swak diens – opvolg van my vorige blog

Augustus 9, 2012 in Sonder kategorie

Nadat ek nou die dag in al my woede die helfte van my frustrasie hier kom aftik het, het ek ook met verskeie ander mense gepraat.

Natuurlik weet ons almal van Hellopeter, en iemand het my aangeraai om hulle daar te rapporteer.

Groot was my verbasing om te sien hoeveel klagtes daar alreeds teen hierdie spesifieke instansie ingedien is.

Ek moet myself dus seker blameer oor ek so lekker ingeloop is.

As ek eers gaan kyk het wat ander kliënte se ervarings van hulle diens was, sou ek baie beslis 2X gedink het voordat ek hoegenaamd met hulle besigheid gedoen het.

Daarom wil ek julle aanraai om by Hellopeter te gaan loer wat ander mense se ervarings met besighede is.  Goed en sleg kan aangemeld word.

16 antwoorde op swak diens – opvolg van my vorige blog

  1. postatdo het gesê op Augustus 9, 2012

    Someone from some company told me recently that they employ someone full time to resolve issues lodged at HelloPeter againtst their company. For the life of me I can’t remember which company it is, all I do know is that it is a listed company, I seem to think Vodacom. Great advice though, always check before you spend money, enjoy your weekend.

  2. Adage10 het gesê op Augustus 9, 2012

    Het jy hullle laat weet?
    Hoekom noem jy nie hulle naam hier nie?
    Ek sou want jou anonimiteit word mos beskerm op Litnet

  3. TS het gesê op Augustus 9, 2012

    Is dit nie nou te laat nie? Wat gaan hulle aan die saak doen sal ek graag wil weet?

  4. In future I willfrom time to time definitely browse through Hellopeter
    Great weekend for you too.

  5. anonimiteit ? Ha ha ek het op Hellopeter sommer my werklike identiteit gebruik,
    ek het hulle nie beswadder nie, bloot die verloop van gebeure neergeskryf.

  6. Vir my dalk, maar ek h et nou al ‘n paar mense wat weet om nie van hulle diens gebruik te maak. een persoon se reaksie was : O gaats, Dr*”n s.rg^!n se pamplet is op my yskas. ek gaan dit sommer dadelik afhaal en wegggooi

  7. TS het gesê op Augustus 9, 2012

    O tyd, ek gebruik hulle gereeld. Was nog altyd meer as tevrede. Hulle was nog altyd betyds hier en dit was nog nooit nodig om hulle weer te laat kom nie.

  8. Carol460 het gesê op Augustus 9, 2012

    Die probleem is omdat mens self eerlik is, dink mens ander mense is ook. Ai tog ! Skryf vir die koerant se verbruikersdiens sodat ander mense gewaarsku kan wees

  9. helaas, ja.

  10. lyk my dis franchises. dan kan dit seker wees dat sommiges beter funksioneer as ander

  11. My seun het by Hellopeter gekla oor n groot instansie se diens en daar was ook al baie klagtes maar binne 15min het hulle hom gebel en sy probleem opgelos of hy was net gelukkig of dit werk…..:-)

  12. Baie bly vir sy part.
    Wens net mense wil meer daar gaan inloer. Self is ek skuldig dat ek van hulle weet maar nie benut nie. Mens verwag egter mos nou nie noodwendig vooraf probleme nie

  13. endlich het gesê op Augustus 10, 2012

    mens glo mos altyd eers die beste tot jy verkeerd bewys word

  14. ek is alles behalwe wantrouig van geaardheid, gevolglik loop ek my van tyd tot tyd so vas

  15. endlich het gesê op Augustus 13, 2012

    🙂 heloohooo

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.