die vloekende gomgat

November 28, 2012 in afrikaans

Ek sien die afgelope naweek op ‘n plaaslike TVkanaal dat hulle ‘n program gaan uitsaai oor Afrikaans versus Nederlands.

Om mee te begin word die man in ‘n voorafopgestelde situasie verwelkom deur iemand wat wel Afrikaans kan praat.  Dis egter ‘n persoon wat mens duidelik kan hoor nie die taal gereeld as 1e taal besig nie.  Daar is mos deesdae baie mense wat te grand is om  Afrikaans te praat.  Dit het my al gekrap maar het dit so aanvaar.  Daarna het hulle ‘n onderhoud met Stef  Bos gehad.  Is hy Afrikaans?  Nee, maar ek het genoeg agtig vir die ou dat dit nie vir my saak gemaak het dat hulle by hom ‘n draai gegooi het nie.  Hy het van ‘n paar goed gepraat wat hy amusant vind in Afrikaans.  Onder andere die dr*l in die drinkwater.  Ek het in ‘n huis grootgeword waar ons nie eers so gepraat het nie.  Goed toegegee, dit was weer oor eng na die ander kant en ek kan ook  nou al so van tyd tot tyd ‘n rasperige woord ingooi.

Maar toe kom die volgende.  ‘n Hoogsgekwalifiseerde taalkundige wat ‘n pragtige Afrikaans praat maar die ou maak toe ‘n politieke preek van sy insetsel. Hier gryp hy die geleentheid om Dr DF Malan (wat seker nog voor sy tyd al oorlede is ) ‘n stekie in die rug te gee.

EN toe die kersie op die koek. En hier kan julle my maar kruisig.  Ek het op tot op hede niks van die mannetjie af geweet nie buiten dat hy bestaan, en dus nog nooit enige opinie van hom gehad nie, hetsy goed of sleg.  Maar na gisteraand het ek nie ‘n enkele goeie woord vir Jack Parrow nie.  Hy kan nie 2 sinne sinvol na mekaar inryg nie.   Ek gee nie om hoe gewild hy is nie, al wat hy gedoen het is gevloek.   “F” voor  middel en agter elke sin.  Nee o maggies hy is ‘n regte gomtor en helaas  word sy voorbeeld seker eerder deur die kinders gevolg as die een wat hulle op skool en in hul ouerhuise kry.

‘n Vriendin wat ek spesiaal gekontak het om ook na die program te kyk, reken ons moet ‘n brief aan die TV kanaal stuur en ons menig lug.  Maar wat as dit ek is wat in ‘n seepbel lewe?  Is dit nie dalk wel hoe ons jongmense van vandag praat nie?  My kinders is ook al ver aan die verkeerde kant van 20 en jongste moet ek van tyd tot tyd aanspreek oor kru woorde.

Ons is tans in ‘n stad vol studente en hulle is heel luidrugtig.  As die “F” woord  in ‘n gesprek rondvlieg, is dit meestal Engelsprekende studente.

die bome is kaal

 

28 antwoorde op die vloekende gomgat

  1. adage het gesê op November 28, 2012

    Ek moes hom gaan google. Nee dis nie jy wat in ‘n seepbel lewe nie jy meng seker netnie met lae lewe nie. Noem my maar ‘n snob maar ek is oortuig dat die mensdom elke dag dommer en meer common / kommin word, Ek kyk maar na van die goed wat ek nasien, en ek besef dis die wêreld waarin ons ons nou bevind

    Pragtige foto Rosie

  2. vega het gesê op November 28, 2012

    Dis nie ‘n kwessie van verlig of nie, vloek is nooit respekvol nie. En Jack Parow is nie vir my ‘n goeie voorbeeld van iemand wat Afrikaans praat of lief is vir die taal nie. (Ek ook nie, want ek meng my taal vreeslik.) As dit oor Afrikaans gaan kon hul gerus die moeite gedoen het om ‘n beter verteenwoordiger te kry.

    • @avega Ek is self skuldig as dit kom by die vermenging van my spreektaal, as dit egter die enigste klag teen die program was het ek nie gekla nie ( dit was ook volop in gesprek met Jack)

  3. tina10 het gesê op November 28, 2012

    Wat ‘n ongelooflike mooi foto!
    Goed ek beweeg nou nie in baie hoë of lae kringe nie maar niemand van ons praat so nie.
    Laerskool kinders praat ook nie so nie… miskien is ek saam met jou in die seepbel?

  4. Op skool was ene Mev Coultridge my Afrikaans onderwyseres. Ek was op ‘n Engelse skool, maar omdat my van Afrkaans is en Mev Coultridge eg Afrikaans was het sy my laat berou elke keer wanneer ek ‘n Anglisisme gebruik het. Sy’t my sommer oor die kop geslaan met ‘n woordeboek.

    Moenie alleen voel nie. Ek is volkome tweetalig en gee nie voorkeur aan een of die ander nie, maar wanneer ‘n Afrikaner voorgee dat hulle die taal kamma beister geraak het, dan kry ek self sommer lus om self die F woord te gebruik.

    Ag waar is Mev Coultridge en haar woordeboek tog nou?

    • @hallican Ai ek kan glo dat jy deurgeloop het. In onse kinderdae het jy die een of die ander taal gepraat en nie altwee in een gesprek nie.
      Daardie mense wat so geaffekteerd praat asof hulle nooit sommer net Afrikaner kinders was nie, gee my ook ‘n kramp

  5. Jack Parrow het ‘n vuil tong. Hy is nie ‘n goeie advertensie vir Afrikaans nie. Ek kan aan talle ander dink met wie hulle eerder kon gepraat het. Die tendens van ons tyd is egter om Afrikaans deurspek met Engelse woorde te praat…… Helaas hieraan is ek ook dikwels skuldig. Miskien moet jy ‘n skrywe aan die kanaal rig en jou ontevredenheid uitspreek.

    • @losbek.
      My taalgebruik laat ook maar veel te wense oor as dit kom by Anglisismes. Ek het nie eers voorheen geweet die mannetjie het so vuilbek nie.
      PS: 🙂 ‘n losbek is nie ‘n vuilbek nie. ek smile elke keer as ek op jou kommentaar reageer.
      (gaan julle weer die vakansie Rheebok/Tergniet se kant toe, indien wel wanneer?)

  6. @rosiemetdorings – Sjoe, wat ‘n ongelooflike foto!

  7. Die hartseer stukkie is, ek ken sy suster, baie aangename nie-vloekende mens. Jack doen dit waarskynlik om “in” te wees, hulle moet mos altyd een stappie erger wees as die vorige ou om aandag te kry. Dit is die storie van ons tyd, gebrek aan integriteit, en goeie rolmodelle is yl gesaai.

  8. jis nou herinder jy my aan Dawie de Villiers op die engelse rugby toer wat die protesteerders gomgatte genoem het, en toe hy gevra was om te verduidelik hy die juweeltjie kwytgeraak het, wat oral hier net so gerapportees was: “Gomgatte is untranslatable”…

    🙂

  9. Baie mooi foto. Hou baie daarvan.

    Erm ja, ek knoop ook maar lekker. Snaaks genoeg as ek skryf baaaaaaie meer as in persoon.Rolmodelle is ‘n moeilike konsep. In my pas se tyd was Elvis se blatante seksualiteit en snedige lipkrul die personifikasie van Splitvoet homself vir meeste ouers. En DIT is waaroor dit gaan. Veral jong tieners identifiseer met popsterre (en hier gebruik ek die term ‘ster’ baie losweg) juis omdat iemand soos Elvis of die Stones of selfs die Beatles back in the day die antitesis is van hulle ouers en waardes, en vandag pas iemand soos Jack netjies in daardie hofie in ‘n oorwegend steeds baie konserwatiewe land soos SA. En voor iemand wat hier lees dalk my kop afbyt, julle popsterre daardie kant is mak teen dit wat in Europa en Amerika is. En tattoos en ‘n freaky haarstyl en ‘n vuilbek beteken ook maar nie noodwendig iemand is as mean as kitty litter nie hoor.

    • @modderkoekie Die foto was bedoel vir die mense wat nie hou van wat ek van Jack sê nie sodat daar iets anders was wat hulle aandag kon aftrek. 🙂
      Ek het eers as volwassene besef dat Elvis mooi gesing het. my rol modelle was vroue soos Doris Day. die manlike gunstelinge sal ek nie eers noem nie
      (kloosterkoek ekke)

  10. Nes jy het ek ook in ‘n eng huis grootgeword. En soms verstaan ek hoekom sommige ouens uit pure geïrriteerdheid met bekrompe mense oorhel na die anderkant toe.

  11. maryna het gesê op November 29, 2012

    Ek is nie ‘n taalkundige nie, maar het opgemerk hoe hierdie platvloerse dialek uit streeksgebonde plat-Afikaans ontwikkel het, waar ‘n algemene gebrek aan ‘n uitgebreide en goed-ontwikkelde Afrikaanse woordeskat kenmerkend is, en hoofsaaklik as gevolg van kulturele en politieke assimilasie en integrasie posgevat het onder Afrikaanssprekendes. Ek word ook daagliks meer bewus van die skeidingslyn tussen standaard-Afrikaans, waarin ons maar meestal kommunikeer, en die meer ontoeganklike akademiese Afrikaans, wat in ‘n mate beperk word tot hoër onderwys. Sosiolinguistiese studies behoort meer lig op die verskynsel te werp, maar ek kan jou waarborg dat dit histories hierdie plat(vloerse) dialekte is wat weldra uitsterf.

    • @marynam Die Afrikaans wat ek skryf en praat is hoeka ook nie meer dieselfde nie. As ek woorde op papier formuleer, kan ek myself nog nie so ver kry om die anglisismes wat ek in my spreektaal gebruik neer te pen nie. Dit irriteer my selfs nog om dit te lees in boeke wat gepubliseer word met daardie tipe van taalgebruik

  12. Wel Roos, ek is beslis nie eng nie. Maar die deursnee tierner (of enige mens, for that matter) wat ek ken, praat beslis nie soos Jack Parrow nie. As jou sin bestaan uit ‘n vloekwoord of die [email protected] elke tweede of derde woord, is dit beslis nie cool nie. Eerder baie Kommin, as jy my vra. Met ‘n Hoofletter K!!

    • @pienkvolla
      maak my kwaad of skrik of kry ek seer, sal ek ook ‘n stewige knoop los, maar jip tydens die kyk van die program het die woord Kommin ook by my opgekom.
      Wonder ek nou of hy so op sy CD’s ook aangaan

  13. Ek stem saam dat hulle beslis ‘n beter persoon as Jack Parow kon kies om “Afrikaans te verteenwoordig.” Daar is ongelukkig deesdae ‘n denkskool wat meen dat dit ‘n vorm van “bevryding” is om taal so te gebruik en dat mense wat dit nie doen nie, eng en outyds is. Myns insiens sê ‘n mens se taalgebruik (en ek verwys na vloektaal en nie vermenging nie) iets van ‘n persoon se opvoedingspeil. So ‘n ruk gelede was daar groot bohaai in die koerante omdat Juanita du Plessis haar onttrek het aan ‘n musiekkonsert omdat Jack Parow net voor haar sou optree en sy ‘n geestelike en opbouende boodskap wou bring, waaraan sy gemeen het Jack Parow sou afbreuk doen. Volgens die publiek se mening was sy verkeerd en ontneem sy hom sy vryheid van spraak……

    • @meleroux Wel nadat ek hom nou die aand gehoor het sal ek nie eers ‘n konsert wil bywoon waar hy ook optree nie. Ek onthou nou van die Juanita en Jack Parrow episode. Ek is nie eers ‘n Juanita fan nie maar nou kan ek haar besluit verstaan

      • Wat ek natuurlik nie vestaan nie, is dat sulke taalgebruik en musieklose musiek nogals ‘n aanhang geniet. Dit maak my bekommerd oor die vlak van beskawing en opvoeding waarin die wêreld verkeer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.