Jy blaai in die argief vir 2012 Julie.

somerkonserte

Julie 14, 2012 in Sonder kategorie

oral in die strate is ‘n tydelike verhoog tussen die geboue opgerig waar verskeie kunstenaars optree.

Velede week se tema was Folk.

hierdie ouens het Ierse musiek gespeel wat maar raserig was

Hierdie ouens het hulle eie eksperimentele musiek gejam -? Skots

Gisteraand was die musiek van ‘n baie beter standaard

Let op SOMER maar almal het warm goed aan

Weet nie wie hier opgetree het, maar die ou het reg laat geskied aan Neil se Sweet Caroline

Half elf stap ons woonstel toe en verbaas ons oor die baie mense wat nog met hulle klein kinders op straat is.

My dorp

Julie 13, 2012 in Sonder kategorie

Lanklaas foto’s geplaas van my plaaslike omgewing.

As ek so na hierdie ou geboue kyk en sien hoe die mense verby stap sonder om ag te slaan daarop wonder ek of hulle dit as vanselfsprekend aanvaar en of hulle dit steeds raaksien.

Hierdie geboue is in een van die hoof inkope strate met winkels wat uit hulle bedryf word

Sy datumsteen wat net bo & regs van die middelste boog sigbaar is

Hierdie ene het selfs ‘n dak van koperplate.  Weet glad nie of dit nog die oorspronklikes kan wees nie

heel regs is die winkel se ingang met hierdie kosyn daarnaas duidelik nog met die hand uitgebeitel

    

12 julie 1962

Julie 12, 2012 in Sonder kategorie

Vandag presies 50 jaar gelede het hulle vir die eerste maal as ‘n groep, wat later groot bekendheid sou verwerf, opgetree.

A free photographic exhibition displaying images of the band is being held at Somerset House between 13 July and 27 August.

(volgens wikipedia)

advertensie blaps

Julie 12, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie foto was geneem vir die on-line katalogus vir ‘n groot groep se kinderklere.

Toe ek die foto aanvanklik sien het ek ook vir ‘n oomblik gewonder waaroor gaan die bohaai dan.


Ongelukkig was die foto alreeds opgelaai en deur duisende gesien voordat iemand die man op die agtergrond raakgesien het.

internasionale nuus

Julie 9, 2012 in Sonder kategorie

Ek kyk so van tyd tot tyd wat gebeur op internasionale vlak en het die volgende artikel nogal redelik amusant gevind.

‘n Swanger vrou van Northumberland wat ‘n tweeling verwag het, het skielik by die huis in kraam gegaan waar haar eerste baba gebore is.

Die ambulans het haar daarna hospitaal toe geneem waar die tweede enetjie toe die eerste lewenslig aanskou het.

Dit op sigself is seker nie so noemenswaardig nie.

Wat die storie egter interessant maak is dat die ouers in Engeland woon waar die seuntjie gebore is.

Die naaste hospitaal waarheen sy geneem is, was oorkant die grens in Skotland wat aan die 2e enetjie, ‘n dogtertjie, Skotse burgerskap verleen.

Die volle artikel hier te lees

miaau

Julie 8, 2012 in Sonder kategorie

Ek weet ek is nou sommer lekker katterig maar…………….

As ek ‘n kind gehad het wat kon deurdruk en Wimbleton se enkel mans finale wedstryd haal, het ek so waar as wraggies en ook sommer  so waar as wat padda manelpak dra nie hierdie ma se voorbeeld gevolg het nie.

Nee wat ek dink sy kon maar ietsie aan haar haarwortels laat doen het.  As sy dan die grys wil laat uitgroei, kon sy dit uitgestel het tot na vandag se verskyning in die openbare oog.

is dit nou nie al te dierbaar nie.

Julie 3, 2012 in Sonder kategorie

ek het nie ‘n benul waar die foto oorspronklik vandaan kom nie

sien iets hier regsonder in die hoekie maar kort ‘n nuwe bril om te te kan lees

skooldae se dinge

Julie 2, 2012 in Sonder kategorie

 

Katrina het my weer hieraan laat dink.

Baie dinge wat in my skooldae gebeur het, het ek alweer vergeet ook.

‘n Paar insidente is egter deeglik en duidelik ingegraveer.

Ons het ‘n ou dame gehad wat vir ons kuns gegee het. (dis nou oud in die verwysingsraamwerk van ‘n skoolkind)

Sy was so doof soos ‘n kwartel en haar bynaam : Dowe Dora.

Meer as een maal was iets onbenulligs oor die interkom stelsel afgekondig wat sy nie geweet het wat daar gesê word nie.

Sy het dan die klas gevra wat die afkondinging was waarop vir haar vertel is dat hulle vra al die onderwysers moet personeelkamer toe gaan. Dan sit sy die strook neer. Ver. Haar klas was op die boonste verdiepin, byna op die verste punt van die admin kantore af.

Na so rukkie kom sy terug met die volgende uitlating:

Julle het alweer vir my gejok!

 

‘n Ander keer het sy in haar voorraadkamertjie ingegaan om iets te gaan haal, toe sluit iemand die deur agter haar toe. Hoewel ons hiervoor wel in die moeilikheid gekom het, dink ek ons straf was om pouse in die klas agter te gebly het!


die skoolgronde met deel van haar klas so deur die boompies (1970’s jare geneem)

oorspronklike padtekens

Julie 2, 2012 in Sonder kategorie

Die ene hier bo spreek vir homself

terwyl die volgende een voor ‘n skool se ingang was

kommentaar?

Julie 1, 2012 in Sonder kategorie