gerugte…

September 18, 2012 in Sonder kategorie

Mens onthou seker heelwat meer van jou ouers as wat jy soms besef.

Vanoggend toe ek blogs oopmaak het my ma se woorde weer in my gedagtes opgekom.

sy het altyd gesê:

lees die Bybel, lees die geskiedenisboeke en luister na die nuus.

Daar word oral altyd gepraat van oorloë of gerugte van oorloë.

dis dieselfde ervaring wat ek die laaste ruk het as ek die blog oopmaak:

daar word oral gepraat van oortrek of gerugte van oortrek.

verder lees ek van die ander forums wat so in duie stort na die GROOT TREK.

Ek weet dat ek julle sommer behoorlik gaan mis as dit met Litnet blogs moet gebeur.

‘n Hele tyd gelede het iemand my gekontak en gevra of ek wil saamspeel op Facebook.

Met die dat ek nie wou hê my kinders moet sien waarmee hulle ma haar besig hou nie het ek vir my ‘n alternatiewe FB blad geskep.

Enige ene  van julle wat ook so anonieme blad besit is welkom om my daarop te kontak.

As jy nie ene het nie, skep dit sommer nou!


http://www.facebook.com/girlplayinggames.nogo

en laat een donner lag vir die keuse van die blad se URL naam.

Lekker dag vir iedere en elke Blogger.

20 antwoorde op gerugte…

  1. ag nee, ek het nie toegang tot FB nie!!!

  2. Dis eintlik baie sad dat hierdie ding van ‘n nuwe platform met soveel oneerlikheid behandel is. Dit het nooit gegaan oor ‘n meer stabiele platform nie, dit het gegaan omdat hulle die admin wou inperk. Die redaksie het ‘ander ‘ werk maar wie weet kort vooor lank soek hulle ook iets anders werksgewys want hulle sal afbetaal word. Media24 wil hê mense moet hulle koerante en tydskrifte nog steeds koop – over my dead body!

    En nogmaals baie dankie vir gister se verwysing dit is met dank aanvaar. Reis versigtig miskien sien ek jou dan aan die einde van die jaar?

  3. ai nee.

    As die toekoms dalk so loop dat litnet in rook opgaan hier is ‘n e-pos adres

    [email protected]

  4. Dankie, het maar mixed feelings oor more se tog

  5. Terloops die inligting is deurgegee aan die sekretaresse, hoop hy kry dit
    🙂

  6. Mens weet eers wat jy gehad het as jy dit verloor het nê. Ek het ook so diep hartseer hieroor maar ek is seker daar gaan iets anders opduik.

  7. TS het gesê op September 18, 2012

    Hehehehe… dis nou die voordeel as mens aftree en jy geen kind of kraai het – speel kan ek maar speel

    Veilig reis… ons skink die koffie as jy veilig tuis is.

  8. ‘n Goeie idee om in kontak te bly met mekaar.

  9. sal probeer navraag doen

  10. vir al wat ons weet is dit nie so erg nie

  11. tina, dit maak nie regtig saak nie – wou net nie hê hulle moet weet waarmee verwyl ek my tyd nie. Hulle het ondertuseen uitgeviind en ek speel al vir lank op eie blad

  12. hoop dit werk

  13. Eendag sal ek ook kan speel, maar nou het ek nog nie tyd nie. 🙁

  14. ek weet ek is gelukkig in daardie opsig

  15. Hulle het nie ons,die piepols geraadpleeg nie!Dis wat hulle demokrasie noem!

  16. darem nog ‘n dag, dankie vir die email adres!

  17. met die dat daar nie ‘n fooi of tarief aan verbonde is nie, dink ek nie die piepols het veel seggenskap nie
    🙂

  18. Oe!!!
    ek het eers weer moremiddag laat internet toegang.
    Hoop alles is dan nog wel

  19. hehehe, lekker lag ek nou vir jou (en vir myself) So was dit ook moeilik om te antwoord: Hoe ken mamma die tannie? Hehehe. Dis my ontvlugting die – beter as ‘n affair, en veiliger…

  20. dis nie asof dit ‘n skande is nie, net iets wat jy vir jouself wil hou! 🙂

Los ’n antwoord vir Adage10. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.