Ek is by die huis maar baie onvoorsiene dinge het my ingewag. Onder andere is my beursie gesteel (JIP nie net in Suid-Afrika nie) kort voor my terugkeer na Suid-Afrika. 🙁
Ek was net ‘n dag by die huis voordat ek toe weer in die pad wou val na vriende se kiind se troue en my bestuurderslisensie was onder andere ook in my beursie. So die moes ek ook voor aansoek gaan doen het voordat ek pad kon vat.
Eers tot by my broer hulle gery waar ek oorslaap en opnuut die mooise mooi aanskou het. Ek dink ek het soortgelyke foto al geblog maar die uitsig is en bly net vir my asemrowend mooi.

Boggomsbaai
Daar vergeet ek my kamera by my kuierplek toe ek die pad vat na die troue toe. Ek kan dit nou nog nie glo nie
Het agterna darem die geleentheid gehad om ietsie te kry vanaf die bruidstafel maar die troue was op die mooiste plek met die mooiste detail denkbaar. En ek was ongewapen.

tafelruiker – 2 dae later
Deur so veel as moontlik self te maak, kan daar by so geleentheid gespaar word. Baie aandag was geskenk aan detail (soos wat ek hierdie vriendin van my ken) en vir elke gas se sitplek het sy so klein ietsie tjie gemaak. Hierdie is myne

gevul met pink en wit lekkertjies
Môre-oggend wil ek in di epad val terug huistoe. Daar wag ‘n bedrywige tydjie vir my en ek vermoed ek sal maar minnerig by my rekenaar uitkom.
Daarom wens ek al my blogvriende ‘n geseënde Kersfees seisoen toe.

mooi wense aan almal
Onlangse kommentare