om tot tien te tel
Augustus 30, 2012 in Sonder kategorie
so rukgelede het ek gebrom oor swak diens.
Daarna het iemand my die idee gegee om dit by Hellopeter aan te meld wat ek toe hier bespreek het.
Wel, in Hellopeter maak die maatskappy wat by die saak betrokke is, my totaal tot leuenaar.
Tussendeur kry ek e-pos van Hellopeter dat ek opvolg pos sal kry om kommentaar op die antwoord te lewer, wat nooit gekom het nie.
ek lodge toe maar weer ‘n klag en ontvang die volgende boodskap vanaf Hellopeter:
Hellopeter.com is not designed for updates. Only ONE report per Supplier/issue is permitted on the site. Any add-ons will be deleted.
The Customer Feedback facility is provided for you to give your feedback – there is no need to write a new report.
(net jammer customer feedback het nooit gearriveer nie!)
dis toe op daardie stadium wat ek daaroor begin blog en vertel hoe die vieste in ek is (*)
Terwyl ek nog aan my blog tik kry ek verdere e-posse wat beweer dat ek die maatskappy nog glad nie betaal het nie en as die geld teen more nog nie inbetaal is nie, sal ek met kostes en rente aan hulle prokureurs oorgegee word.
TOE KOOK MY BLOED!
‘n onsmaaklike telefoongesprek volg en daarna stuur ek e-pos aan hulle met bewys van my betalings waarin ek hulle daarop wys dat dit net nog ‘n leuen (hulle gebruik die term incorrect information) is wat hulle heen en weer stuur.
Het toe darem die ordentlikheid om vir my boodskap teruggestuur wat om verskoning vra.
Please accept my humble apology with regards to this. I was given incorrect information. Sorry – once again.
Have a great day.
Dit nadat hulle die dag vir my totaal bedonder het!!!
Ek roei eerder in ‘n kano in my eie huis rond voordat ek ooit weer van die mense wat hulself as drein spesialiste uitgee, se dienste gebruik maak.
(*) die blog moes ek verwyder omdat ek my persoonlikheid daarin totaal verloor het.
Onlangse kommentare