Jy blaai in die argief vir 2013 April.

tattoo’s

April 27, 2013 in Uncategorized

nou al ‘n groot verskeidenheid van beskilderde mense gesien

grillerig?

 

maar vandag vir die eerste maal van wit tattoo’s gehoor

 

soos ‘n papierdoilie

http://likes.com/misc/gorgeous-white-ink-tattoos?pid=94202&utm_source=mylikes&utm_medium=cpc&utm_campaign=ml&utm_term=24589940

 

lok film ontwikkel vir Net ek

April 24, 2013 in Uncategorized

Op voorgrond die N1 stadswaarts vroeg oggend

 

on a clear day…………..

 

For English, press 1….

April 23, 2013 in Uncategorized

……..vir Afrikaans, druk 2.

Daarom druk ek 2 want ek weet ek kan myself netmakliker en beter uitdruk in my eie taal.

Die oproep word deurgesit en weer eens kry ek my opsies

Rekeningverwante navrae druk 1

Kaartverwante navrae druk 2

So voeter dit aan  en weereens maak ek my keuse.

Die volgende oomblik vertel die blikstem my dat hulle my graag so gou as moontlik wil bedien , en daarom sal dit nie noodwendig in die taal van my keuse wees nie.  En dit was toe ook nie!

Goeie  voorstel aan hulle is om heel aan die begin aan te meld en te noem:       ABSA bedien telefoniese navrae net in Ingils. Dan is daar minstens nie by my vir ‘n paar oomblikke die verwagting dat ek nie gaan sukkel om my saak te stel of om die konsultant te verstaan nie(Eish dis ook weer ‘n ander nagmerrie)

PS: As Tina nou  hierdie blog geskryf het, sou sy wel ‘n gepaste prentjie vir die storie byderhand gehad het. Ek het nie ene nie daarom plaas ek sommer ‘n heel onrelevante foto net om my blog op te kikker.

Het hierdie laatherfs blommetjie nou die dag by kwekery raakgesien

Sexy Rexy

 

na dese sal daar seker nie meer omdraai wees nie

April 19, 2013 in Uncategorized

Oudste gaan vanmiddag vir onderhoud vir sy  “uk visa for indefinite leave to remain”

Na hande vol werksaansoeke wat net so met ‘n dankie maar nee dankie briefie teruggestuur is, het hierdie kind van my met groot onsekerheid op die vliegtuig geklim en ‘n heenkome in Engeland gaan soek.  Hy’t vir hom netjiese klere gekoop vir ingeval hy tog werk sou kry maar was redelik onseker van homself.  ‘n Paar maal het hy opgemerk dat hy hoop dit sal nie vir hom nodig wees om met die klere op die straathoeke te staan en hotdogs te verkoop nie.

Langs storie, maar hy is middel Februarie 2007 hier weg en 1 April het hy aansoeke ingedien gehad, vir onderhoude gegaan en met ‘n nuwe loopbaan begin. Dit nadat hy tydens sy 2 jaar wat hy aan sy meestersgraad gewerk het nie ‘n enkele werksaanbod op enige van sy aansoeke ontvang het nie.  Onnodig om te noem dat dit destyds baie sleg was vir sy selfbeeld.

Ek sit vandag met gemengde gevoelens en tranerige ogies.  Dis nou finaal. Lewenskostes is hoog in UK veral nog meer in Londen, maar hy het net soveel meer bereik as wat hy ooit hier plaaslik in hierdie tyd sou kon doen.  (indien iemand tog vir hom die geleendheid sou gee om te probeer)

Die tydjie wat ons in België was het ons hom darem lekker baie gesien.

Hier wag hy geduldig vir sy ma om foto’s te neem tewyl hy die eerste lentesonnetjie na die lang Europese winter geniet.

April 2012

 

 

ek gaan aansluit by die polisie

April 17, 2013 in Uncategorized

Kyk as elke poliesman met so voertuig kon rondrits………….

hoe bly jy binne die snelheidsgrens in so vuurwa

die volledige artikel hier te lese

http://www.belfasttelegraph.co.uk/lifestyle/motoring/dubai-police-get-360000-lamborghini-aventador-worlds-most-expensive-patrol-car-29191145.html

 

wrm             wrmmm                    wrmmmmmmm

 

 

Recycling

April 15, 2013 in Uncategorized

Herwinning is deesdae groot in onse omgewing.

Terwyl ek toe nou die afgelope naweek die mayonaise botteltjie uitspoel vir die herwinnigsdrom staan ek en wonder wat die effek op ons land se water voorrraad is.   Ek  weet nie watter goed kan net so herwin word en wat moet eers deeglik gewas word.  Dan is daar seker goed wat ook weer opgerol moet word!  😀

foto vanaf FB vriend (Thx Siegfried)

effe geblur maar glo julle kan sien wat dit is.

 

visvang en hengel

April 14, 2013 in Uncategorized

Deesdae is ek nogal baie met die visse deurmekaar  😀

Iewers het ek al gemeld dat my manne ‘n week gelede gaan visvang het.  Doring praat toe daarvan by die werk en van sy kollegas is vuur en vlam – hulle wil ook gaan.   Nie net  omdat die visse so gebyt het nie, maar omdat hulle ook weet die omgewing pragtig is.  Almal mense wat niks weet van visvang af.

Die resultaat – gister is ons toe weer viswaters toe. Hierdie keer gaan ek ook saam.  Ek vat my kamera want om so stip na ‘n kurk poliesman aan ‘n lyn te staar is nie vir my nie.  Vroegoggend toe ons daar kom was dit nogal kouer as wat ons verwag het en meeste van ons was maar effe traag.

Later het dit  heerlik warm geword. Ek het rondgedwaal en alles wat ek sien afgeneem. Die een man en sy vrou het gouerig vertrek. Ek en Doring het bietjie verder op die terrein gaan rondstap en toe ook opgepak en huis toe gegaan.   Almal het gepraat van die byte wat hulle gehad het maar dit het geen vis opgelewer nie.

Die ander man en sy gesin het daar rondgehang nadat ons vertrek het en later die middag gebel en vertel dat die kinders  sommer goed vang.  Dis kinders wat nog nooit ‘n visstok hanteer het nie en vir die eerste maal deur Doring touwys gemaak is.  Baie bly vir hulle part.

toe hulle opstaan en hulle vere regskud vir die dag, was ons al daar

die eerste sonstrale tref die hoër pieke

Doring maak die nuwelinge touwys

visvang ken hulle nie en was aanvanklik huiwerig

baie geleentheid vir pragtige foto’s

Du kloof se geboue met die pragtigste pieke agter hulle

‘n ou bekende ook teen die muur raakgeloop

 

 

molly & wors

April 12, 2013 in Uncategorized

foto vanaf hulle facebook blad

is hulle so oorspronklik?

mike & molly

foto nie so watwonders nie – het dit sommer met selfoon geneem

 

klas luister mooi as ek verduidelik

April 10, 2013 in Uncategorized

Die probleem van kappies ens. op die letters is op meeste van die nuwer rekenaars ‘n oënskynlike probleem.  Dit kan egter met min moeite opgelos word.

Weet wraggies nie wat om dit te noem nie dus het ek maar ‘n kopie van die ikon gemaak

kliek op hierdie tekentjie.  Heel onder is die soek opsie waar staan  Search programs and files.  Daar word bloot Character map ingetik en siedaar jou towenaar. Pin dit dan nou  net aan jou taskbar en jy kan sumier vorder vanaf hoerskool na hoërskool.

Dis ook omtrent die omvang van my kundigheid.  😀

 

trappe van vergelyking

April 8, 2013 in suid-afrika

Woes

Woester

Worcester

Dit was ‘n lang dag met ‘n ewe lang storie.  Ek moes die tyd in Worcester uithang en deel so ietsie wat ek te siene gekry het.

Aan die einde van die reënboog …………………….

is daar ‘n Standard bank

reënboog

Was sommer pure winterweer toe ons daar kom.  Het later effens opgeklaar

NG kerk