Wêreldnuus
Augustus 17, 2012 in Sonder kategorie
Die 2 manne in my lewe wat hulle tans in die buiteland bevind, het albei laat weet dat dit gons om hulle. Ja, ons weet al die onluste en optrede by die myne het die buitelandse nuus gehaal.
Die bietjie internasionale nuus watna ek al gekyk het, het my laat aflei dat ander lande nie twak van misdadigers vat nie. Nou wonder ek of hulle simpatie nou eerder by die stakers is teenoor wie daar so hardhandig opgetree is.
In die grepe nuus wat ek gesien het was dit hoofsaaklik swart polisie manne wat geskiet het.
Maar ja, baie van die gesprekke wat ek gehad het met Europeërs, het my laat besef dat heelwat van hulle Afrika sien as ‘n kontinent wat net met geweld kan funsioneer.
Sommer so stukkie uit Doring se e-pos aan my :
Het my gister vir ‘n ou vervies by die bushalte. Ons praat Engels en hy vra my toe of ek ‘n Amerikaner is en ek se toe nee, Suid Afrikaner. Ek weet nie of hy gespot het nie maar hy se toe “nog erger” Het hom nie geantwoord nie. Maar nie sulke ouens wat summier veroordeel, om my nodig nie
TS het gesê op Augustus 17, 2012
Jy het nou eerstehands gesien wat hulle van ons dink. Ek wonder of hulle ooit tot ander insigte sal kan bring.
endlich het gesê op Augustus 17, 2012
ja, dankie tog die polisiemanne was swart en ons is onder ‘n nuwe regering, anders het ons dalk ‘n nuwe vakansiedag gehad om die wreedhede van die ongeregtigheid te herdenk
CBL1979 het gesê op Augustus 17, 2012
So waar!
avega het gesê op Augustus 17, 2012
Ons was vir lank die witbroodjie van die wereld nou word ons die swartskaap. Die euforia is verby.
Adage10 het gesê op Augustus 17, 2012
Dis wat my so gatvol maak van CNN – hulle maak ‘n maaltyd van alles. BBC ook. Want daar is nie ander ‘opwindende ‘ nuus soos massamoordenaars nie. Dis hulle kos.
postatdo het gesê op Augustus 17, 2012
Here is the issue:
Thursday, 16 August 2012:
Before the police advance, AMCU president Joseph Mathunjwa, whose organization has been on a big recruitment push in South Africa’s platinum mines, said there would be bloodshed if police moved in.
“We’re going nowhere,” he shouted through a loud-hailer, to cheers from the crowd. “If need be, we’re prepared to die here.” (Reuter)
Friday, 17 August 2012:
The president of Amcu wanted to go back and die with his dead colleagues when he saw them fall during police fire at Lonmin’s Marikana mine, he said on Friday.
“I told them to leave…I pleaded, I pleaded,” Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) president Joseph Mathunjwa told reporters in Johannesburg.
Tears rolled down his cheeks as he recounted the events that led to the deaths of over 30 protesters in a clash with police on a hill near the mine on Thursday.
He said workers had earlier refused to leave, vowing to stay on the hill even if they were killed.
“We got in our cars and left… After a few minutes the phone rang (about the shooting).
“I wanted to turn back and go and die with my comrades,” said Mathunjwa. (IOL)
rosiemetdorings het gesê op Augustus 17, 2012
van hulle was ons baie simpatiek gesind
rosiemetdorings het gesê op Augustus 17, 2012
wat ek ook gedink het
rosiemetdorings het gesê op Augustus 17, 2012
Laat jy my nou daaraan dink dat Baa baa black sheep nie meer polities korrek is nie, die woorde moet blykbaar verander
rosiemetdorings het gesê op Augustus 17, 2012
within a day a total turnaround
rosiemetdorings het gesê op Augustus 17, 2012
hierdie is bad news vir toerisme in ons land.
Hoop ons Duitse vrinne wat bepaln om Januarie hierdie kant toe te kom, trek nie kop uit nie
Carol460 het gesê op Augustus 17, 2012
Ai tog, wanneer gaan dit eindig ! 🙁
loudavisi het gesê op Augustus 17, 2012
Dis angswekkend, Rosie.
Ek dink net dat geweld net in die uiterste omstandighede toegepas moet word.
Ek het die nuus gesien en was verstom oor die massas en massas…vrees het oor my gekom.
postatdo het gesê op Augustus 17, 2012
More than that Rosie, he did a lot of instigating and hate-speech and the minute he saw that they had trouble, the flippen coward got in his car and left the scene. Crying afterwards, calling for an investigation and using propaganda statements such as massacre etc will not bring those workers back.
HeavyHenry het gesê op Augustus 18, 2012
Idiots on both sides – why did the police not just let them be?
philvr het gesê op Augustus 18, 2012
Volgens my le die probleem met die werks Unies.
Mooi loop,
PvR
rosiemetdorings het gesê op Augustus 18, 2012
nie gou nie (indien ooit)
rosiemetdorings het gesê op Augustus 18, 2012
dit bring nogal ‘n angstighied in ‘n mens op
rosiemetdorings het gesê op Augustus 18, 2012
die opstokers
Twaksak het gesê op Augustus 18, 2012
My neefster in Amerika vertel hoe hy ‘n stukkie aarde buite hulle apartment afgespan het vir hulle hond en die buurman wat gesê het, “You South Africans, first you expand and then you fence it!”
rosiemetdorings het gesê op Augustus 19, 2012
Buurman van Neefster klink maar na ‘n taamlike stroent
bierman het gesê op Augustus 20, 2012
Ek het gisteraand na die slim manne op RSG geluister en dit klink my dit is ‘n onderonsie tussen 2 vakbonde. Daar was ook ‘n toordokter betrokke wat hulle onsigbaar/onsterflik maak Hulle was dus baie dapper want niks kan met hulle gebeur nie Die politiek het ook baie te make Verder is daar ‘n ding met die mense wat voor boor wat die myn wil meer betaal omdat hulle so skaars is Dit is nie met die vakbonde bespreek nie en natuurlik moet hulle nou wys wie is baas. Daar is dus geweldig baie issues en natuurlik is Zuma bang dit beinvloed sy herverkiesing Ons moet maar wag en sien maar die saak is nie afgehandel nie
I-like-silly het gesê op Augustus 20, 2012
noudat ek gehoor het Malema was daar, ruik ek ‘n rot!
rosiemetdorings het gesê op Augustus 20, 2012
Is inderdaad komplekse situasie – hoop net die polisie raak nie TE trigger happy nie
rosiemetdorings het gesê op Augustus 20, 2012
‘n vrot rot
Perdebytjie het gesê op Augustus 22, 2012
Die polisiemanne se storie word nie vertel nie.Dis weer net die eenkant van die verhaal,soos destyds met Sharpville.
rosiemetdorings het gesê op Augustus 22, 2012
Ek weet nie veel van wat werklik aan die gang is nie, dit lyk net nie vir my baie bemoedigend vir die toekoms nie
MEleroux het gesê op Augustus 25, 2012
Daar is te veel kante aan hierdie saak om sommerso agter die kap van die byl te kom. Ek veroordeel of praat nie die polisie se optrede goed nie, maar as die massas so op my afstorm…… watter verweer het hulle gehad? Dit is ironies dat in lande soos die VSA daar baie minder kwessies oor menseregte is – ek dink nie hul polisie vaar beter as ons s’n nie. Waarom geld menseregte slegs vir die betogers? Respekteer hul die polisie, die vakunies, die mynbase? Hoekom word daar so min gepraat oor die moorde op twee sekuriteitswagte?
rosiemetdorings het gesê op Augustus 25, 2012
o gewis.
my ma het altyd gesê ‘n storie het 3 kante, jou kant, my kant en dan die werklike kant.
die opswepers is die groot moeilikheid makers en hulle kom skotvry