hierdie opmerking iewers gehoor.

Augustus 12, 2012 in Sonder kategorie

Ever notice,

the people who are late are often much happier than those waiting for them?


Ons was een oggend gruwelik laat vir kerk by die internasionale gemeente waarna ons in België gaan.

Die opmerking van een van die locals was:

Jullie bent geëxcuseerd omdat we weten dat je komt uit Afrika.”

Ja, hulle beskou dit as ‘n Afrika kwaal

Geredigeer

Hierdie verwys na geen enkele persoon in die besonder.  gaan maar net oor die algemeen oor laatkom. Embarassed

28 antwoorde op hierdie opmerking iewers gehoor.

  1. Ai die blessitse fonts wil net nie saamwerk nie

  2. TS het gesê op Augustus 12, 2012

    Ek het nou al geleer om ‘n selfoon speletjie te speel as ek klaar die spyskaart bestudeer het. Ek is net met groot uitsonderings laat.

  3. sirpsa het gesê op Augustus 12, 2012

    Highlight alles gelyk en stel weer jou font. Werk vir my.

  4. Ek het en het en het
    🙂
    in die verlede gewerk, nie vandag nie

  5. Ek haat dit as ‘n bruid laat is vir haar eie troue !

  6. avega het gesê op Augustus 12, 2012

    Daardie uitdrukking is seker die waarheid, maar dit maak dit nie reg nie. Dis die persoon wat uit ordentlikheid en respek betyds is vir ‘n afspraak wie se tyd gemors word. Ek wag sonder uitsondering altyd vir mense want ek is altyd bietjie vroeg of op die laatste betyds, maar neem altyd my Kindle saam so ek word nie kwaad daaroor nie.

  7. ek is ook gewoonlik die ene wat wag.

  8. Op onse troue was die dominee laat.
    Njannies

  9. ek kindle nog nie, maar ook altyd gewapen met ‘n leesstoffie

  10. Ek het ook altyd iets om my mee besig te hou as ek so moet wag.
    Ek is ALTYD betyds!
    😀

  11. Ek het altyd gedink dis ‘n simptoom van coastal fever.

  12. my derms het twee weke terug begin knnop want die Dr wat my moes opereer was agt ure laat!!!!

  13. endlich het gesê op Augustus 13, 2012

    ok, ek aanvaar dit so. As ek dink oor laatkom. objektief dink daaroor. Is dit puuuure arrogansie. hoekom ek altyd laat is, weet nugter.

  14. ek probeer, maar slaag nie noodwendig altyd daarin nie

  15. omdat die mense by die see meer laidback is?

  16. kan dink dit werk op mens se derms

  17. Daar is mos maar gereeld onvoorsiene dingetjies wat opduik.

    moenie dink hierdie mense wat so vertel hulle is altyd betyds het nog nooit een of ander oponthoud gehad nie

  18. I am always late, I don’t wear a watch and I tend to leave my cellphone at home.

  19. He – he, dit het julle seker lelik laat sweet !

  20. inadk het gesê op Augustus 14, 2012

    Gelukkig is dit makliker om vergewing te kry as toestemming! 🙂

  21. ja, is so

  22. frandr het gesê op Augustus 14, 2012

    Ek voer my lewe lank ‘n verbete stryd teen die tyd en kom maar altyd laat…Afrikatyd pas my soos ‘n handskoen, want deesdae is ek die heel eerste een by vergaderings :0)

  23. Mens kan so daarna kyk, ja. Of jy kan dink dat hulle eintlik maar bietjie vertraagd is…

    Your mileage may vary.

  24. mens se tyd kan sommer gou-gou gesteel word as jy nie oplet nie.

    Net gou eers iets doen voordat jy vertrek vir afspraak, dan blyk dit dat die “iets” nie so gou afgehandel kan word as wat jy gedink het nie

  25. Dis sleg, Roosdoring, dis sleg. Dis nou daai een wat jy in die blikskottel se praatplek vra. Ek was egter baie beindruk met jou reaksie dat jy nie ‘n ‘vaal kol voel’ oor wat ek dink nie! Ek memoriseer dit dat dit bars duskant sodat ek dit kan reghou vir wanneer ek weer voel na laat waai met, ‘I don’t give a sh*t’. :-))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.