2dinge……nee3
Oktober 31, 2012 in algemeen
Die eerste ene is dat Tina in die hospitaal is, ek wonder hoe dit met haar gaan en MIS haar regtig hier op die blog.
Dan die tweede ding : ek wens die flippen blog het my die keuse gegee om my kommentaar op ander blog te kan redigeer. Dit maak my moedeloos as ek daardie LEWER KOMMENTAAR opsie so druk en ek sien hoe gaan ‘n gruwelike spelfout in die ruimte in. Ek weet dreig word nie met ‘n y gespel nie en tog het ek dit gedoen en gesien net toe dit wegvlieg!
Laastens, ek dink die nuwe blogforum het ons almal se stoutse verwagtinge oortref. Ja, daar is goed wat krap en pla, maar ons is nog hier en aan die gang.
PS: Ons het ‘n heerlike sonnige dag gehad en ek het herfs foto’s gaan neem. Sal môre oplaai want weervoorspeller het alweer nat koue weer van vannag af vir ons voorspel.
Onlangse kommentare