Jy blaai in die argief vir 2012 September.

my hartjie my liefie…

September 30, 2012 in Sonder kategorie

Hier in België het ek van die mooiste sonsondergange beleef.

Perdebytjie  wonder of die son vanaand vir oulaas oor die litnet b(l)og sal sak.

ons wonder almal so effe wat Oktober vir Litnet gaan inhou.

my hartjie my liefie die son sak weg….

sommer so ietsie van alles.

September 27, 2012 in Sonder kategorie

Sondagmiddag het ons vir jongste en sy vriend op die stasie gaan haal en van toe af was dit asof ‘n dwarrelwind deur my bestaan gegaan het.

Hulle was deel van ‘n studente projek wat die universtiteit van Stellenbosch in samewerking met ‘n Berlynse Universiteit gehad het.  Na die finale afsluiting van die projek ( in Berlyn en dis ook waarom hulle ingestem het om tyd daarvoor af te staan) het hulle die trein gehaal tot by ons.

Hoewel ek hulle na plekke geneem het waar ek al voorheen was, was dit opnuut lekker om by die plekke uit te kom, veral Gent waaroor ek al ‘n slag geblog het.

Vanoggend het ek hulle weer op die stasie afgesien waar hulle die trein gehaal het na Amsterdam.  was lekker om te hoor dat dit vir Wayne* ‘n amazing ervaring is om die plekke te kon sien.

*die medestudent wat nou vir die eerste maal in Europa gekom het.

mense wat jou pad kruis.

September 21, 2012 in Sonder kategorie

ek het hierdie aanhaling op Faceboek raakgeloop.

Dit is vir my ook net so van toepassing op die blog en al die bloggers met wie ek hier kontak het.

http://www.facebook.com/pages/Best-Quotes/269394373176256

gerugte…

September 18, 2012 in Sonder kategorie

Mens onthou seker heelwat meer van jou ouers as wat jy soms besef.

Vanoggend toe ek blogs oopmaak het my ma se woorde weer in my gedagtes opgekom.

sy het altyd gesê:

lees die Bybel, lees die geskiedenisboeke en luister na die nuus.

Daar word oral altyd gepraat van oorloë of gerugte van oorloë.

dis dieselfde ervaring wat ek die laaste ruk het as ek die blog oopmaak:

daar word oral gepraat van oortrek of gerugte van oortrek.

verder lees ek van die ander forums wat so in duie stort na die GROOT TREK.

Ek weet dat ek julle sommer behoorlik gaan mis as dit met Litnet blogs moet gebeur.

‘n Hele tyd gelede het iemand my gekontak en gevra of ek wil saamspeel op Facebook.

Met die dat ek nie wou hê my kinders moet sien waarmee hulle ma haar besig hou nie het ek vir my ‘n alternatiewe FB blad geskep.

Enige ene  van julle wat ook so anonieme blad besit is welkom om my daarop te kontak.

As jy nie ene het nie, skep dit sommer nou!


http://www.facebook.com/girlplayinggames.nogo

en laat een donner lag vir die keuse van die blad se URL naam.

Lekker dag vir iedere en elke Blogger.

ok, sien ons kan weer voortgaan……

September 13, 2012 in Sonder kategorie

…….voorlopig.

Iets waaroor ek die afgelope paar daggies aanmekaar loop en wonder is die oorsprong van sommige uitdrukkings.

Die taal ghoeroes sal dus hier moet reageer.

Maandagoggend was ek op die slagveld en het my een verstandtand verloor.

Amper kry ek toe nog ‘n aanval, oorval en toeval toe ek agterna die rekening moes betaal.


En van toe af wonder ek waar kom die uitdrukking vandaan:

Hy lieg soos ‘n tannetrekker!

Ps: as daar weer so blink wa by my verby jaag, sal ek met redelike sekerheid kan raai die grande dame se manlief is ‘n tandarts

vrydagaande

September 7, 2012 in Sonder kategorie

7.30

Edwill van Aarde

http://www.youtube.com/watch?v=2LhgpflBpAw&feature=related


 

Nick Vujicic

September 6, 2012 in Sonder kategorie

mooi nè

ek het al baie van hierdie merkwaardige man gelees, maar die eerste maal wat ek hulle troufoto sien

foto se oorsprong:

http://photography.ratishnaroor.com/tag/kanae-miyahara-nick/

 

Saterdag 1 September 2012

September 2, 2012 in Sonder kategorie

Nadat hulle reën en koue vir ons voorspel het, was dit gisteroggend ‘n aangename verassing om die son te sien skyn.

Die een omroeper het Vrydagmiddag oor die radio gespot met ‘n 150% kans vir reën oor die naweek – gelukkig is hy toe nie so 100% in die kol nie.

Het wel deur die nag gesous, maar gisteroggend was toe werklik nie so sleg vir die eerste lentedag van hierdie seisoen nie.

My kinders het my getrakteer met Brunch in Stellenbosch se botaniese tuine.

Dit was sommer ook al die 2e slag wat ek die afgelope rukkie daarheen geneem is.

Die kos was telkens baie gemiddeld, maar om daar so half en half in die tuin te sit en jou maal te geniet, is werklik ‘n aangename ervaring.

Agterna weer net daar rondgedrentel en die dag geniet.