in Uncategorized

09.30 eindelik

vroeg-oggend

Vanoggend vroeg loer die son oor die Hottentotshollandberge vir my terwyl ek in Doring se kantoor staan en uitkyk.  Toe weet ek ek moet dadelik vir die wat belangstel, die groot klip wys.  Die straatligte het nog gebrand maar die eerste strale van die son was al vir ‘n rukkie uit.

nou die manne gedeelte:  HOW TO PICK UP A CHICK.

chicks

3 maklike stappe

Sirkels

September 25, 2013 in Uncategorized

Nadat ek my passasier afgelaai en weer teruggedraai het huis toe, vang my oog die Stadsaal se horlosie.

Ek kyk hom so en besef hoe gepas is dit om tyd in ‘n sirkel voor te stel.  Ons kom kaal en met niks in hierdie wêreld, leef elkeen sy eie bestemde leeftyd uit en voltooi dan die sirkel deur kaal en met niks die ondermaanse weer te verlaat.

01

horlosie

Die gebou is so pragtig dat ek dit tog gewaag het om nader te ry om die foto’s te gaan neem.

02

stukkie van toring

Ek dag toe ek moet julle tog maar wys hoe ver van somer af is dit nog hier by ons. Let op na die spikkeltjies links van die gebou op die voorgrond, dis motors van mense wat wag om met kabelkar op te ry.  Hier is nie wind nie en die weerburo verwag dat die mis sal lig.  Dan sal hulle begin op en af ry.

03

mis oor die berg

my kleintyd gunsteling kom egter ook in sirkels

04

smarties

@tina, ek wonder nou of hierdie aapstertjie die boodskap by jou uitkry?

tema:swart en wit

September 16, 2013 in Uncategorized

ter inligting hierdie is kleurfoto’s van die ad

 

is hulle nog beskikbaar?

fotoverhale

volbladadvertenise

hulle hardloop seker nou nog

 

kleur

September 13, 2013 in Uncategorized

snaaks toe ek so na Zeppie se gekleurde papiertjies kyk onthou ek weer hierdie gewilde liedjie waaroor ek mal is.

die vrou kan darem maar sing!

colour my world

Tina se blog uitdaging: Kleur

September 10, 2013 in Uncategorized

KLEUR

Tina het kleur as keuse vir ‘n volgende bloguitdaging gekies

Vir my is daar niks mooier as sagte pastelkleure nie, appelkoos, pink, mentgroen.    Enkele voorbeelde is hierdie ruikers wat my hart gesteel het.

Turnhout

Aachen

Dan is daar natuurlik die storie van ‘n ander kleur.

As arm land het Switserland hulle uiters goed gedissiplineerde soldate aan ander lande uitgehuur veral om as wagte maar soms ook as vegtende soldate op te tree.  Die volgende skryf ek bloot op hoorsê .  Die moontlikheid het bestaan dat hulle teen mekaar in dieselfde veldslag te staan kon kom – Daarom uiters kleurvolle uitrustings sodat hulle mekaar nie sou afmaai nie.  Of dit regtig so is sal ek nie weet nie.

Wat wel gebeur het was dat die Katolieke kerk van hulle wagte se diens begin gebruik maak het om die Vatikaan te bewaak al hier van die 15e eeu af. Vandag nog word hulle daarvoor ingespan in uniforms wat sedertdien nog nooit verander het nie

wagte by die Vatikaan

Mannetjie op regterhand was uiters onbeskof teenoor mense wat op soek was na ‘n plek en gedink het hulle moet deur daardie hek gaan.  Het nie gewag om te sien wat gebeur nie.

Waag dit om by my verby te gaan

 

 

 

 

my omgewing

September 8, 2013 in Uncategorized

steeds op hierdie onderwerp

Ons bly teen ‘n bult met uitsig oor vallei na woonbuurt teen oorkantste bult.  Ek kyk graag by die venster uit want amper nie 2 dae is die prentjie dieselfde nie.

gedeeltelik bewolkte dag

sonsondergang

vroegaand effens reënerig

later daardieselfde reënerige aand

mistige oggend

begin van koue fron(s)t wat alweer laat vanmiddag inbeweeg het

alles vanuit my voordeur, soms net in verskillende rigtings

 

Net Ek se uitdaging

September 4, 2013 in algemeen, suid-afrika

kom wys jou omgewing vra Net ek

Hierdie is nou wel so ongeveer 10 kilometer van ons af maar ek deel dit graag met julle.  Josfien (wat nie meer blog  nie!!) het my hierdie plek gaan wys en sedertdien het ek al ‘n hele paar van my besoekers geneem om die plekke te  gaan besigtig.  Dis so klein kompleks in die middel van Durbanville se sakekompleks met verskeie innoverende besighede wat daar bedryf word.  Die hoofgebou se geskiedenis ken ek ongelukkig nie.

gebou van voor af

1e padpredikantjie

2e padpredikantjie

annekse waar al die dinge gebeur

die mosaiek studio se bord

iemand se handewerk

die vrou se hare van naderby gesien

in die keramiekmuseum

Tailor’s dummy van Bea Jaffray

nog van Bea se werke  of ook  hier

Sy maak klein teeltjies van ongeveer 2.5 X 2.5 cm en heg hulle dan aanmekaar om paneel te vorm

(onthou tog om te kliek op die foto’s vir beter detail)

 

 

1 September 2013

September 1, 2013 in Uncategorized

Wil net by julle weet of dit lyk na lentedag?

.  Stelsel weier  ongelukkig om opskrif  op voorblad te wysig