gelukkige moedersdag.

Augustus 16, 2012 in Sonder kategorie

Met die dat ek op die oomblik alleen by die huis is, is my tyd en my program my eie.

Moet erken, veral toe ek ook nou net van shlwanjan se dag gelees het, ek geniet dit nogal.

Vanmiddag so net na drie uur hoor ek die garagedeur oopgaan en kyk by die venster uit.

Een van die kinders wat onverwags hier aankom.

Hy stap by die deur in met ‘n yslike pakkasie in sy arms, groet my en wens my ‘n gelukkige moedersdag toe.

Ek kyk hom verbaas aan en hy oorhandig die gepak aan my  – Sy flippen wasgoed.

Vir die res van die middag was daar nie weer sprake van tyd vir myself nie.

Eers gou een bondel wasgoed in die masjien gestop.

Terwyl ons gou gery het vir proviant, onthou ek hou nie kos aan vir so onverwagse groot eter nie, was die wasgoed en toe ons by die huis kom, hang ons dit so saam saam uit.

Hy’t sy versoeke gerig en gevra vir behoorlike kos.

dit sluit so veel as moontlik groente in

Spyskaart was eindelik braaivleis met aartappelslaai en ‘n oondskottel van gemengde groentes.

Ek kla nie, want so was dit weer vir ‘n verandering ook lekker om te kan “bederf”

Gaan tot nou nog gou vir hom brandstof ingooi, want hoewel hy siekerig voel en vroeg geloop het vanmiddag, is daar niemand wat more kan instaan nie, en ek dink nie dis goed dat hy onnodig in die koue moet uit nie

18 antwoorde op gelukkige moedersdag.

  1. Gaan kyk weer vir Shirley Valentine!

  2. Do you ever get rid of them??????? 🙂

  3. Great movie.

  4. TS het gesê op Augustus 17, 2012

    hehehe… gelukkige Moedersdag… jy wou hulle gehad het?

  5. Ek wou dit hoor!
    Lekker om te weet hoe dit in ander huise gaan, dan kan ek tevrede terugsit met die wete dat my eie dinge dan nie so erg is nie.

  6. Adage10 het gesê op Augustus 17, 2012

    🙂

  7. flapoor het gesê op Augustus 17, 2012

    Ag, die lewe van ‘n Ma. Dis so voorreg om dit nog te kan doen. My koshuisbrak is ook hier en aangesien hy rugby speel is die order hoenderborsies, spinasie, bruinrys en vetvrye melk. Ek wil nie eers praat van die wasgoed nie. Lekker naweek.

  8. *Grin*

    Lekker! Geniet dit terwyl hulle daar is!

  9. endlich het gesê op Augustus 17, 2012

    Rosie, so van hier af lyk dit na ‘n grote voorreg.
    Hy het sy woorde mooi gekies, sy ma mooi om sy pinkie gedraai. Dis goed as kinders dit kan doen, dan is die mammie ‘n sweetheart.

  10. sal so maak
    🙂

  11. Does not seem so! 🙂

  12. ja ek het hom ook nogal ‘n goeie punt vir oorspronklikheid gegee

  13. Ma se rol verander nooit.
    Lekker daggie vir jou

  14. :-}
    (Hy kom vanaand weer hierdie kant toe)

  15. Dankie Flapoor. Geniet ook jou naweek

  16. Ja, hopelik sal hulle nog lank met my wees.

  17. He He Jy dink. 🙂
    Hy is juis die ene wat my die meeste as vanselfsprekend aanneem, maar ek kon sien hy voel rerig siek dan is bederfie eintlik nodig – al is hy yslik groot

  18. endlich het gesê op Augustus 17, 2012

    Lamal hou van bederfies, maak nie saak hoe groot jy is nie. Hoop hy het datrem dankie gese, al was dit net met ‘n kyk

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.