spesiaal vir Tina

Augustus 8, 2013 in Uncategorized

Ek staan skuldig as dit by blogging kom.

Daar gebeur egter so niks in my lewe dat ek dit nie met julle kan deel nie.

Ons beleef tipiese nat Kaapse winterweer en my kaggelvuur knetter dag en nag.  So tussendeur het ons darem ook lekker sonskyn dae.  Die plante in die tuin dink egter almal dat lente hier is.  Ek het so draai  buite deur die “tuin”* gegooi en sal maar  met julle deel wat ek raakgeloop het.

Algemene naam van drolpeer.  weet regtig nie hoekom so pragtige plant so aardige naam gekry het nie

Dombeya

 

Ek het die plant leer ken as ‘n keurtjiebos, maar sien nou oral word gepraat van bloukappie.

Polygala myrtifolia

 

viburnum

 

Ons bure se sipresbome groei baie fluks na ons kant toe oor.  die arme teebos staan onder hulle en beur sommer so na een kant toe om meer lig te kan bekom

Leptospermum

Fluit fluit my storie is uit.

 

*  dis nie meer ‘n tuin nie, net ‘n klomp plante wat hulle deeltjie gewilliglik bydra

 

15 antwoorde op spesiaal vir Tina

  1. Dankie vir die deel.

  2. Sjoe al wat by my blom is duisende kappertjies en amandelbloeisels.Daai klomp plante lyk vir my heel gelukkig.

  3. tina10 het gesê op Augustus 8, 2013

    Ek is baie beïndruk met jou plante kennis … ek gaan gewoonlik kwekery toe koop wat vir my mooi is!

    • @tina10
      Tina as ek eendag in die hemel kom wil ek heel dag net in die tuine werk – baie lief vir tuinmaak maar die lyf kan dit nie meer hou nie. een van ons vorige buurmanne het my altyd die tuintannie genoem

  4. Mooi bly maar mooi.

  5. Twaksak het gesê op Augustus 9, 2013

    Mooi. Drolpeer, perdepisbossie, die oumense was nie op hulle se bekke geval nie. Wat sal gebeur as vandag se mense die name moes gee? F… dit en f… dat?

  6. Kyk net hoe mooi! Die natuur is darem maar wonderlik!

  7. Andre het gesê op September 10, 2016

    Waar groei perdepisbossie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.