Tele-bemarkers……..
Februarie 27, 2013 in Uncategorized
……maak my die josie in.
Nee vir ‘n antwoord wil hulle maar net nie neem nie. Iets waaroor ek nogal ernstig wonder is dat die ene wat my so flussies geskakel het, my nogal op die voornaam aanspreek – my naam verkeerd uitgespreek maar toe maar. Waar het hy my nommer EN naam in die hande gekry?
Toe ek hom sommer dadelik in die rede val en meld dat ek nie in ‘n brandnew laptop belangstel nie, het hy dadelik geantwoord dat ek nie weet wat die volle “wonderlike pakket” is wat hy my kan bied nie!! Toe sit ek maar die telefoon op die tafel neer sodat ek kon aangaan waarmee ek besig was. Ek het vergeet van die lyn “weet jy dat ek geen inkomste het en dus nie sal kan kwalifiseer vir jou wonderlike aanbod nie?” Dit werk soos ‘n bom, hulle plak sommer die foon in jou oor neer.
Waarmee was ek besig toe die perd my gebel het?
om te kyk hoe hierdie outjies my geflopte sandsuiker konfyt wat met borax “gedokter” is te verorber.
“smalls things amuse small minds” So what! Ek kyk eerder vir hulle as om met iemand oor die foon te praat wat ek nie ken nie, nie behoorlik kan hoor nie en nie belang stel in wat hy aan my probeer afsmeer nie.
Onlangse kommentare