o brannewyn laat my staan……..

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Tina se vodka inskrywing het my weer jare terug gevat.Laughing

Terwyl ek ons 2e kind verwag het, het ek erge rugpyn begin kry.

Soveelso dat ek baie moeilik begin slaap het op ons bed – die bed was net te pap vir hierdie rug se pyn.

Boer maak ‘n plan en ek het toe ‘n matras gevat en sommer op die vloer in ons kamer gegooi wat slaap so effe vergemaklik het.

Hier so teen die sewende-agtste maand kry ek tandpyn.

ERGE tandpyn en die tandarts wou nie doodspuit om aan die tand te werk so laat in my swangerskap nie. Dis glo op daardie stadium nadelig vir die baba.

Ek moes toe so loop tot na bevalling. Yell

Te veel pynstillers kon ek ook nie juis drink nie en die uitspoel van my mond met brandewyn het verligting gebring.

Die een aand toe ek weer met so brandewyn asem op die matras neersak, begin Doring lag met min of meer die volgende woorde:

Wat sal mense wat jou nie ken nie dink as hulle jou asem ruik jou lyf bekyk en jou so op die mat sien slaap?

terwyl ek nou so sit en tik wonder ek of daar al ander lokale verdowing in die tussentyd op die mark gekom het wat wel gebruik kan word in so situasie

29 antwoorde op o brannewyn laat my staan……..

  1. pasella het gesê op Augustus 20, 2012

    Brannewyn, edel vog!

  2. bierman het gesê op Augustus 20, 2012

    Ek onthou ‘n soortgelyke storie waar my niggie oorpyn in die wildtuin gekry het en my oom met ‘n glas in die hand by die huis langsaan gaan brandewyn bedel het om in die kind se oor te gooi.

  3. TS het gesê op Augustus 21, 2012

    vanhelsdingens… kyk net hoe mooi het hy uitgedraai

  4. Ek moes ook wag met ‘n seer tand tot na die bevalling.
    Dalk kan Exi lig werp op jou vraag.

    Ek giggel vir Doring se opmerking
    😀

  5. Neander het gesê op Augustus 21, 2012

    Mans het ander probleme met Brannas.

  6. Met so ‘n boeppens en seer tand dinks ek nie jy sou ‘n hel omgegee het wat mense dink nie…is ek reg?

  7. Adage10 het gesê op Augustus 21, 2012

    Hahaha!
    Of as jy die baba in die wêreld moes bring en die dokter wil uitpass onder die walms.
    Ek spot maar net.

  8. agv die dampe van sy mamma af 🙂

  9. goeie meddersyne

  10. wat het jy daardie tyd vir die tandpyn gedoen?

  11. he he, al was ek daardie tyd effe meer sensitief vir die samelewing se goedkeuring, dink ek steeds jy kan nogtans reg wees

  12. helaas, ja.

  13. Hoop darem nie dit was so erg nie. 🙂

  14. *grin*

  15. endlich het gesê op Augustus 21, 2012

    ek sien dit so in my geestesoog….hehahie

  16. Lekker lag ek nou!

  17. He- he ! Ek kan my net die prentjie indink !

  18. gelukkig nie gin

  19. glad nie goed nie. 🙂

  20. 🙂
    Bly om jou weer hier rond te sien

  21. alles behalwe vleiend.:-)

  22. Ek kan glad nie onthou nie, maar daarna het ek ‘n disprin in stukkies opgebreek en kort-kort ‘n stukkie in die pyn gedruk.

  23. jis ek het nou lekker gelag, doring is skerp!!!

  24. “now if it were gin, you’d be wrong to say yes – the evil gin does would be hard to assess (besides it’s inclined to affect me prowess) – so have some Madeira, m’dear!”

    – Flanders and Swan (wie anders)

    🙂

  25. soms te skerp na my sin. 🙂

  26. Smile – ek dink dit was omtrent ‘n prentjie van ‘n anderse kleur! ooh, en reuk… lol!

  27. Ek hoop nie dat die dampe nadelig was vir die baba nie!

  28. Darem nie te erg so op die oog af nie. 🙂

  29. Kon myself gelukkig nie sien nie 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.