wenners

Julie 30, 2012 in Sonder kategorie

wen of verloor dit kom nie daarop aan

ons is ‘n jollie span net waar ons gaan

Hierdie is net so fragment van een van die liedjies wat ons by sport byeenkomste gesing het.

meer daarvan kan ek nie onthou nie

Die gees van die dag was vir ons net so belangrik as die kompetisie op die veld.

Vandag lyk dit my geld dit nie meer nie.

Die deelnemers weet nie hoe om te verloor nie

die volle berig oor onder andere Michael Phelps, Mark Cavendish & Suzy Favor Hamilton kan hier gelees word 

15 antwoorde op wenners

  1. TS het gesê op Julie 31, 2012

    ek wonder ook baie daaroor… maak ons die waarde van wen nie te hoog nie? Mens het ander nodig om te wen.

  2. Neander het gesê op Julie 31, 2012

    Ja die wen is deel van die oer oorlewingskultuur.
    Die sporte is ook verteenwoordigend van die oer bestaansmiddele: hardloop, swem, spring, spiesgooi, skerm, boks, gimnastiek (vaardighede soos balans, swaai, spring, huppel), ens.

  3. postatdo het gesê op Julie 31, 2012

    I don’t understand it, the mere fact that you got to participate at the games is a major achievement, enjoy it, even if you don’t get a medal. I also don’t understand the people who complain about the opening and the fact that they have to watch SABC. If you didn’t pay for a trip to London and you didn’t pay for a ticket to the opening, you are not prepared to pay for DSTV, why are you complaining? Nobody owes you a living.

  4. endlich het gesê op Julie 31, 2012

    exactly

  5. Tina, my doodgemiddelde lewe is vir my meer as genoeg.

  6. Is ek wat glad nie kompeterend van aard is dan een van die swakkeres van die spesie?

  7. So people are just beyond weird and will complain in principle

  8. Neander het gesê op Julie 31, 2012

    Nee glad nie, elke mens het iets wat ander aantrek, dit hoef nie die fisiese aktiwiteite van die clan leier te wees nie.
    Dit kan enige ander menslike eienskap wees, legio.
    Onthou die voortbestaan van die spesie was gevestig in oorlewing en voortplanting, dis al.
    Kry kos, ‘n maat en plant voort.
    Dis al.

  9. 😉
    Dit was bloot tong in die kies vragie

  10. Carol460 het gesê op Julie 31, 2012

    Die mens is nou maar maal met ‘n kompeterende streep gebore, maar nou ja, ongelukkig moet daar verloorders ook wees, né!

  11. Na die kyk van ‘n klompie olimpiese boks gevegte is ek weer eens oortuig dat daai lot niks van boks weet nie. Hopelik vaar ander sporte se mense beter.

  12. maar om so in sak in as te wees as jy nie die beste is nie?
    Soos iemand hier onder noem, dis ‘n hengse prestasie om daar te kan wees en in elke item is slegs een wenner met etlike deelnemers

  13. Van boks weet ek ook net so min soos ‘n kat van safraan

  14. Carol460 het gesê op Julie 31, 2012

    Partykeer voel dit vir my hulle is drama queens, maar nou ja, ek is nie in hulle skoene nie. Soos jy sê dit is al klaar ‘n hengse eer om deel te neem !

  15. Twaksak het gesê op Julie 31, 2012

    Ag shame? Hehe!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.