my lewe die laaste tyd
Junie 29, 2013 in Uncategorized
Alle mense is seker soms tot ‘n minder of meerdere mate redelik harregat. Die laaste klompie maande was dit Doring se spesialiteit. Hy het begin kla oor rugpyn waarvoor die dokter vir hom spierverslappers en pynpille gegee het. Dan gaan dit so rukkie aan en hy begin weer kla. Weer dokter toe en weer pille. So tussendeur gaan hy na die fisio en sy het al begin knor dat hy meer as net spierspasma het. Dokter stem nie met haar saam nie en vertel dat fisio en X-strale eintlik net ‘n geldmaak foefie is. Ondertusssen was sy konsultasies self ook al ‘n goeie sak vol geld.
Eergister gee fisioterapeut einde te laaste self ‘n verwysing vir X-strale. Wat ‘n skok! Sal nie uitwy nie maar net noem dat die ortopeed wat hom kon sien (almal is óf reeds weg óf op pad met vakansie) eintlik in onderste ledemate spesialiseer, maar het hom gebied om homself baie stil te hou totdat hy die 9e by neurosjirurg afspraak kon kry.
Soms was sy pyn so erg dat hy nie kans gesien het om self te bestuur nie en daar net goed by die werk was wat hy moes afhandel. Groot projek wat baie agter geraak het die tyd wat hy in België was, wat hy nie weer wou laat vashaak nie. Op sulke dae het ek dan maar boek gevat en chaufeer gespeel. Die een dag het ek egter my kamerra saamgesleep en fotos in die omgewing geneem.
Net so bietjie agtergrond: Met die amalgamasie van tersiêre instellings het die Weskaapse Tegnikon en die Tegnikon Skiereinland saamgesmelt om CPUT te vorm. daar is nou verskeie kampusse en doring bevind homself by die Zonnenbloem kampus wat op die gronde van die ou Distrik Ses gebou is. So handjie vol geboue het behoue gebly en kan ook hier en daar op die kampus gesien word.
Onlangse kommentare