ok, sien ons kan weer voortgaan……

September 13, 2012 in Sonder kategorie

…….voorlopig.

Iets waaroor ek die afgelope paar daggies aanmekaar loop en wonder is die oorsprong van sommige uitdrukkings.

Die taal ghoeroes sal dus hier moet reageer.

Maandagoggend was ek op die slagveld en het my een verstandtand verloor.

Amper kry ek toe nog ‘n aanval, oorval en toeval toe ek agterna die rekening moes betaal.


En van toe af wonder ek waar kom die uitdrukking vandaan:

Hy lieg soos ‘n tannetrekker!

Ps: as daar weer so blink wa by my verby jaag, sal ek met redelike sekerheid kan raai die grande dame se manlief is ‘n tandarts

30 antwoorde op ok, sien ons kan weer voortgaan……

  1. Tandarts

    Baccalaurius, honores, magister,
    doktor, professor. Vyf jaar verder is
    hul skielik dokter, en dus tegnies
    nog so half en half heel onder

    Tog, elke bekoopmaak herinner,
    adverteer en herbevestig status:
    dokter, dié allersoetste (simpel)
    woordjie uit ‘n vol bek tande

    Dokter, jy skep afstand van die
    peupel, want jy noem almal
    bloot mevroue en menere,
    selfs doktore en professore

    Geagte dokter…dalk tegnikus?
    hou jou nederig by jou lees:
    jou jobkaart, want jy kan nie
    titels véél hoër as jou eie lees

    Jou statusstempel wil-wil swig….
    hy’s net-net tussen jou witjas,
    boor en tang, en o ja, jou enkel
    Baccalaurius-graadjie ingewig

  2. Seker maar omdat die tandarts altyd die leuentjie van “Toemaar, dis gou verby en sal nie seer wees nie” vertel. My broer het die teorie dat geen tandarts ‘n tand so goed sal herstel dat jy nooit weer hoef terug te keer nie, want dan sal hy mos nie geld maak nie! Oeps, nou’s ek in die moeilikheid.

  3. TS het gesê op September 13, 2012

    Sowaar en hulle pasiënte gaan nie dood nie

  4. Ja vra vir my, ek het juis so ‘n duur tandestorie agter die rug
    🙂

  5. die ouens wat MB ChB agter hulle name kan skryf is nie almal so mal daaroor dat tandartse die titel Dr kry nie

  6. ek deel jou broer se sentimente!

  7. nie maklik nie!!
    🙂
    en ek kan nie eers so lekker smile met die een dik kant nie

  8. ja, die ou het vir my inplantaat aanbeveel.
    Sal sekerlik ‘n arm en ‘n been daarvoor moet betaal. wonder of mediese fondse deelte daarvan sal betaal

  9. ek hou niks van tannetrekkers nie want hulle dink hulle maak nie seer nie!!

  10. weet jy hierdie ou het my beurs seerder gemaak as my bek!!
    🙂

  11. Ja! Dit is deesdae behoorlik duur!

  12. Dis nou ‘n regte neukery die tandarts-ding.

  13. ek was mos al byna dood in ‘n tandartsstoel…allergies vir lignocaine.

    ek like hulle boggeroll

    😀

  14. dis ‘n dekselse skande

  15. Het julle ene daar of gaan julle Roberson toe?

  16. ewwww?
    Hoe nou gemaak as daar aan jou gebit gewerk moet word?
    as hy my nie kon doodspuit, sou hy my met ‘n hammer moes uitslaan, maar net so kan daar nie gewerk word nie

  17. 🙂
    geniet jou naweek.
    My wang se swelsel is vanoggend af, so my naweek begin ook goed

  18. Sterkte!

  19. I have a lovely dentist 🙂

  20. Dat mens nou so duur moet betaal om gemartel te word ! XXXX

  21. dankie – het dit nogal steeds nodig

  22. lucky you. 🙂

  23. ja so waar!
    XX
    Geniet jou naweek.

  24. Sover ek weet het die uitdrukking ontstaan omdat die tandarts in die ou tyd sy pasient gerusgestel het,”Dit sal nie seer wees nie”.
    Myns insiens behoort die ‘Dr.’ gereserveer te wees vir mense wat doktorsgrade verwerf het na ‘n M-graad.Die aanspreekvorm, ‘doktEr’ vir medici het ek nie soveel beswaar teen nie.

  25. Tannetrekker lieg oor die pyn en die rekening!

  26. ek het ‘n vermoede dis maar die geval.
    oor die titel….voel eens met jou

  27. Ja veral die rekening! 🙂

  28. is jy ok??

  29. Ja dankie.
    Vanoggend die steke laat uithaal.
    Dit was die eerste maal wat ek na hierdie tandarts gegaan het. Toe ek loop sê ek vir hom dat ek nou nie die kennismaking as aangenaam kan beskou nie, maar met die eindresultaat is ek darem heel tevrede

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.