Jy blaai in die argief vir 2013 Augustus.

spesiaal vir Tina

Augustus 8, 2013 in Uncategorized

Ek staan skuldig as dit by blogging kom.

Daar gebeur egter so niks in my lewe dat ek dit nie met julle kan deel nie.

Ons beleef tipiese nat Kaapse winterweer en my kaggelvuur knetter dag en nag.  So tussendeur het ons darem ook lekker sonskyn dae.  Die plante in die tuin dink egter almal dat lente hier is.  Ek het so draai  buite deur die “tuin”* gegooi en sal maar  met julle deel wat ek raakgeloop het.

Algemene naam van drolpeer.  weet regtig nie hoekom so pragtige plant so aardige naam gekry het nie

Dombeya

 

Ek het die plant leer ken as ‘n keurtjiebos, maar sien nou oral word gepraat van bloukappie.

Polygala myrtifolia

 

viburnum

 

Ons bure se sipresbome groei baie fluks na ons kant toe oor.  die arme teebos staan onder hulle en beur sommer so na een kant toe om meer lig te kan bekom

Leptospermum

Fluit fluit my storie is uit.

 

*  dis nie meer ‘n tuin nie, net ‘n klomp plante wat hulle deeltjie gewilliglik bydra

 

2 stories

Augustus 6, 2013 in Uncategorized


lente is om die draai.  Al is dit nog koud genoeg om die kaggelvuurtjie te laat brand, is daar oral in die tuin die eerste tekens van lente.

Basiese gesondheid

Six Basic Rules For Good Health

1. F***ing once a week is good for your health, every day is even better.

2. F***ing gives proper relaxation for your mind & body.

3. F***ing refreshes you.

4. After F***ing don’t eat too much … Go for more liquids.

5. F***ing can even reduce your cholesterol level !!!

SO …. REMEMBER …

 .

.

.

.

.

.

.

.

.

 

 

6. FISHING is good for your health and soul …

And may the Good Lord cleanse your Filthy Mind !!!

 

 

 

 

Bestuurskole

Augustus 3, 2013 in Uncategorized

Gister kom ek agter ‘n motor te lande van een of ander bestuurskool.  Die voertuig beweeg teen ‘n slakkepas en toe ek eindelik die kans kry om verby te gaan, sien ek ‘n erg senuweeagtige meisietjie agter die stuurwiel.  Hopelik was dit haar heel eerste les en gaan dit met haar in die nabye toekoms  baie beter gaan agter ‘n motor se stuurwiel.

Waaroor ek toe wonder is die arme instrukteur wat saam met so persoon die verkeer moet aandurf.  Het hulle absolute senuwees van staal of sluk hulle elke oggend eers ‘n hand vol pille voordat hulle hul dagtaak aanpak.?

Van my kant af sê ek ook dankie vir Piet se bestuurskool en vir ‘n Marietha ( kan nie eers meer die naam van hulle besigheid onthou nie) wat die stress op hulle geneem het om my drie deur daardie drif te gekry het.

Sommer net so terloops:  ons het die heerlikste sonskyn dag, as dit nie vir die weervoorspelling was wat vertel dat dit nog net ‘n dag of 3 gaan hou nie, het ek gedink die lente is hier.