Die kos wat ons eet…..

Maart 4, 2013 in afrikaans

Die Suid-Afrikaanse vleissituasie

Ienkie pienkie ponkie
Suid Afrika eet nou donkie
Hiekerie diekerie dok
ons maalvleis is nou bok
Taragie taragoe
ons eet biltong van kangeroe
Kul jou hie kul jou daa
ons steaks is nou Sebra

Viskoekies in die Baai
bestaan meestal nou uit haai.
daai hoender wat so dril
is dikwels krokodil
Die salami aan die hak
is dalk ʼn Taiwannese brak
en die sagte pienk polonie
dalk net ʼn Shetland ponie
maar dis als die moeite werd
die arme Britte kry net perd

24 antwoorde op Die kos wat ons eet…..

  1. perdebytjie het gesê op Maart 4, 2013

    Hahaa!Klink of jy te veel verskillende vleise ingekry het!

  2. lora2me het gesê op Maart 4, 2013

    Nou laat jy my lekker lag. Ek hoor netnou op pad winkel toe, op ‘n radiostasie iets soos “O, die donkie is ‘n wonderlike ding. Hy word deel van ons mince en dra by tot die wins” of so iets en die een omroeper het laat weet dat Buffalo wings nou regtig van hoender gemaak word. Ek wag om die grappe te hoor, want daar is mos mense wat heeldag sulke goed sit en uitdink.

  3. kostelik ! 🙂

  4. jou rympiedigter!
    Puik, suster…
    xx

  5. mnrnel het gesê op Maart 4, 2013

    Uitstekend!!!!!!!

  6. tina10 het gesê op Maart 5, 2013

    Grinnik… en so word jy ‘n kunstemaker van formaat!
    Ek redeneer as mens vleis eet moet jy nie diep daaroor nadink nie.

  7. Ja ek het juis nou net gestaan en wonder hoekom niemand nog niks op blogs gesê het oor die hele storie nie!

    Dis om van naar te raak. Ek dink ek het genoeg boerehorserolle en buffalo & onion pasteie geëet, ek weet nie meer wat om te eet nie! 🙂

  8. Ons begin nou soos die skrefie ogie Chinese te lewe….eet alles wat beweeg…hier is juis so baie vlermuise in SA

  9. Hehe dit kan maar wyd gepubliseer word :-))

  10. Kostelik! 🙂

  11. adage het gesê op Maart 5, 2013

    LOL!

    Nou het ek vergeet wat ek wou sê

  12. Jou antwoord wys dat jy nogtans ‘n talentvolle rympiedigter is!
    😀

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.