weet iemand hiervan?

Augustus 27, 2012 in Sonder kategorie

omdat ek lank uithuisig was het ons pos taamlik opgehoop.

Een van die goed wat ook laag op die preoriteits lys was, is ons bankstate.

Ons het dit immers op die internet gekontroleer.

Hierdie naweek is dit weer koudin die Kaap en ek gryp die onoopgemaakte koeverte om te kyk wat kan weggegooi word en wat nie.

Groot was my verbasing om die volgende op ons kredietkaart rekenings te let:

van die een maand na die volgende:

Let op na die verandering in jaarlikse rentekoers. 

hier is geen dokumente waarin ons daarvan verwittig is nie maar ek kan nie gaan kla nie want dit kon in die tyd wat ons weg was dalk verlore gegaan het.

Tina, beantwoord dit jou vraag?

21 antwoorde op weet iemand hiervan?

  1. TS het gesê op Augustus 27, 2012

    Eina… ek kyk nie regtig na sulke goed nie. Gha moenie dink dat hulle so iets sou doen as mens krediet op die rekening het… Mens kan net nie wen nie

  2. Adage10 het gesê op Augustus 27, 2012

    Hulle is darem maar ‘n spul bleddie skelms
    🙁

  3. Die ergste is iets wat jy dalk mis: Nl, hulle skuld jou eintlik geld en jy skuld eintlik niks. Hulle het geen bewyse dat hulle enige iets aan jou geleen het nie. As jy my nie glo nie, loop vra self die bank vir daai bewys. In effek skep jy self die geld deur jou eie handtekening. Vir ‘n ware lening om te bestaan moet die party wat uitleen kan wys dat sy eie rekening inhoud verminder het met die bedrag uitgeleen en dis iets wat hulle nie kan doen nie…..daarom dat ons van New Era nou die ding hof toe vat om dit alles ondersoek te kry en banke dan te dwing om eerlik te wees oor hoe hulle besigheid doen.

  4. skelm helle!

  5. kan jy sien hoeveel geld hulle op die ou einde uit hulle klante maak?

    die repo koers het nog afgekom, maar hulle gee dit deesdae nie meer deur aan die publiek nie, behalwe op huisverbande. Ek wil nog na die ander bankstate ook kyk om te sien wat daar gebeur het

  6. selfs meer as wat mens dink!

  7. die SA banke melk ons leeg. In België het ons geen krediet fasiliteite nie daarom weet ek nie wat hulle koerse is nie.
    Ons maandelikse bankkoste is egter net onder R30 (€2.80) en alle ander transaksies is gratis

  8. dit maak ‘n mens moerig. die suid-afikaners betaal duur vir die “diens” wat die bank hulle kastig lewer

  9. endlich het gesê op Augustus 27, 2012

    scary hoor, Blikkies!

  10. You need to shop around for the best interest rate, credit interest rates are governed by legislation and it has a maximum, I can’t remember what the ceiling is, I seem to think 25%.

  11. Skurke – belaglik!

  12. Eish ! Dis al wat ek kan sê….

  13. pasella het gesê op Augustus 27, 2012

    Blerrie otters, en nie veel wat jy daaraan kan doen nie.

  14. Best would be to stay out of debt with our credit cards in future.
    But will go around a bit and find out what is on the table

  15. wet van transvaal

  16. so ongemerk gebeur dit

  17. my skoonma se gunsteling slegsê woorde was altyd: sulke otters!
    nee, helaas het hulle ons op ‘n plek beet waaruit mens nie juis kan move nie

  18. Tjoklits word stil-stil kleiner en rentekoerse word ewe stil-stil groter…

  19. lekker laat jou opmerking my smile.
    vir ‘n tevrede samelewing moes dit net andersom wees

  20. Die rentekoerse het mos gedaal sodat mense meer skuld kan maak maar nou is almal se geld op en hulle kan nie terugbetaal nie. Intussen kan ons arme siele wat moet lewe op rente dit nie maak nie want ons inkomste krimp daarmee saam.

  21. die bietjie rente wat op spaargeld verdien word is deesdae maar karig

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.