moenie die dokters vertrou nie!

Augustus 7, 2012 in Sonder kategorie

Veral nie as hulle hulself dokters op ander terrein as die mediese veld noem nie.

ek het so pas ‘n liederlike stel afgetrap met sulke mense.

elke keer as ek met hulle praat is daar iets wat agterna by die kwotasie moet kom!

Aanvanklik verkeerde kwotasie met syfers wat nie wou klop nie!

Daarna verneem hulle wanneer ek betaal waarop ek meld dat ek betaal sodra hulle werk afgehandel is.

Waarop hulle reageer dat dit dan ‘n verdere koste sal wees, want ek het hulle telefoniese woord aanvaar en nie die nitty gritty van die kwotasie gelees nie MY FOUT.

Seeds klop die rekening nie!

NOU kom hulle en vertel dat hulle vergeet het om die aanvanklike ondersoek se koste te hef!!! net R950 wat op geen stadium aan my gemeld is nie!!!!!

Hulle dryf my na die gruwelikste taal denkbaar.

35 antwoorde op moenie die dokters vertrou nie!

  1. Adage10 het gesê op Augustus 7, 2012

    Is dit die water-ding?
    Moet vir jou vertel een so ‘n skok en jy het dalk nog verdere medies onkostes… hartaanval of stroke van woede.
    Was gister by die tandarts, as dit is wat ‘n brug kos wil ek nie weet wat ‘n ‘artifical limb’ gaan kos nie, gee nuwe betekenis aan dit kos ‘n arm en ‘n been.

  2. endlich het gesê op Augustus 7, 2012

    mediese kostes deesdae ‘n totlae rip-off.
    dis omdat drs se vroutjies dink hulle hoef nooit te werk nie en hulle moet een of ander blink vierwielding ry. O ja en nie vergeet van die stronthuis wat in Hermanus pryk nie…die arme goed tree almal armlastig af, want mamma is mos mevrou dokter!

  3. TS het gesê op Augustus 7, 2012

    ehehehe…skuus ek lag watse soort dr’s gebruik jy? Het jy nie ‘n skriftelike kwotasie nie? Moet is in dieselfde asem se ons Roof Doctor is uitstekend

  4. Ons word ook uitgebuit.

  5. MarynaM het gesê op Augustus 7, 2012

    Wat ‘n lelike veralgemening.

  6. sirpsa het gesê op Augustus 7, 2012

    Vergeet om die aanvanklike ondersoek se koste te hef. HULLE FOUT.

  7. Ja dis die waterlekkasie wat met elke oproep ‘n geldlagie bykry.
    die kersie op die koek was toe hulle my meedeel dat hulle aanvanklik vergeet het om my in te lig dat hulle ‘n R950 Call out fee het

  8. josfien,
    ek het ‘n seun wat ‘n mediese dokter is, ja hy kry goeie geld, maar hy werk regtig blessit hard daarvoor.
    hierdie dreindokters is ‘n tien maal groter rip off wat tot op ‘n punt werk en dan vir my vertel, nou gaan dit nog meer kos.
    dis om soos op die operasie tafel te lê en die dokter deel jou mee dat hy jou net sal toe werk indien jy hom betaal vir wat hy reeds gedoen het voordat hy jou gaan toewerk

  9. Die skriftelike kwotasie beveg hulle nou.
    Met eerste ene het hulle wel gesê dat die plaveiwerk se kwotasie eers na die oopmaak en die berekening van die omvang van skade bereken kan word. ek het 2e gewysigde kwotasie ontvang wat nie weer gemeld het dat die plaveisel steeds nie in berekening gebring is nie

  10. endlich het gesê op Augustus 7, 2012

    skuus, maryna.
    dit gebeur.

  11. Ek is vanmiddag een dik bedonnerde stuk vleis. Soveelso dat ek internet banking opgedons het en dit boonop ook eers weer moes laat wysig

  12. Hulle is betaal maar ek is besig om hulle dokumnete vir hulle hoofkantoor saam te stel.
    Gaan sommer ook by Hello Peter ‘n draai gooi.

  13. endlich het gesê op Augustus 7, 2012

    hahaha, ek het jou helemal verkeerd verstaan.
    Dokters werk baie hard, ek stem. Daar is ook net soveel ure in ‘n dag, dus kan hul nie verder as die x aantal ure wat in ‘n dag is geld genereer nie. Dus moet hul hul fooie opstoot om hul lewenskostes te dek. Van ons vriende is dokters, ek is self in ‘n mediese lyn en ht baie respek vir die meeste dokters. ek is ook baie bewus van die ouer generasie dokters wat nie kan ophou werk nie, omdat mevrou dokter te lekker gelewe het. Jammer oor die veralgemenig. My punt was any way van die punt af.

  14. avega het gesê op Augustus 7, 2012

    Betaal jul versekering nie daarvoor nie? Ons het ‘n pyp gehad wat gelek het en hulle moes hele stelsel vervang maar die versekering het betaal. Dankie tog want dit was R25000 se werk.

  15. lora2me het gesê op Augustus 7, 2012

    Ek deel jou frustrasie. Ek het meer as drie maande gewag vir die finale herstel van ‘n binnemuurse waterlek omdat die eerste “dokters” wat deur die Groen versekeringsmaatskappy uitgestuur is, so droog gemaak het. Ek het tot ‘n ekstra gat in my badkamermuur gehad a.g.v. die kastige “droog”-makery … letterlik en figuurlik.

  16. MarynaM het gesê op Augustus 7, 2012

    Wat is jy, ‘n hospitaalklerk? Ouer dokers het gewoonlik ‘n string kinders op universiteit vir wie hulle moet voorsien. Jy klink afgunstig.

  17. Ek het aanvanklik die versekering gekontak. Eerste kwotasie was met die volgende woorde: QUOTE EXCLUDES PUTTING BACK OF PAVING, CAN ONLY BE QUOTED ON ONCE LEAK IS EXSPOSED. Toe ek dus 2e gewysigde kwotasie kry (leak was toe al “exsposed”) was dit net onder 2½ duisend, ek het aanvaar dis nou omvattend wat ek gedink het ons steeds maar self kan betaal. MAAR die plaveisel was toe steeds uitgesluit en nou het hulle ook ondertussen vergeet dat hulle nie die call out fee bygewerk het nie

  18. Ek gaan hierdie net daar laat nie – buiten dat ek wyd en syd my ontevredenheid verkondig, gaan ek ook aan hulle hoofkantoor skryf.

  19. @ Maryna, ek glo dat sy nie ‘n klerk is nie. Het egter self jare in hospitale gewerk en wil net meld dat selfs daardie klerke onmisbaar was. (ek kan nie vir die hedendaagse admin instaan nie)

  20. Carol460 het gesê op Augustus 7, 2012

    Kan jy dit oorvertel ! Dreig hulle met die ombudsman!

  21. Vetjan het gesê op Augustus 7, 2012

    soos in “drain doctor” en so ….

    ek het gewonder wat se dienste van iemand buite die mediese veld jy na verwys het … nou ja .. onthou dit maar as jy die toordoktor gaan besoek.. oeps .. hulle werk mos ook in die “mediese” veld

  22. MarynaM het gesê op Augustus 7, 2012

    Iemand in die “mediese lyn” wat wel ‘n professionele mediese kwalifikasie en dokters as vriende het, sal nie hierdie soort kwaadwillige veralgemenings maak nie. Hulle sal ook weet hoe dokters geld genereer.

  23. Weet jy, ek het net nie krag en spoed nie. gaan dit wel by hulle hoofkantoor aanmeld – hulle het landwye takke

  24. Jip die mense wat vertel hulle genees “drains”
    Ek vertrou volgende keer eerder die toordokter as die drein dokter – en dit is ‘n bekvol van my af

  25. Hou net op betaal en verlaat jou op die skriftelike kwotasies.

  26. endlich het gesê op Augustus 8, 2012

    “wat ‘n lelike veralgemening”

  27. iemand bel vanoggend en hoor my klaaglied aan. Hierop vra hy:
    “ok wat is hierdie mense se naam sodat ek weet om hulle nie te kontak nie?”

  28. MarynaM het gesê op Augustus 8, 2012

    Glad nie. Net feite.

  29. Twaksak het gesê op Augustus 9, 2012

    Ek sit juis met ‘n dokter wat op vooraf betaling aangedring het en nou boonop ‘n eis by my medies ingedien het. Maar jy praat van ‘n loodgieter?

  30. Ja, hulle noem hulle self (sny)dokters op die gebied!
    om na jou torie toe te kom – dit het ook al met my gebeur.

    Selfs nou die dag aan alarm stelsel laat werk. die tegnikus het die woordjie debied order op invoice omsirkel (soos versoek) toe bel rekening afd en vertel dit kan ongelukkig nie so gedoen word nie. ek betaal toe en hulle trek dit WRAGTAG weer af ook. sukkel nou myself disnis om dit terug te kry

  31. *grin*

    Word of mouth werk albei kante toe…

  32. weet jy hulle het ook sommer ‘n 30% penalty as jy nie DADELIK betaal nie!
    Groot op die invoice

    My waarskuwing: Bekyk al hulle dokumente vooraf deeglik indien jy wel van hulle diens wil gebruik maak!

  33. Hulle kan dit probeer hef, maar dis sommer BS. Mens ignoreer dit net.

  34. Deesdae kan jy niemand vertrou nie. Ek het ook al besef, alles moet op paier wees en jy moet dit ordentlik deurlees en seker maak jy verstaan. Teken ook altyd die sinnetjie: All rights reserved, onder jou handtekening van enige kontrak ooreenkoms of sommer enige iets wat jy teken.

  35. ek gaan hierdie sinnetjie beslis in die toekoms onthou. My probleem was dat ek nie eers lont geruik het nie, nie voordat hulle my bel vir die betaling nie. ek was salig onder die indruk hulle wag vir die grond om effe te settle

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.