Jy blaai in die argief vir 2013 Januarie.

kyk rondom jou en sien die lewe raak.

Januarie 31, 2013 in Uncategorized

Een van my voornemens die jaar wat ons in die buiteland gebly het, was om terug by die huis meer bewus te wees van my eie omgewing. As ek afry na die Spar sien ek die lieflikste berge.  Ek maak nou ‘n punt daarvan om elke slag te KYK en seker te maak hulle is nog daar.  🙂

uitsig vanaf die Spar

Sien hom nou nie so maklik en so dikwels nie, maar as ek net so entjie ry is hy daar (as hy nie toegewaai is nie) in al sy glorie.

Tafelberg

 

PS:  onthou die foto’s is baie beter as daarop gekliek word, maar ek dink ek het dit al gesê.

 

 

‘n Tricky vraag

Januarie 28, 2013 in Uncategorized

Question : 
If you knew a woman who was pregnant, 
Who already had 8 kids , 
Three who were deaf, 
Two who were blind, 
One mentally retarded, 
And she herself had syphilis,

Would you recommend that she undergoes an abortion?

If you said YES to the question, you just killed Beethoven.

Ek’s ‘n mier…..

Januarie 26, 2013 in Uncategorized

…. en ek is besig

ek is baie baie besig

kyk hoe vinnig loop ek heen en weer

verder ken ek nie die woorde nie maar doen ek die mier ding.

my duidelike opdrag aan die Doring in my lewe is om my half bewusteloos te klap as ek ooit weer net noem dat ek self wil verf, soos verwer wat mure verf.

Ek is nogal effens jammer ek het nie before en after foto’s geneem nie.  Die een badkamer was pot pot blou en dit irriteer my nou al vandat ons hier ingetrek het.  Daarby was daar sulke plastiek dolfyne net bo die teels geplak waarvan di ehelfte al afgeval het en ‘n hele stuk verf met hulle saamgeneem het. Die blou was so woes dat ek eers 3 lae undercoat moes opverf voordat ek met die werklike verf kon begin!  Dis egter afgehandel en die sitkamer is half pad

DAN HOOP EK EK KRY VOLGENDE KEER ‘N VERWER OM DIE DING TE DOEN  My hande is stokstyf en stram van roller rol en boonop het hier vanmiddag ‘n aartjie in die een vinger gebars.

PS: en dit is hoekom ek so skaars op die blog is

 

 

Onbedagsaamheid

Januarie 17, 2013 in Uncategorized

Die Spar hier naby ons maak saans 8 uur toe.  Ek sleep met ‘n spoed so teen 7:58+ daar in. Een klient wat al by die kassier is, lag kliphard met ‘n uitroep dat ek dit net gemaak het.  Ek spoed in die gangetjie af, gryp ‘n liter melk en gaan betaal.  Die deure word op daardie oomblik toegemaak en ek kyk terug in die winkel.  Die gange is leeg buiten vir 2 vroue wat nog rustig die goete op die rakke bekyk – gee glad nie om dat hierdie werksmense nog ‘n hengse ent het om huis toe te gaan.  En ek het skuldig gevoel omdat ek nie moreoggend my opstaan koffietjie sonder melk wil geniet nie

ek geniet die lekker somerdae maar…..

Januarie 15, 2013 in leuven

om die sneeu wat so om mens neer fladder te kon ervaar, was vir my ‘n baie wonderlike ervaring.

So kort rukkie tevore het ek met Doring geskype en hy het sy rekenaar so gehou hou dat ek kon sien hoe sif die vlokkies neer.  Ja dit het gisteraand daar begin sneeu, so 2 dae voor sy finale vertrek terug huis toe.  Het vir hom gesê hy moet dit maar namens my ook geniet.

Hierdie was my bonusssie so week voor my vertrek uit België

eerste wintersneeu Des 2012

 

lyk my nie die koue pla hulle nie

Doring weet nou al dat die kans goed is vir hom om Junie maand vir ‘n week of twee terug te gaan na België.  Dink egter ek sal my geldjies opsy sit en spaar sodat ek weer eendag in die winter kan oorgaan. Dit is wel ‘n shlep om so baie lae klere aan te trek en jy mooi mooi trap om nie op die verysde sneeu te gly nie, maar steeds mis ek dit erg.

Die lui perd – bly ek was nie by nie

Januarie 11, 2013 in Uncategorized

Hoop julle kan hierna kyk!
Goeiste land

Hy vat ‘n kort rukkie om te laai

 

wie de deksels is………

Januarie 10, 2013 in Uncategorized

joyce robots en waarom kry hulle dit reg om hier te blog?

of is dit net ek wat hierdie tipe van posts irriterend vind?

 

i am a painter

Januarie 9, 2013 in Uncategorized

Hier is ‘n hele paar vertrekke in ons huis wat smeek vir aandag.  Ek geniet dit nogal so van tyd tot tyd om ‘n vertrek te pak, al die krakies en gate toe te smeer en dan lagie vir lagie die verf aan te wend.

Om bovermelde taak te verrig word mens se brein nie tot die uiterste ingespan nie en vanmiddag toe ek so polyfilla aansmeer, begin my gedagtes lekker dwaal. Daar kry ek toe opnuut groot lag vir my eie stupidgeit.  Baie lank terug het ek gehoor dat Hitler ‘n “painter” was voordat hy in die politiek begin belangstel het.  Dit was eers heelwat later dat ek besef het daardie ene moes ek nie met verwer nie maar met skilder vertaal het!

winterstoneel – Hitler

meer van sy werke kan hier gesien word

opinies asb

Januarie 7, 2013 in oor diere

Ouboet wat deurmekaargeraak het met Duitse meisie, het ons 2011 se Kersfees toe ons in Europa vertoef het, saamgeneem om die res van S se familie te ontmoet. dit was in ‘n sekere sin lekker en interessant maar ook ‘n pynlike ervaring.  Die grootste nadeel is natuurlik dat hulle net Duits kan praat en ons niks Duits magtig is.

Ons was heel gul met die uitnodiging dat hulle ook ‘n slag na Suid-Afrika moet kom. Hulle het die uitnodiging aanvaar – nie net die ouers maar ook die uitgebreide familie gaan hier opdaag.  Die hele groep sal 9 volwassenes wees (eina!) waarvan die 2 wat ons nie ken nie in die nabygeleë hotel gaan bly.

Gisteraand word daar vir my gesê: “Ma weet hoe lyk S se maak se huis!”   Ja my kind ma weet mens kan van die vrou se vloere af eet!!!!  Haar huis het nie vir ‘n jaar lank geen springclean  gehad nie.  Hulle het nie so ‘n droë warm somer wat jou dwing om vensters en deure oop te maak vir ‘n koeligheid nie.  Hulle het ook nie die Kaapse wind wat die stof so dowwe lagie op alles laat neersif nie.

En toe sit hy die kersie op die koek met die volgende woorde:  “Ma weet hoe voel S se ma oor honde in die huis!”  Toe vererre ek my so effens.  Hy het groot geword met diere in die huis en weet ons leef nie morsig nie. Trouens, die een hond wat ons op die oomblik nog het, het hy rondgesoek en vir ons van haar vertel!

Moet ek my honne met die banvloek tref as die kuiergatte hier aankom, of moet hulle dit maar vat soos ons dinge doen?  Is immers onse kaia!

Pennie by haar oubaas

 

Ps:   Ja Tina ek weet!    🙂    As jy my weer aanspreek gaan ek nie weer blog nie  🙂