Jy blaai in die argief vir 2012 November.

die vloekende gomgat

November 28, 2012 in afrikaans

Ek sien die afgelope naweek op ‘n plaaslike TVkanaal dat hulle ‘n program gaan uitsaai oor Afrikaans versus Nederlands.

Om mee te begin word die man in ‘n voorafopgestelde situasie verwelkom deur iemand wat wel Afrikaans kan praat.  Dis egter ‘n persoon wat mens duidelik kan hoor nie die taal gereeld as 1e taal besig nie.  Daar is mos deesdae baie mense wat te grand is om  Afrikaans te praat.  Dit het my al gekrap maar het dit so aanvaar.  Daarna het hulle ‘n onderhoud met Stef  Bos gehad.  Is hy Afrikaans?  Nee, maar ek het genoeg agtig vir die ou dat dit nie vir my saak gemaak het dat hulle by hom ‘n draai gegooi het nie.  Hy het van ‘n paar goed gepraat wat hy amusant vind in Afrikaans.  Onder andere die dr*l in die drinkwater.  Ek het in ‘n huis grootgeword waar ons nie eers so gepraat het nie.  Goed toegegee, dit was weer oor eng na die ander kant en ek kan ook  nou al so van tyd tot tyd ‘n rasperige woord ingooi.

Maar toe kom die volgende.  ‘n Hoogsgekwalifiseerde taalkundige wat ‘n pragtige Afrikaans praat maar die ou maak toe ‘n politieke preek van sy insetsel. Hier gryp hy die geleentheid om Dr DF Malan (wat seker nog voor sy tyd al oorlede is ) ‘n stekie in die rug te gee.

EN toe die kersie op die koek. En hier kan julle my maar kruisig.  Ek het op tot op hede niks van die mannetjie af geweet nie buiten dat hy bestaan, en dus nog nooit enige opinie van hom gehad nie, hetsy goed of sleg.  Maar na gisteraand het ek nie ‘n enkele goeie woord vir Jack Parrow nie.  Hy kan nie 2 sinne sinvol na mekaar inryg nie.   Ek gee nie om hoe gewild hy is nie, al wat hy gedoen het is gevloek.   “F” voor  middel en agter elke sin.  Nee o maggies hy is ‘n regte gomtor en helaas  word sy voorbeeld seker eerder deur die kinders gevolg as die een wat hulle op skool en in hul ouerhuise kry.

‘n Vriendin wat ek spesiaal gekontak het om ook na die program te kyk, reken ons moet ‘n brief aan die TV kanaal stuur en ons menig lug.  Maar wat as dit ek is wat in ‘n seepbel lewe?  Is dit nie dalk wel hoe ons jongmense van vandag praat nie?  My kinders is ook al ver aan die verkeerde kant van 20 en jongste moet ek van tyd tot tyd aanspreek oor kru woorde.

Ons is tans in ‘n stad vol studente en hulle is heel luidrugtig.  As die “F” woord  in ‘n gesprek rondvlieg, is dit meestal Engelsprekende studente.

die bome is kaal

 

the early bird catches the wurm

November 25, 2012 in Uncategorized

Ja ek weet dit, maar gelukkig eet ek nie wurms nie.  as daar nou een ding is waarmee ek nie uitblink nie is dit vroegopstaan.

Toe ons so 3 weke gelede Rome toe was, moes ons die bus al half ses die oggend gehaal het om betyds by die lughawe te kom. Om by die bushalte te kom moes ons stap.  kyk ek kan dit doen, maar dis so half en half op auto pilot.

Toe ek Vrydagoggend egter wakker word ( nie so hond vroeg nie) was die hele kamer gebaai in ‘n pinkerige glans. Jip die son kom deesdae so laat op dat ek ook sy opkoms kon waardeer.  ‘n Paar minute later was die hele lug weer toegetrek en teen die tyd wat ek wou uitgaan vir die dag, was dit weer tyd vir sambreelopslaan

Vrydagoggend

Iedergeval is ons toe Turnhout toe waar Doring na ‘n seminaar van een of ander aard is en ek het die dorp in die reën so effe verken

is dit werklik kuns?

Sint Pieterskerk in Turnhout

elke plek het sy eie St Peters kerk of katedraal.  die oudste deel van hierdie gebou is 12e eeus

treinstasie

In die kerk en treinstasie se kafeteria het ek omtrent die beste deel van die oggend spandeer. In die kerk was dit lekker warm en die stasie het die interesssantste gebou en heerlike warm koffie gehad.

PS  Het julle onthou dat die foto’s pragtig vergroot as jy daarop kliek?

 

 

tik my om met ‘n veertjie

November 24, 2012 in Uncategorized

Ek het ‘n e-pos vanmiddag bin toe gestuur en vanaand gedink dat ek dit eers weer wil bekyk.  Maak toe op g-mail se opsies oop om hou te gaan terughaal.  So vang my oog toe dat daar ‘n klomp boodskappe direk spam toe gegooi is en ek gaan loer toe uit nuuskierigheid wat gespam is.  EN WAS EK NIE VERBAAS NIE!   Alles boodskappe van bloggers af. en nie mense wat ek geblok het nie!  Lora, Tina, Adage, Carol ‘n paar wat ek nog vinnig kan onthou.   Dis nou al almal kommentare op blogs wat ek ‘n hele tydjie teruggeskryf het, dus gaan ek nie op hulle reageer nie.  Wil net sê, as jy dink daar was ‘n kommentaar van jou wat ek geblok het, dit was g-mail wat dit gespam het sonder my wete!

Ek onthou ek het ‘n rukkie gelede sinnelose kommentare gekry van mense wat duidelik nie bloggers was maar hulle het ek op die WP stelsel gespam.  Kon dit my e-posse beïnvoed?  ek twyfel

Die ete

November 23, 2012 in kos, Uncategorized

Adage het die lieflikste tafel gedek en die interessantste mense genooi om aan te sit.

ek wil ‘n paar manne die kans gun om op mekaar se skouers te huil dus sal my gaste iets in gemeen hê.

John Profumo

David Petraeus

Simson

plus 2 manne met rooi gesigte wat steeds soort van in hulle setels bly sit het

Hugh Grant

Bill Clinton

Vir ete sal ek Adage se voorbeeld volg en van die diens van spyseniers gebruik maak.  Sal egter sorg vir sulke lekker soedgoedjies vir nagereg.

vrugte tertjies

REDIGEER

Ek het vergeet om bloggers te nooi so hier gaat ek

Meld asb aan en reël dan jul eie etes.  En NEE julle kan nie almal langs Hugh wil sit nie

celia

 

 

vega

lou

 

tina

(jy het al ‘n tafel – so jy is verskoon van nog ‘n ete)

 

monica

 

20 November 1948

November 20, 2012 in Uncategorized

Die dag is nog nie verby nie!
Ek besef nou eers wat vandag se datum is.
my ma en pa se troudag herdenking

20 november 1948

My jongste broer het vir sy Graad 1 juffrou vertel dat sy ma en pa net 4 dae getroud was toe sy ouboet gebore is. (ongehoord vir daardie dae –  selfs ook nog in 1965 toe kleinboet skool toe gegaan het)  Hy’t nie besef 1 jaar en 4 dae het verloop voor Outie sy verskyning gemaak het nie

 

‘n video clip wat ek probeer plaas op blog

November 20, 2012 in Uncategorized

publikasies

kliek op die woordjie publikasies wat in rooi verskyn. Ek weet nog nie hoe om ‘n video op te laai nie!!!

die jaar het my fiks gemaak

November 19, 2012 in Uncategorized

Gister het ons saam met kollegas van Doring so bietjie uitgery na die meer heuwelagtige gebiede van België en daar so kort wandelroete gevolg.  Aanvanklik het daar so effense misreëntjie geval wat later opgeklaar het.  Van die son was daar egter geen teken nie.

koppe word bymekaar gesit om die roete te bepla

Andenne, die dorpie waaruit ons wegtrek is alreeds pragtig.

lieflike ou huise

statige gebo

toe vir die wandeling deur die bosse.

paadjie met tye lekker modderrig onder die blare

later het ons  ‘n laning bereik wat weer teruggelei het na die dorp.

die groep…..

…..en ek bly alweer agter

by hierdie waters is voorwaar rus

Vir ons was dit net ‘n lekker stappie. Van die ander mense het nie so gedink nie.  E-pos wat ek ontvang het van een van die medestappers

Hallo,
Mooie foto’s!  Heel hard bedankt, het was een mooie, maar vermoeiende dag.
We hebben lekker geslapen.
 
Groetjes,
 
Jeanine

 

16 November 1886

November 16, 2012 in Uncategorized

Vandag is die herdenking van my Ouma Roos se geboortedag.

ouma en ek (heel links)

as ek moet raai so 1962 se kant geneem.

hulle troudag.

Hulle huweliksdag iewers in die omgewing van 1902 of 1903

Sy het altyd vertel dat sy nie so jonk was toe sy getroud is nie:  Sy was 16 vol, in haar 17e jaar.   As my berekenings reg is moes Oupa so in die omgewing van 18-19 jaar gewees het.

verskillende vorms van bedel

November 15, 2012 in algemeen

Nes enige ander plek het Rome ook sy kwota van bedelaars. Buiten dat daar op elke kerktrap iemand met ‘n papierkoppetjie sit en bedel is daar baie ander vindingrykes ook.

Hierdie ou se ogies mis niks wat na sy kant toe gegooi word nie.

Skerp ogies

Vir so foto moet betaal word en as jy saam met die man in die foto wil verskyn, nog meer.

nie sonder ‘n prys nie

en dan natuurlik hierdie ene.

stok oud? nee, goeie akteur

Hierdie figuur skuifel-skuifel rond met kopdoeke so laag afgetrek dat mens nie die gesig kan sien nie. Nadat ek lank genoeg rondgehang het, het “sy” gaan sit, ‘n appel uit daardie rugsak gehaal en begin eet.  ‘n Baie jong gesiggie(nog ene melkbaard) het vlugtig in my rigting gekyk voordat die kopdoek weer behendig afgetrek is.

Dan is daar nog die vele “standbeelde” en ‘n handjievol straat musikante ook.  Van hulle het ek egter nooit foto’s geneem nie.

 

Broccoli

November 14, 2012 in Uncategorized

Die 4 jarige seuntjie het by sy Ouma gaan kuier en Ouma het dit goedgedink om hom ‘n bietjie meer te leer van groentes en meer spesifiek dan die wat sy ma (nota:  ek vermoed die skoondogter) nooit voorberei nie.

Die dag is BROCCOLI aan die beurt en Ouma versin die oulikste stories oor die boompie wat hy gaan proe.

Hy begin ewe entoesiasties aan die eerste een proe, maar Ouma sien hy kou al stadiger met ‘n veraf uitdrukking in sy oë.

Die ouma het net gou in die spens verdwyn en hoor hom roep:  “Ouma, kom kyk gou hier!”

Hy wys toe na sy bord waarop hy die boompie in ‘n hoop rys mooi netjies staangemaak het, goed vasgedruk in die middel van die rys. “Kyk, Ouma, hierdie is die Paradys en daardie is die boom waarvan Liewe Jesus gesê het ons mag nooit, nooit eet nie!” 

Wys jou broccoli maak mens slim, al eet jy net ‘n bietjie